Clifton se eerste strand weer oop

clifton-strand-kaapstad

Clifton se strande in Kaapstad. Foto: SkyPixels/Commons.wikimedia.org

Clifton se eerste strand is weer oopgemaak ná ʼn pompstasie wat onklaar geraak het, die sluiting van die strand genoodsaak het.

Die strand is Maandagaand vir die publiek gesluit. Die situasie is veroorsaak deur ʼn rioolpompstasie wat by die strand onklaar geraak het en afvalwater het op die strand opgedam.

Verskeie departemente van die munisipaliteit is ontbied om op die voorval te reageer. Dit sluit in herstelwerk aan die pompstasie, die oprigting van ʼn keerwal om te voorkom dat die afvalwater die see besoedel, om die betrokke gebied af te sper en om ʼn kennisgewingbord op te rig wat die publiek oor die situasie inlig.

Die pompstasie is weer ten volle in werking en die strand is opgeruim. Die besmette sand is in sakke van die strand verwyder.

Die oorsaak van die tegniese probleme met die eerste pomp word toegeskryf aan ʼn opwenmotor wat onklaar geraak het en die tweede pomp het onklaar geraak toe lappe in die pomp beland en die aandrywer verhoed het om vloeistof te verplaas. Dit het tot meganiese en elektriese skade in die pomp gelei.

Die munisipaliteit het die publiek vir hul samewerking bedank.

Maroela Media het vroeër berig die eerste pomp het Sondag onklaar geraak en daartoe gelei dat afvalwater op Clifton se vierde strand opdam. Die strand is ook vir strandgangers gesluit, maar later weer oopgestel. Stad Kaapstad moes onmiddellik die aangetaste gebiede afsper toe die tweede pomp gebreek het en waarskuwingsborde opgerig om die publiek in kennis te stel van die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Samuel ·

Die Stad Kaapstad reageer vinnig wanneer rykes se strande besoedel word. Mooi so.

Jr ·

Alles wat hulle aanvat draai in riool uit. Riool in, Riool uit

JohanR ·

Oops en daar gaan ‘n groot bruine verby! Hy surf behoorlik!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.