Coligny-twee: AfriForum begin appèlproses

Pieter Doorewaard en Phillip Schutte in die hooggeregshof in Mahikeng. (Foto: Mia Spies/eNuus)

Die burgerregte-organisasie AfriForum het met die proses begin om teen die vonnis van Pieter Doorewaard en Phillip Schutte van Coligny te appelleer nadat die twee mans vroeër vanjaar tronkstraf opgelê is vir die moord op ʼn tienerseun van dié dorp.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê die aansoek om verlof tot appèl is reeds ingedien. Die organisasie wag in dié stadium slegs vir ʼn datum wat deur die betrokke regter verskaf moet word.

Regter Ronnie Hendricks het Doorewaard (28) en Schutte (35) in Maart onderskeidelik tot effektief 18 en 23 jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van moord, ontvoering, intimidasie, diefstal en die rig van ʼn vuurwapen.

Die staat het aangevoer die twee het op 20 April 2017 die 16-jarige Matlhomola Mosweu van ʼn bewegende bakkie afgestamp of afgegooi en dat die tienerseun weens dié val gesterf het. Die staat het beweer dit het gebeur nadat die twee mans Mosweu betrap het waar hy sonneblomkoppe uit hul werkgewer, Pieter Karsten, se landerye steel. Die twee mans het tydens die verhoor egter voet by stuk gehou dat Mosweu self van die bakkie afgespring het.

Die mans is in Oktober verlede jaar skuldig bevind aan die moord op Mosweu.

AfriForum het besluit om Doorewaard en Schutte by te staan om teen hul skuldigbevinding te appelleer nadat daar beweer is dat Bonakele Pakisi, die enigste ooggetuie in die saak, glo teenoor twee mense erken het dat hy in die hof gelieg het toe hy gesê het hy het gesien hoe die twee mans vir Mosweu van die bakkie afgooi.

Adv. Barry Roux sal die appèlproses hanteer.

Roux is ʼn ervare en vername advokaat wat veral bekend geword het toe hy Oscar Pistorius verteenwoordig het toe hy aangekla is van die moord op Reeva Steenkamp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

werner ·

Hopelik sal daar stappe teen die leunaar ook geneem word en hy n regmatige straf sal ontvang

Wit Willem ·

Dif is nou nie juis n goeie verwysing vir Adv Roux as hy vir Oscar Pistoruis verteenwoordig het nie

Abe ·

Wit Willem,
As verdedigende advokaat in die Oscar Pistorius saak het Barry Roux homself uitstekend van sy taak gekwyt, trouens, dit sal aangeteken bly as een van die uitstaande voorbeelde van moderne verdedigende regsgeskiedenis.

Abe ·

Wit Willem,
Adv. Roux het homself uiters goed van sy taak gekwyt in die saak teen Oscar Pistorius.

GM ·

Die regter moet ondersoek word, want dit klink nie of dié alle varkies op hok het nie.
Hoe gooi albei nou die dief van ‘n bewegende bakkie af? Wie het bestuur?
Om nie eers van die getuie se getuienis te praat nie – ek as leek het van die begin af al gedink hy lieg.

Nou word twee mans se lewens verwoes omdat daar mense is wat voel dat als aan hul behoort en hul maar net kan vat waarvoor hulle nie wil werk nie.

Mag geregtigheid seëvier.

Nettie ·

Ek hoop regter Ronnie Hendricks kan snags slaap.

Hier is soveel onreg (misjudgement) gepleeg dat die kranse eintlik antwoord gee! Ek vra ook: hoe de duiwel het die twee mans die sonneblomdief van die bakkie in die ry afgegooi? Het die bakkie dit tydens daai proses self bestuur? En hoekom word Pakisi nie voor die hof gedaag vir meineed nie? Hy het mos valse getuienis gelewer en dit self erken.

Nee man, sê wat julle wil, nie alleen is die ANC-regering onstabiel, oneerlik en korrup nie – die regstelsel is ook! Gaan stem julle mense wat nog (valse, beskaamlike) hoop vir die land het – ek sal volgende Woensdag namens julle ‘n vleisie braai en die ekstra vakansiedag geniet, dankie.

Domeritus Danie Malan ·

Ja-nee, ons kan maar net hoop en bid dat geregtigheid uiteindelik die botoon sal voer. Mag adv. Barry Roux baie wysheid, genade en insig ontvang om die twee jong manne wat dalk anders kon opgetree het (bv. deur die dief tussen hulle twee voor in die bakkie te laat sit), maar summier aan moord met voorbedagte rade (sic!) o.g.v. ‘n onbetroubare “getuie” skuldig bevind is, los te kry. Daarna behoort die uiters onbevoegde en bevooroordeelde regter sowel as die sg. enigste getuie ook aangekla te word vir die onreg en oortredings wat hulle begaan het!
Kom ons pleit by die Regter van alle regters om Sy wonderbaarlike ingrype!

Regs! ·

Die staat sal weer soos gewoonlik alles in die stryd werp om twee onskuldige wit mans agter tralies te hou! Lieg, bedrieg, omkoop en dreig! Dis mos hoe ons hulle ken?

Abe ·

Nettie,
Alles wat jy se dui daarop dat jy nie die hofsaak gevolg het nie en nog steeds die kat aan die stert beet het.

Asjas ·

Julle moes dalk nie die Oscar saga opgebring het nie. Al wat ek nou dink is, as Roux so goed is, hoekom is Oscar tronk toe? En, as hy dan skuldig was, hoekom verdedig Roux skuldige mense??

rollie ·

Want die regsverteenwoordiger tree op in opdrag van sy klient. As die klient sê hy is onskuldig moet die regsverteenwoordiger aanvaar dat hy die waarheid praat anders moet hy onttrek as dit duidelik is die klient lieg en hy hom nie kan verdedig nie.

Judge Dredd ·

1. Want bewyse is bewyse – maak nie saak hoe goed jy is.
2. Want self skuldige mense is geregtig op verdediging.

O en BTW, Oscar het aanvanklik net 5 jaar gekry vir moord – dis nogal bleddie goed gedoen uit ‘n verdedigings perspektief.
Was dit nie vir Media/burgerlike samelewing en Gerrie Nel(ook Afriforum) wat ophef gemaak het dan het Pistorius met baie ligte straf weggekom.

Mara ·

‘n Advokaat besluit nie voor die verhoor of jy skuldig is of nie en bepaal dan daarvolgens of hy jou gaan verdedig nie. Dit gaan daaroor dat almal (skuldig en onskuldig) die reg het op ‘n regverdige verhoor. Die uiteindelike doel van die regspersoon is om die regverdigheid van die proses te verseker en te fasiliteer.

Abe ·

Asjas,
Die reg is nie daar net vir onskuldige mense nie. Skuldiges het met soveel reg as enigiemand anders op n regverdige verhoor en daarom moet hulle ook in die hof verdedig word deur goeie advokate.

Boerboel ·

Ek wens julle sterte toe, Ek weet nie hoe kan hulle in die eesrte plek skuldig bevind word as die enigste getuie gelieg het. dis mos meineed en is strafbaar?
Hoop julle is binnekort weer by die huis.

Willie ·

Dagvaar dan die rook uit die staat uit. @Asjas- money makes the wold go round

Abe ·

Willie,
Ons praat van die bevinding van hofprosedure. Die staat kan vir niks gedagaar word nie.

Abe ·

Boerboel,
Dat die getuie gelieg het, is op die oomblik nog net ‘n bewering (conjecture).
Dit bereken vir die reg nog niks.

Albatros ·

Ek hoop almal wat so roep vir die doodstraf sal ingedagte hou, dis waarheen hierdie twee sou oppad wees.

Alida ·

Wat verstaan julle nie dit is 2 sake wat niks in gemeen het nie. Genade!

Waarheid ·

Ek hoop dat Barry hulle sal loskry, want almal weet die ooggetuie lieg…maar die wiel sal draai….Die waarheid sal seevier..

Abe ·

Waarheid,
Of almal weet dat die getuie lieg of nie maak nie saak nie. Dit is (nog) nie in n hof bewys nie. Volgens die hof het die getuie nie gelieg nie en dat hy gelieg het is slegs n bewering (conjecture) wat vir die reg niks beteken nie.

Gwen ·

Hoewel ek dankbaar is dat AfriForum namens die twee beskuldigdes optree, kan ek nie help om simpatie met die advokate wat vir die verdediging opgetree het, te hê nie. Hulle het hulle bes gedoen in moeilike omstandighede. Hulle is nie eens deur die beskuldigdes gevra om AfriForum by te staan nie. AfriForum se regspan kon hulle sekerlik ook om hulp genader het.

Johan ·

Vir die wat nie mooi verstaan nie. Oscar is tronk toe omdat hy gemoor het. Maak nie saak wie hom verdedig het nie. Dankie adv Gerrie Nel. Ek hoop Barry kry die twee seuns los.

Stiks ·

Nog baie onbeantwoorde vrae. Hoop geregtigheid sal nou seevier

Stoffel ·

Wat was die waarde van die sonneblomme? Genoeg om jou lewe voor te verwoes?

Erika Ochse ·

Hoop ook dat daar geregtigheid sal seëvier. Stem ook saam die regter nie objektief was nie. Dit was ‘n politieke speelbal. Die saak sal in die geskiedenis opgeteken staan as ‘n eerste waar uitspraak en vonnis op sulke deursigtge onbetroubare getuienis gegrond was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.