Cope skop Lekota uit

Mosiuoa Lekota, president van Cope. (10 September 2018). Foto: Verskaf

Cope het sy president, Mosiuoa Lekota, uitgeskop omdat hy die party verdeel en nie meer sy pligte nakom nie.

Willie Madisha, adjunkpresident van die party, het Maandagoggend oor die redes vir Lekota se voorlopige skorsing gesê hy hou ook gereelde vergaderings waar “parallelle strukture” in Cope op die been gebring word wat dan met mekaar meeding, pleks daarvan dat die party versterk en verenig word.

“Hy bevorder en steun optrede teen dít waarvoor Cope gestig is; die optrede sluit in korrupsie en die verwydering van verkose leiers en verteenwoordigers soos wyksraadslede,” lui ʼn verklaring van die party.

Volgens die party het Cope se leierskap Lekota herhaaldelik gevra om “gegewe sy gebrek aan energie en krag om die party in hierdie stadium te lei”, eerder opsy te staan.

“Hoewel hy by al die geleenthede daartoe ingestem het, het hy dit nie gedoen nie.”

Madisha sê Lekota se gesondheid laat nie toe dat hy doen wat die party en alle Suid-Afrikaners van hom verwag nie – en dit is om sy rol in die parlement te vervul.

Lekota is sedert 2008 president van die party.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Lekota gaan seker nou ‘n nuwe party stig.

Manie ·

Ek glo nie so nie, die 3 wat hom uitgeskop het, het nie die mandaad gehad om dit te doen nie, aangesien hulle reeds etlike dae vantevore deur Lekota geskors is. Nog hond vreet hond optrede.

Jannie van Niekerk ·

Lekota is Cope, soos wat De Lille Die OD was en Malema die EFF is. Sonder Lekota sal daar nie ‘n Cope wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.