Covid-19: Eerste geval in Khayelitsha aangemeld

Khayelitsha (Foto: Tracey Adams/ANA)

Die eerste geval van die nuwe koronavirus (Covid-19) in Kaapstad se grootste informele nedersetting is Sondag aangemeld.

Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, het in ’n verklaring bevestig ’n geval van Covid-19 is in Khayelitsha in die Wes-Kaap aangemeld. Vyf gevalle is reeds in Mitchells Plain aangemeld terwyl die Tygerberg-omgewing 15 gevalle aangemeld het.

Volgens Winde is daar tans 310 bevestigde gevalle van Covid-19 regoor die provinsie aangemeld. Die syfer het Saterdag op 271 gestaan, het die departement van gesondheid bevestig.

Dit sluit in 256 gevalle is die munisipaliteitsdistrik van die Stad Kaapstad, 17 in die Kaapse Wynlande, 21 op die Tuinroete en sewe in die Overberg-omgewing.

Stellenbosch het agt gevalle van die nuwe koronavirus. George en Mosselbaai het onderskeidelik ses en drie bevestigde gevalle van Covid-19.

Mosselbaai (Foto: Henk Kruger/ANA)

Winde het gesê altesaam 14 pasiënte is tans in ’n hospitaal opgeneem van wie drie in die waakeenheid van ’n hospitaal opgeneem is.

“Die statistieke toon dat hierdie virus versprei en gemeenskappe regoor ons provinsie bereik. Elkeen van hierdie gevalle, van Khayelitsha en Mitchells Plain tot Mosselbaai, is vir my regering kommerwekkend,” het Winde gesê.

Die provinsiale regering het weer eens ’n beroep op Wes-Kaapse inwoners gedoen om die regulasies tydens die algehele landwye afsondering te gehoorsaam om sodoende die verspreiding van die virus te beperk.

Die aantal bevestigde gevalle in Suid-Afrika staan in die stadium op 1 187. Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het in dié stadium nog nie die jongste syfers bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Yvonne ·

Hoe verskriklik om onder sulke omstandighede teen hierdie virus te moet veg!

Andre ·

Nou ja.Nou gaan die virus vinnig hardloop.As hy in ‘n informele nedersetting is kan jy maar jou chips tel en die volgende hand deel.Stats gaan nou spike.

Vriendelike Frikkie ·

Dis nie net woongebiede wat die stats gaan aanblaas nie maar ook die algemene houding dat dit net ‘n witmens siekte is. Daar is soveel videos in omloop wat geneem is oor die naweek wat die mense se algehele apatie teenoor die siekte wys. Winkelsentrums is vol mense. Taxis is vol. Toue wat wag staan teen mekaar. Kinders op die heupe. Drinkery op straat. Die hele kaboedel. Binnekort gaan ons stats ook China verby.

Michael 1 ·

Dit gaan ook nie help om jou nie te steur aan die inperking reels nie en te sê dat dit net n wit siekte is nie,die anc moet sekerlik baie bekommerd wees want hierdie groepe is wat hom aan bewind hou.

OppieProvince ·

Moes een of ander tyd gebeur, en ek vermoed die regering is nie voorbereid op hierdie skaal van verspreiding nie… hulle het kop in die sand geleef en net bly hoop dit gebeur nie,,,

Jan ·

Ag mense kyk tog na die statistiek voor julle mal raak die meeste mense herstel van die virus en baie min mense sterf net die wat reefs onderliggend siek was…

Misky ·

@Jan, behalwe as jou immuunstelsel nie sterk is nie. Hoeveel van ons bevolking dink jy het vigs en TB? Dink so bietjie daaraan en dan praat ons weer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.