Covid-19-maatreëls by die dieretuin ingestel

(Foto: Pretoria Nasionale Dieretuin)

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Instituut vir Biodiversiteit (Sanbi) het in ʼn verklaring bevestig sy nasionale botaniese tuine en dieretuine bly oop vir die publiek tot hulle ʼn ander opdrag van die regering ontvang.

Craig Allenby, woordvoerder van Sanbi, het gesê die organisasie het pres. Cyril Ramaphosa se toespraak van 15 Maart 2020 en ander riglyne deeglik hersien en sy maatreëls aangepas om die veiligheid van personeel, besoekers en die diere in sy sorg te verseker.

Carmel Mbizvo, waarnemende uitvoerende hoof van Sanbi, het gesê die Nasionale Dieretuin is een van 11 nasionale botaniese tuine en dieretuine wat deur Sanbi bestuur word. “Die Nasionale Dieretuin is ʼn unieke omgewing wat sy eie beplanning verg omdat lewende hawe versorg word. Daar is sommige studies wat aandui dat Covid-19 (die nuwe koronavirus) moontlik soönoties van aard kan wees. Dit beteken dat dit tussen spesies oorgedra kan word, waarskynlik tussen primate,” het Mibzvo verduidelik. “Sanbi het ʼn interne werkgroep aangestel wat die situasie by alle tuine sal monitor en aanbevelings sal maak aan die uitvoerende komitee. Die komitee fokus op die welstand van ons besoekers, personeel en diere in ons sorg.”

Sanbi het besluit om sy tuine oop te hou met voldoende veiligheidsmaatreëls. “Dit sluit in handreinigers by ingange en ʼn toevoegings tot die personeel se voorkomingstoerusting. Handreinigers is ook oral in die dieretuin beskikbaar, veral in hoërisikogebiede. Sekere hoërisikogebiede, soos die primate-afdeling, akwarium en reptielpark, is reeds vir die publiek gesluit.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

George ·

So mense kan hul kinders, familie, ens. na die dieretuin toe vat waar busvragte mense kuier???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.