Covid-19: Nóg korrektiewe beamptes toets positief

Argieffoto

Die departement van korrektiewe dienste het gesê nog vyf korrektiewe beamptes het positief getoets vir die nuwe koronavirus wat Covid-19 veroorsaak. Dit bring die getal bevestigde Covid-19-gevalle in die 243 korrektiewe sentrums in die land op 99 te staan.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het Saterdag in ’n verklaring gesê een beampte het nou positief getoets by ’n streekskantoor in Limpopo. Nog twee beamptes in Oos-Londen en twee beamptes in Worcester het intussen ook Covid-19 opgedoen.

Volgens Nxumalo gaan die departement voort om beamptes en almal wat korrektiewe sentrums besoek na te gaan vir die virus.  Die korrektiewe sentrums word ook ontsmet.

Maroela Media het vroeër berig die korrektiewe sentrum in Oos-Londen is die enigste gevangenis in die land waar gevangenes die nuwe koronavirus opgedoen het. Altesaam 56 gevangenes in dié tronk het positief getoets vir Covid-19.

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Burgermeester ·

As korrektiewe beamptes wat in korrektiewe sentrums werk positief toets, hoe groot is die kanse dat van die gevangenes ook positief gaan toets?

Ek dink die enigste gevangenesse wat die virus sou kon vryspring is Pappa, Priester en Skollie. Skollie het altyd daai ‘dom geluk’ gehad, en niemand kom sommer net so by Pappa en Priester nie.

Lorette ·

Dit hang af in watter area die beamptes werk. As jy direk met gevangenis werk, kan besmetting wel voorkom. Baie beamptes werk nie direk met die gevangenis nie, my dogter bv in “control room” waar sy deur die monitors sien wat aangaan en waar oop en toegemaak moet word. Vanaf lockdown mag geen besoekers aan gevangenis toegelaat word nie, maar enige iets is moontlik in hierdie dierbare land van ons. In die nuwer tronke is dit makliker om beheer uit te oefen, maar by die ouer tronke is dit nogal ‘n ander storie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.