Die Oos-Kaapse wetgewer wil alle strande en parke in die provinsie gedurende die feestyd sluit in ’n poging om die verspreiding van Covid-19 hok te slaan.
Mvusi Sicwetsha, woordvoerder van die Oos-Kaapse premier Oscar Mabuyane, het Sondag gesê die wetgewer se leierskap het besluit om sy strande en parke te sluit aangesien aktiwiteite by die plekke ’n groot risiko inhou.
Die besluit is reeds aan die nasionale regering, waaronder die nasionale bevelsraad vir die hantering van kwessies rakende die koronavirus, oorgedra met die voorstel dat dit ’n nasionale besluit word wat vir alle kusprovinsies geld.
Sicwetsha sê die wetgewer hoop om so gou moontlik meer bekend te maak oor wanneer die besluit in werking sal tree sou dit deur die nasionale regering goedgekeur word.
Dr. Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Woensdag tydens ʼn perskonferensie gesê die land beleef tans die tweede golf van Covid-19-gevalle waarna hy Saterdagaand bevestig het dat nog 7 882 mense positief getoets het vir die koronavirus.
Nog 154 pasiënte het intussen weens Covid-19 gesterf, van wie 97 in die Oos-Kaap.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
27 Kommentare
dit gaan ‘n brak smaak in baie se monde los, maar, kyk wat het met ballito rage gebeur
Wag maar die Wes-Kaap kom…..aand klok reel vanaf 20h00nm tot 04h00vm. Geen mense toegelaat op Wes-Kaap strande van af 21/12/2020 tot en met 10/01/2021. Kry maar die vleis en drank reg en steek die vuur by die huis aan, want dit is waar ons Kers Aand en Nuwe Jaars Aand gaan wees. Geen gevaar van dronkbestuur….jy staan daar van die kamp stoel op by die vuur, en gaan val in die bed!
Daar gasn Oos Ksap se Toerisme bedryf
Probleem lê nie by die strande nie , maar by die klubs en kuierplekke.
Hoe sal dít nie besighede in vakansiedorpe nog verder ondermyn en skade berokken nie?! Binnelanders gaan juis na Kusdorpe om by die see en op die strand te wees. Hoe gaan díe wat teen die see kamp vir hulle kinders verduidelik hulle mag nie hulle voete op die sand sit en in die branders speel nie?! Wat is dan die nut vir hulle om enigsins so vakansie dan mee te maak?! En vlg. jaar dan wil daar weer gehuil word oor die sterwende ekonomie en stygende werkloosheid?! Dis opperste gekheid in die naam van sogenaamde “veiligheid”