Covid-19: Reeds meer as 800 gevalle in SA tronke

Argieffoto Foto: veooz.com

Nog korrektiewe beamptes en gevangenes het positief getoets vir die nuwe koronavirus wat Covid-19 veroorsaak. Dit bring die getal bevestigde gevalle van Covid-19 oor die 243 korrektiewe sentrums in die land op 852, van wie 318 korrektiewe beamptes en 534 gevangenes, te staan.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het in ’n verklaring gesê nog 46 gevangenes en een korrektiewe beampte in korrektiewe sentrums in die Oos-Kaap het die nuwe koronavirus opgedoen.

In die Wes-Kaap het nog 14 korrektiewe beamptes positief getoets vir die virus terwyl nog drie korrektiewe beamptes in Gauteng die virus opgedoen het.

Volgens Nxumalo staan die departement se herstelsyfer egter nou op 214.

Só lyk die getal gevalle, sterftes en herstel in korrektiewe sentrums per provinsie:

 Wes-Kaap Oos-KaapLimpopoGautengNoord-Kaap Vrystaat KwaZulu-Natal Hoofkantoor
Getal gevalle2655532262121
Gevangenes574650120000
Beamptes208882142121
Sterftes33000000
Herstel 129721101001
Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Frikkels ·

Die oplossing is voor die hand liggend. Laat alle genangenis vry en ontbind korrekriewe dienste, dan het hulle ons land nou mooi presies waar hulle dit wil hê.
Myns insiens het ñ gevangene geen regte nie. Hy is ñ gevangene omdat sy onaanvaarbare gedrag nie ñ aanwins is vir sy gemeenskap nie. As daar allerhande peste uitbreek, verander dit nie ñ gevangene se toekomstige gedrag of sy houding teenoor sy gemeenskap nie. Dus, kom wat wil, hy is gestraf en sy straf moet uitgedien word, maak nie saak watter siektes in tronke versprei word nie. As hy siek word in die tronk en hy verloor sy lewe, dan is dit maar net ñ sameloop van omstandighede. Waarheen gaan mense wat buite die tronk siek word? Wat gaan die regering vir hulle doen om hulle te red? Net mooi niks!

Walter ·

They are more worried about criminals, as that is what they are. The people who are starving and without jobs, those who want to contribute to the economy and not be a burden to our country, are treated like criminals in a supposedly pandemic lockdown.

Lorette ·

Ai mense, nee, hy sal hulle nie kan vrylaat nie,want dan steek hulle ander daar buite aan en dan sterf daar meer van sy eie mense en is daar minder om vir hom te stem. Ek het 3 kinders wat vir Korrektiewe Dienste werk en een was in aanraking met ‘n positiewe lid. Die betrokke lid werk nie in tronk nie. maar in ons hoofkantoor saam met my dogter. Die lid het by ‘n ander lid wat ook daar werk, aangesteek omdat almal nie saniteer soos hulle moet nie ,Ek dank my Hemelse Vader dat my swanger dogter NIE positief getoets het nie, maar haar arme vriendin se hele lewe is tydelik omver gegooi. Die regering was veronderstel om seker te maak dat alles steriliseer is!

Wilma ·

Hou hulle daar, as 800 uit kom hoeveel gaan die 800 aansteek. Logika. Die klomp gaan hulle glad nie laat voorskryf dat hulle by of in die huis moet wees nie

Jack ·

Hou hulle daar want hulle is reeds onder kwarantyn. Binne kan jy beheer op straat vergeet dit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.