Covid-19: Só lyk gevalle in Gauteng, Wes-Kaap

Twee vrouens dra maskers in Delft in Kaapstad. (Foto: ANA)

Gauteng en die Wes-Kaap is steeds die provinsies in die land met die meeste bevestigde gevalle van Covid-19. Altesaam 1 101 bevestigde gevalle is tans in Gauteng aangemeld. Die meeste hiervan in Johannesburg (660).

Kwara Kekana, woordvoerder van die departement van gesondheid in Gauteng, het Sondagoggend in ’n verklaring gesê 545 mense in dié provinsie het reeds van die virus herstel – in die afgelope 24 uur vyf mense.

Die provinsie se dodetal staan steeds op ses.

Luidens die Wes-Kaapse regering se statistieke is 812 bevestigde gevalle tot op hede in dié provinsie aangemeld. Die getal het in die afgelope 24 uur met 63 toegeneem.

‘n Gesondheidswerker besoek ‘n huis in die Paarl (Foto: Henk Kruger/ANA)

Nog twee sterftes is intussen in die Wes-Kaap aangemeld. Die provinsie se dodetal staan tans op 15.

Altesaam 210 pasiënte in die Wes-Kaap het reeds van die virus herstel.

Luidens die provinsiale regering se statistieke is 38 pasiënte tans in hospitale in die Wes-Kaap opgeneem en 15 word in waakeenhede behandel.

Altesaam 44 bevestigde gevalle is nou in Khayelitsha aangemeld. Die getal het Saterdag op 31 gestaan. Mitchells Plain het tans 40 bevestigde gevalle vergeleke met 22 die vorige dag. Die gevalle het dus byna verdubbel in die afgelope 24 uur.

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Kliek hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

antieke antie ·

dis nog verbasend min….mense glo dis net griep en hulle is bestand teen dit…. en ook dat die virus selektief is en kies wie dit aanval en wie gaan siek word…

Lorna ·

Sekere simptome is selfde as griep
Nou ons almal weet ons kan elke jaar griep kry
Sê nou vir my jy kry korona net 1maal of net siek of dood
So is dit nie soort van pampoentjies waterpokkies ens
So jy kan korona nie weer kry nie net 1keer
Help my reg as ek verkeerd is

ZeldA ·

Jy kan verseker dit weer kry maar jou liggaam bou teenligaampies op wat dit beveg so jy sal tienteen een immuun daarteen wees vir n kort tydperk

Cecil ·

Ek is ook nie seker nie, maar as jy sou dood gaan sal jy nie weer kry nie ????????????

Sarel ·

Pluk die vrugte van burgerlike ongehoorsaamheid. Sorg net dat jullle in MP bly

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.