Covid-19-statistieke: Aktiewe gevalle daal steeds   

(Argieffoto: Unsplash)

Altesame 2 824 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is altesame 3 628 014 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 8,2%.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (35%) en KwaZulu-Natal (16%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (15%). Die algehele aktiewe gevalle is 42 745.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 96 289 nadat nog 268 sterftes aangemeld is, waarvan 20 in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het. Die departement van gesondheid het gesê weens ʼn voortgesette oudit wat aan die gang is, kan daar ʼn agterstand wees in die aantal sterftes wat aangemeld is.

Tot dusver het 3 488 980 mense reeds van die virus herstel, ʼn herstelkoers van 96,2%.

Suid-Afrika het tot dusver 22 515 686 toetse vir Covid-19 gedoen, 34 620 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 101 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 4 502 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 30,3 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleAktiewe gevalle
Oos-Kaap103886
Vrystaat1853 314
Gauteng9978 214
KwaZulu-Natal46214 312
Limpopo2161 654
Mpumalanga1962 091
Noordwes1993 221
Noord-Kaap416 344
Wes-Kaap4252 729
Totaal2 82442 745

Sterftes en gevalle wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap16 371324 525
Vrystaat7 476187 409
Gauteng20 4961 147 062
KwaZulu-Natal15 882615 470
Limpopo4 337146 645
Mpumalanga3 105182 072
Noordwes4 475180 031
Noord-Kaap2 57098 533
Wes-Kaap21 577607 233
Totaal96 2893 488 980

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

VaalDonkie ·

Ek voel dieselle. Die bedrog is so ooglopend hulle steek dit nie eens meer weg nie.

Delilah ·

hul kan gerus nou die verpligte masker dra verwyder – help in elk geval nie

Nommer 7 ·

@Thom. Korrek. Die Sjinese en Japanese dra al dekades lank maskers om te verhoed dat hulle die ou gewone verkoue virus aan ander oordra. So onbaatsugtige gedrag van hulle. Ons kan net by hulle leer.

Anel ·

Dit is lankal nie eers meer nodig om die goed te noem nie. Lankal nie meer ‘n pandemie nie. En nou begin mediese fondse mense afpers deur te dreig dat as jy jou nie laat spuit nie gaan jou premie verhoog. Sover ek weet as dit nie deel van die oorspronklike ooreenkons was nie kan dit nie nou ewe skielik op jou afgedwing word nie! Waar gaan dit eindig? En die maskers help in elke val niks. Maak mens ook net siek. Nou sê hulle ‘n persentasie is positief. Uit hoeveel wat getoets was of is dit nou van die hele bevolking? Ek glo nie die lot het wiskunde deur gekom nie. Hoop ou Rama gee die kopdoek opdrag om ‘n einde aan die gemors te maak, vir eens en vir altyd!!!!

Thom ·

Mens noem die optrede van die fondse, risikobestuur ___ die kans vir die oningeënte persoon om in die hospitaal te beland is ongeveer 12x hoër as dié van die ten volle geënte persoon en fondse moet vir die domheid betaal.

MakersMark ·

Jy kan hoër premiers verhoed deur ingeent te word en dan nie meer soos ‘n slagoffer te voel nie.

Nommer 7 ·

Die “lot” waarna jy verwys sluit in PWC se aktuarisse wat te doen het met covid statistiek. Dink jy regtig hulle het nie wiskunde deurgekom nie? (My suster se seun is een van hulle).

MakersMark ·

Nee ek glo die groot MEERDERHEID van dokters wat inentings voorstaan. So doen die ander 4 bn mense op die aardbol wat reeds ingeent is.

Andre ·

Die handelaars sal altyd ‘n nuwe rede gee, of meer fondse kry.

Andre ·

Dit sal seker moeilik wees as die “Conspiricy Theorists” se “conspiracies” waar word.

Nommer 7 ·

Andersyds is dit moeilik vir “Conspiricy Theorists” om in die waarheid te glo.

MakersMark ·

Hulle glo die waarheid volgens hulle…hul eie gefabriseerde fabels.

MakersMark ·

Ja ons het gesê inentings gaan vereis word en daar word dit waar. AV’r sameswerings teorieë besig om te verflou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.