Covid-19-statistieke: Alle provinsies toon afname  

Argieffoto bloot ter illustrasie van die koronavirus. (Foto: Verskaf)

Suid-Afrika het nou meer as 2 836 700 bevestigde Covid-19-gevalle met 7 338 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het bevestig dat 2 836 773 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is. Volgens Nios is die jongste positiwiteitskoers 13,3%.

Die meeste nuwe gevalle is in KwaZulu-Natal (26%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (22%) en die Oos-Kaap (17%). Die totale aktiewe gevalle is 134 235.

“Alhoewel die totale aantal nuwe gevalle hoër is as die vorige dag en hoër is as die gemiddelde aantal nuwe gevalle per dag die afgelope sewe dae, het die aantal nuwe gevalle en positiwiteitskoers op nasionale vlak afgeneem in vergelyking met verlede week,” het prof. Adrian Puren, waarnemende uitvoerende direkteur van Nios, gesê. Al nege provinsies toon tans ‘n afname in daaglikse nuwe gevalle

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 84 152 nadat nog 253 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 2 618 386 mense reeds van die virus herstel, ‘n herstelkoers van 92,3%.

Suid-Afrika het tot dusver 16 878 061 toetse vir Covid-19 gedoen, 55 355 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 360 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 11 208 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 14,1 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleTotale gevalle
Oos-Kaap1 251279 522
Vrystaat791154 227
Gauteng599909 987
KwaZulu-Natal1 923496 405
Limpopo121120 887
Mpumalanga310147 579
Noordwes356146 060
Noord-Kaap39685 121
Wes-Kaap1 591496 985
Totaal7 3382 836 773

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap14 197253 868
Vrystaat6 460131 955
Gauteng18 931886 059
KwaZulu-Natal13 870413 480
Limpopo3 891114 939
Mpumalanga1 917142 791
Noordwes3 932135 007
Noord-Kaap2 03676 443
Wes-Kaap18 918463 844
Totaal84 1522 618 386

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

VaalDonkie ·

Ek hou van by die huis sit en werk en als maar ek voel rerig jammer vir ouens wat afhanklik is van voet-verkeer om geld te maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.