Covid-19-statistieke: Byna 50 000 sterftes

Argieffoto bloot ter illustrasie (Foto: Ronny Hartmann / AFP)

Altesaam 1 512 225 in Suid-Afrika het nou reeds Covid-19 opgedoen nadat nog 1 447 pasiënte in die laaste siklus van 24 uur positief getoets het.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Saterdagaand in sy gebruiklike verklaring gesê nog 157 pasiënte het intussen weens Covid-19 gesterf. Dié sterftes is onderskeidelik in die Oos-Kaap (6), Vrystaat (26), Gauteng (33), KwaZulu-Natal (46), Limpopo (23), Mpumalanga (3), Noord-Kaap (2) en die Wes-Kaap (18) aangemeld.

Dít bring die land se dodetal op 49 941 te staan.

Volgens Mkhize het 1 429 047 pasiënte in Suid-Afrika egter reeds van die koronavirus herstel, met ʼn herstelkoers van 94%.

Suid-Afrika het tans 33 237 aktiewe gevalle waarvan die meeste (9 624) in KwaZulu-Natal aangemeld is.

Altesaam 67 303 gesondheidswerkers is teen Saterdag vroegaand reeds ingeënt teen Covid-19.

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 286182 181413
Vrystaat3 24670 3086 442
Gauteng9 653390 9873 695
KwaZulu-Natal9 608309 6389 624
Limpopo1 88958 9441 077
Mpumalanga1 26268 4731 231
Noordwes1 16757 4502 235
Noord-Kaap68030 8782 388
Wes-Kaap11 150260 1886 132
Totaal49 9411 429 04733 237

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jaco ·

Gelukkig lyk dinge nou beter in die Wes-Kaap. Die DA daar het seker hulle baie duur les geleer: al hulle ywerige toets toets toets vir corona het toe nie ‘n “mooi so” bedanking vanaf die ANC regering gekry nie. Die Wes-Kaap is eerder “gestraf” met onnodige drakoniese maatreëls wat maar net 20% teen die virus is. Die ander 80% is uit en uit teen wit mense en wit besighede gemik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.