Covid-19-statistieke: Getal gevalle, sterftes en toetse gedoen

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid. (Foto: GCIS)

Altesaam 27 403 Covid-19-gevalle is reeds in Suid-Afrika aangemeld met 577 Covid-19-verwante sterftes.

Volgens dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het die Wes-Kaap steeds die meeste Covid-19-gevalle aangemeld, naamlik 17 700 gevalle gevolg deur Gauteng met 3 329 gevalle. Die Oos-Kaap het 3 306 gevalle en KwaZulu-Natal 2 349 gevalle. Die Vrystaat het 225 gevalle, Limpopo 144 gevalle, Mpumalanga 111 gevalle, Noordwes 134 gevalle en die Noord-Kaap 51 gevalle.

Intussen is nog 25 Covid-19-verwante sterftes in die afgelope 24 uur-toetssiklus aangemeld. Een van die oorledenes is ʼn werknemer by die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens (NHLS). Volgens Mkhize het die werknemer reeds ʼn paar weke terug Covid-19 opgedoen waarna sy in ʼn hospitaal opgeneem is.

“Ons wil graag ons medelye betuig met die geliefdes van al die oorledenes en ook die gesondheidsorgwerkers bedank wat die pasiënte behandel het.”

Volgens Mkhize het 14 370 mense reeds van die virus herstel. Daar is in die afgelope 24 uur-toetssiklus altesaam 20 727 toetse gedoen wat beteken ʼn totaal van 655 723 toetse is reeds gedoen. Mkhize het ook bekend gemaak dat ʼn totaal van 29 948 toetse nog nie toegewys is nie.

“Dit is weens ʼn gebrek aan voldoende data wat aangeteken is, en dit vereis dat die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) elke toets moet verifieer voordat dit aan ʼn provinsie toegewys word.”

Verspreiding van Covid-19-gevalle volgende ouderdomsgroep:

Ouderdomsgroep: Totaal:
0-4 jaar398 (1,5%)
5-9 jaar357 (1,3%)
10-14 jaar482 (1,8%)
15-19 jaar665 (2,4%)
20-24 jaar1 886 (6,9%)
25-29 jaar3 433 (12,5%)
30-34 jaar3 911 (14,3%)
35-39 jaar3 809 (13,9%)
40-44 jaar3 122 (11,4%)
45-49 jaar2 632 (9,6%)
50-54 jaar2 094 (7,6%)
55-59 jaar1 659 (6,1%)
60-64 jaar1 003 (3,7%)
65-69 jaar660 (2,4%)
70-74 jaar443 (1,6%)
75-79 jaar311 (1,1%)
80 jaar en ouer415 (1,5%)
Onbekend123 (0,4%)
Totaal:27 403

Sterftes- en herstelsyfers volgens provinsie:

Provinsie: Aantal sterftes:Aantal mense wat herstel het:
Oos-Kaap771700
Vrystaat8123
Gauteng311 993
KwaZulu-Natal501 180
Limpopo375
Mpumalanga067
Noordwes145
Noord-Kaap130
Wes-Kaap4069 157
Totaal: 57714 370

 

Sterftes volgens geslag:

Mans: Vroue: Totaal:
308 (53,4%)269 (46,6%)577

Sterftes volgens ouderdomsgroep:

Ouderdom: Sterftes:Persentasie:
0-9 jaar20,3%
10-19 jaar10,2%
20-29 jaar40,7%
30-39 jaar335,7%
40-49 jaar6110,6%
50-59 jaar14425%
60-69 jaar15326,5%
70-79 jaar11319,6%
80-89 jaar559,5%
90-99 jaar111,9%
Totaal: 577100%

 

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Erica ·

Glo nie n woord wat die knaap se nie. Is hy seker sy skyfie tussen die ore is die regte een.

Anoniem ·

Maklike manier om die hele land binne 4 dae te toets, rig ‘n toetssentrum by elke bottelstoor in SA op vanaf eerskomende Maandag tot Donderdag.

JohanR ·

Moenie lieg nie my maat. Jy gaan jou agterwereld sien waaneer hier in Junie, Julie en Augustus die paw paw rerig die waaier slaan. Die Wes-Kaap is die ENIGSTE provinsie wat reg is vir die paw paw! Kan jy jou verbeel….. President Nkosazana-Zuma kon net net nie President maak nie, Cyril Ramaphosa het President gemaak alhoevel hy nou Eeerste Minister is, en die ou will graag President word. Ou Bheki Cele en Ace Magashule moet nou net hulle hoede ingooi vir President, dan is die sirkus kompleet!

BoerSonderRoer ·

Ek sal bitter graag al die ander sterftes ook wil sien.

Hulle tel seker nie.

Esta ·

Die mense wat herstel het, het hulle regtig die virus gehad ?

Jan ·

So as ons die ongetoetste gevale by die positief tel. Dan vat ons die ander lande veby. Wat ek snaaks vind is dat al die ander lande wat wit of chinese presidente het wen kovert. Maar.ons wat anc lid in die staat het kan dit nie wen nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.