Covid-19-statistieke: Meer as 200 000 toets positief

 

Grafika: Elsabe Erasmus

Suid-Afrika se Covid-19-gevalle het Maandag die 200 000‑kerf verbygesteek, met 205 721 Suid-Afrikaners wat sedert Maart vanjaar positief getoets het vir die koronavirus. Dit verteenwoordig ʼn styging van 8 971 gevalle sedert Sondag. ʼn Totaal van 33 950 toetse is in 24 uur uitgevoer, wat beteken dat meer as ʼn kwart (26%) van mense wat getoets is, positief getoets het vir Covid-19.

Hoewel die Wes-Kaap steeds die meeste gevalle (70 938) het, het 71% van dié pasiënte reeds herstel, wat beteken dat net meer as 20 000 mense in dié provinsie tans Covid-19 onder lede het. Hierteenoor het Gauteng 66 891 gevalle in totaal, waarvan net 19 977 (29%) reeds herstel het. In totaal het 97 848 (47%) mense tot dusver van Covid-19 herstel, wat ʼn verdere afname is van die sowat 50% verlede week. Gauteng het ook die meeste sterftes aangeteken (50), gevolg deur die Wes-Kaap (35), Limpopo (17) en die Oos-Kaap (9).

Dit bring die dodetal landswyd op 3 310 te staan. Die LUR vir samewerkende regeringing, menslike nedersetting en tradisionele sake in Noordwes is een van dié wat Maandag aan Covid-19 gesterf het. “Hy het longontsteking gehad en is aanvanklik in ʼn private hospitaal in Vryburg opgeneem, waarna hy na ʼn hospitaal in Klerksdorp oorgeplaas is. Hier het hy ʼn hartaanval gehad en gevolglik gesterf,” lui ʼn verklaring deur die departement van gesondheid.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lorna ·

Hy het longontsteking gehad toe n hartaanval en toe is hy aan korona dood
Laat mens wonder nê

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.