Covid-19-statistieke: Meer as 4 600 nuwe gevalle  

(Argieffoto: Ronny Hartmann/AFP)

Suid-Afrika het nou meer as 1 645 500 bevestigde Covid-19-gevalle met 4 623 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Woensdagaand bevestig dat 1 645 555 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 56 077 nadat nog 102 sterftes aangemeld is: vier in die Oos-Kaap, ses in die Vrystaat, 24 in Gauteng, vier in KwaZulu-Natal, vyf in Limpopo, vier in Mpumalanga, 45 in Noordwes en nege in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 1 546 583 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 94%.

Suid-Afrika het tot dusver 11 452 185 toetse vir Covid-19 gedoen, 45 877 sedert die vorige verslag.

Altesaam 479 768 gesondheidsorgwerkers is tydens die eerste fase van die inentingsprogram ingeënt. Fase 2 van die inentingsprogram het verlede week begin en 282 135 mense is reeds ingeënt.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap197 33312%
Vrystaat98 9346%
Gauteng448 36627,2%
KwaZulu-Natal339 24120,6%
Limpopo65 0084%
Mpumalanga81 5865%
Noordwes74 2434,5%
Noord-Kaap48 6163%
Wes-Kaap292 22817,8%
Totaal1 645 555100%

Sterftes en gevalle wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 656185 011666
Vrystaat4 26387 4917 180
Gauteng11 099424 43312 843
KwaZulu-Natal10 497324 5514 193
Limpopo2 41561 977616
Mpumalanga1 43878 6131 535
Noordwes1 88967 0395 315
Noord-Kaap1 04640 1977 373
Wes-Kaap11 774277 2713 183
Totaal56 0771 546 58342 895

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Francois ·

Ek verstaan van ‘n kennis wat in Vryburg woonagtig is dat dit op dié stadium rof in hulle dorp gaan wat COVID betref en dat die hospitaal reeds begin om pasiënte na ander hospitale te verwys.

Thom ·

Francois , dit is rof dwarsdeur die hele Noord-Kaap ___ die bruin mense drink en ” party ” waar daar geen sprake is van maskers en / of handhawing van gewenste sosiale afstande nie __ Covid versprei soos ‘n veldbrand hier .

MakersMark ·

Die Noord Kaap en OVS is huidiglik in die 3 de golf. Duidelike verband tussen sosiale gedrag en hoë infeksietempo.

Ilze ·

Gaan luister na Gesondheid op RSG. Gister se potgooi verduidelik dr Streicher van PANDA hoe die derde golf interpreteer moet word. Daar is provinsies wat nie eers ‘n derde golf gaan bereik nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.