Covid-19-statistieke: Naby 14 000 nuwe gevalle

Argieffoto bloot ter illustrasie van die koronavirus. (Foto: Verskaf)

Suid-Afrika het nou meer as 2 497 600 bevestigde Covid-19-gevalle met 13 777 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het Donderdagaand bevestig dat 2 497 655 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is. Volgens Nios is die jongste positiwiteitskoers 22,3%.

Die meeste nuwe gevalle is in die Wes-Kaap (30%) aangemeld, gevolg deur Gauteng (20%) en KwaZulu-Natal (19%). Die totale aktiewe gevalle is 155 697.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 73 873 nadat nog 458 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 2 268 085 mense reeds van die virus herstel, ’n herstelkoers van 90,8%.

Suid-Afrika het tot dusver 15 093 333 toetse vir Covid-19 gedoen, 61 876 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 610 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 15 300 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 8,3 miljoen inentings is tot dusver gedoen, waarvan 181 096 in die afgelope 24 uur.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleTotale gevalle
Oos-Kaap945232 064
Vrystaat604131 352
Gauteng2 740872 370
KwaZulu-Natal2 667405 077
Limpopo451113 385
Mpumalanga957128 754
Noordwes742130 880
Noord-Kaap57469 152
Wes-Kaap4 097414 621
Totaal13 7772 497 655

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap12 913211 031
Vrystaat5 828113 193
Gauteng17 428828 604
KwaZulu-Natal11 874363 049
Limpopo3 508104 843
Mpumalanga1 733119 224
Noordwes3 068103 806
Noord-Kaap1 78161 569
Wes-Kaap15 740362 766
Totaal73 8732 268 085

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Pieter ·

Klomp twak. EFF maak soos hulle wil, steur hul nie aan Covid maatreëls nie. Kom weg daarmee en word nie siek nie.

JM ·

As almal gehoor gee aan die gesondheidsprotokol, behoort daar baie minder positiewe gevalle te wees. Ek sien daagliks hoe die reëls geïgnoreer word.

Hendrik Marthinus ·

Getalle Kom Dan glad nie af nie, Inteendeel dit styg en sterftes konstant by 450 per dag.
Sien ek weer oor n week n familie saam trek om 20:00 op n Sondag

Kwikkie12 ·

Gauteng en van die ander provinsies kom af wat reeds die piek van die 3de golf bereik het. Wes Kaap, KwaZulu Natal en ander provinsies gaan nou op want hulle is meer of min in die middel van die golf op die stadium.

Belinda ·

Wel wat verwag hulle? Hulle het die reels verslap en dis hoekom die getalle weer klim. CR en sy kalante dink nie verder nie. Sodra hulle sien die getalle verminder dan verslap hy die lockdown reels… plaas hy dit so hou sodat die nommers kan daal maar nee, die kelder word seker leeg dan verslap hy dit om gou weer op te vul. Maar nou ja, dis SA vir jou!

piet ·

Verslap hy nie die reels as die getalle afkom nie, moan mense. Maak nie saak wat hulle doen nie, mense sal moan. Gaan oral ter wereld so, dis nie uniek nie.

MakersMark ·

Sien CNN in die VSA het werknemers ontslaan wat sonder inentings sertifikate by die werk opgedaag het. Ons het mos gesê die samelewing sal moeilik word vir die “no-vaxers”. Al wat sal help. Hoop dit gebeur gou hier ook.

Kokerboom ·

Ek moet die owerhede gelukwens: ongelooflike hoë vlak van daaglikse rapportering? Wakker akkers! Net jammer inenting kom nie naby!!

Danie ·

Ek wens mense wil die erns van die siekte insien en ophou om dit met griep te vergelyk. Hou op om te dink dat jou natuurlike immuniteit jou gaan beskerm want dit doen vir 100de mense per dag nie. Gaan vir jou inenting en hou op glo en versprei dat dit nie werk nie, die merk van die dier is en of jou gaan dood maak. Gaan praat met dokters, nie een nie maar gaan kry die opinie van n paar. Hou op om die Facebook stories, jou buurman en jou vriend se WhatsApp te glo wat net wil paniek saai. Die liewe Vader het ons almal geseen met n gesonde verstand om ingeligte besluite te neem, moet dit nie mors op die sienings van skape nie.

Oom Kaspaas ·

STEM ! Die mense val soos vlieë, maar nogsteeds skop hulle vas. 13 Mense in 5 dae, meer as 2 mense per dag en dis net in ‘n klein gemeenskap in die Noord Kaap. Hoe lyk dit nie oor die hele land nie. Ons mense is besig om selfmoord te pleeg met hulle ore uitleen tendens en dan wil hulle hulle voordoen as geletterd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.