Covid-19-statistieke: Net-net minder as 50 000 aktiewe gevalle

Gesondheidswerkers berei entstofdosisse voor vir inwoners van ‘n aftreeoord naby Klerksdorp in Noordwes. (Foto:
Michele Spatari/AFP)

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, sê in sy jongste bywerking van die koronavirussyfers altesame 970 448 mense was teen middernag reeds teen Covid-19 ingeënt. Byna 480 000 mense is ingevolge die Sisonke-program ingeënt, terwyl diegene wat die eerste dosis Pfizer-entstof ontvang het, nou op 490 680 staan.

Meer as 3,1 miljoen mense het reeds op die regering se elektroniese platform geregistreer om die entstof te onvang. Net minder as ʼn miljoen van hulle is gesondheidswerkers, terwyl meer as 2,1 miljoen mense ouer as 60 ook geregistreer het.

Aktiewe gevalle staan tans op 49 774 nadat nog 2 792 nuwe gevalle van die virus bevestig is. Dit bring die algehele infeksiesyfer op 1 665 617 te staan.

Die gesamentlike totaal van toetse wat tot dusver gedoen is staan op meer as 11,6 miljoen en 24 669 toetse is sedert die vorige verslag gedoen. Die meeste van dié toetse – altesame 59% – is in die private sektor gedoen.

Nog 67 Covid-19-verwante sterftes is ook bevestig. Hiervan was vier in die Oos-Kaap, 13 in die Vrystaat, 17 in Gauteng, een in KwaZulu-Natal, 15 in Limpopo, vier in Mpumalanga, 11 in die Noord-Kaap en twee in die Wes-Kaap. Geen sterftes is in Noordwes aangemeld nie.

Covid-19-verwante sterftes landwyd staan nou op 56 506.

Die herstelkoers bly steeds op 93,6% en meer as 1,5 miljoen mense het reeds van die virus herstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Anel ·

Om te registreer en om geënt te word is twee verskillende goed. Miljoene kan registreer maar 1 miljoen kan geënt word. Hoe is dit dan goed? Wys net hoe maak julle somme! En hou maar verby. Teen die tyd dat ‘n kwart van die wat geregistreer het uiteidelik geënt is, het daar alweer ‘n ander siekte uit gebreek!

KB ·

SA doen selfs beter as wat ek voorspel het…ongeveer 1000 minder as gister (vandag 2792 vs 3755 gister)…ek het 3200 verwag.
Hoekom glo ek nie die regering nie? (Ek dink die syfers spreek vanself).

Francois Le Cochon ·

SA Covid statestiek word versamel deur regering en privaat instansies. Dit word dan ge-audit deur Price Waterhouse Coopers, wat dit dan aanstuur na John Hopkins Universiteit Maryland VSA, waar dit dan weer ge-audit word, alvorens ons regering dit bekend maak. Om dus as ‘n leek die syfers te betwyfel, is baie arrogant. Onthou, statistiek is ‘n wetenskap, dit is nie optel en aftrek nie.

Oom Kaspaas ·

100% Francois, maar dieselfde mense het dieselfde goed gedoen na die “2de golf” selfde plekke gaan inkopies doen, braai, selfde mense besoek, so waar kom die verskil van 800 nuwe gevalle ‘n dag en 4000 gevalle per dag nou ewe skielik weer vandaan ?

Anoniem ·

As jy egter nie mense se optel en aftrek vermoë kan vertrou nie, kan jy ook nie hulle statistiese vermoë vertrou nie.

Josua ·

Ek wil bitter graag die volgende onder diie lesers se aadag bring. Tussen Februarie en einde April het die sogenaamde covid syfer drasties afgeneem, geduurende April word daar aangekondig dat Covid se derde golf so om en by die 15de Mei ons weer gaan tref. Ek wil die logieka agter dit verstaan!!!! Covid begin in iewers in China en mense word gewaarsku dat dit doodelik aansteklik is en n paar mense sterf in China en toe skielik n hengse klomp mense in Italie nog voor die hele wereld geinfekteer was. China kry skielik n teen middle en masker dra en sosiale afstand kry die krediet hoe fantasties wow. Nou hier is my vraag, ons syfers het skielik verminder maw ons het Covid toegesluit twee weke in Junie ontsnap hy en skielik is die syfer “sky high” maar as Covid dan so vreeslik aansteeklik was het hy op fakansie gegegaan tussen FEB en Mei iets maak nie sin hier nie of Covid het geweldig slim geraak in so n kort tydjie.

Baardman ·

29 Mei-4575 gevalle…. 30 Mei 4515…. 31 Mei 3755…..1 Junie 2792. Tyd hardloop uit vir die kaders om op die “golwe” te ry.

jzjz05 ·

Ja waar is die lofsange wat daar aan die begin gesing is van groot prestasies van die Regering met entstowwe,of was dit net miswolkie wat verdwyn het toe die son opkom.

Oom Kaspaas ·

Ons kyk maar weer na die week se voorspelde sneeu en erge koue deur Sentraal SA, die koue het hom mos aangedra in die verlede

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.