Covid-19-statistieke: Nuwe gevalle neem steeds toe

Meer as 13 000 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangeteken. (Foto: pixabay)

Meer as 13 000 nuwe gevalle van Covid-19 is Saterdag in Suid-Afrika aangeteken. Soveel as 23% van die mense wat hulle vir die virus laat toets het, het positief getoets.

Syfers wat deur die departement van gesondheid bekendgemaak is, wys dat 13 575 mense in ʼn tydperk van 24 uur positief getoets het vir die koronavirus. Die meeste hiervan was in Gauteng (8 403). Dit is ook die meeste nuwe gevalle wat dié provinsie in een dag aangeteken het sedert die derde vlaag van infeksie posgevat het. Die Wes-Kaap het 1 541 nuwe gevalle aangeteken, Noordwes 850 en KwaZulu-Natal het 589 nuwe gevalle aangeteken. Suid-Afrika het tans 110 725 aktiewe Covid-19-gevalle landwyd.

ʼn Verdere 149 sterftes is ook aangeteken. Dit bring die totale dodetal tot dusver op 58 590 te staan. Soveel as 1 640 849 mense het wel tot dusver herstel.

Só lyk die getalle per provinsie:

ProvinsieNuwe gevalleTotale gevalle
Oos-Kaap443202 112
Vrystaat520109 934
Gauteng8403545 262
KwaZulu-Natal589346 239
Limpopo46869 129
Mpumalanga51587 976
Noordwes85085 932
Noord-Kaap24656 370
Wes-Kaap1540307 210
Totaal13 5751 810 164

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jaco ·

13000 nuwe gevalle in 1 dag? So 13000 mense was bereid om ‘n baie pynlike toets, waar ‘n ding in hulle neuse opgedruk word, te laat doen. Dié syfers is nie reg nie. Dis onmoontlik dat so baie mense vrywillig hulleself aan sulke pyn blootstel.

jayc ·

Jaco, deesdae doen hulle nie meer die tipe van toets waar hulle daai lang stok in jou neus opdruk nie. Hulle doen nou wat as “rapids” geken word. Dis so dun draadjie wat hulle in jou neus indruk wat jy skaars voel, en jy kry jou resultate binne 24 uur. Die stok metode is natuurlik meer akkuraat omdat hulle dit moet kweek om te kyk of die koronavirus daarop is, maar die rapids tel net op of jy teenliggaampies het wat die coronavirus probeer baklei

melaney ·

Ek het die toets ondergaan. Dit was wel baie ongemaklik want dit word nie 1cm opgedruk nie. Maar daar was geen pyn nie.

Francois Le Cochon ·

‘n “Hangover” is baie meer pynlik, en tog doen miljoene mense dit aan hulself.

Lulutjie ·

Pynlik? Duidelik was jy nog nie vir die toets nie, want pynlik is dit beslis nie.

Lydia ·

Dis ook nie almal vrywillig nie. As jy siek is en jou dr verwys jou, doen jy dit om jouself en jou familie veilig te hou en te beskerm.

piet ·

Besig om na vlak-5 vlakke toe te beweeg. Wat was die meeste gevalle hier, omtrent 18000?

MakersMark ·

So 25 000 + piet. Cyril gaan weer binnekort moet family meeting hou. Dalk lvl 4.

piet ·

21980 op 8 Januarie was die hoogste. Ons is tans by die hoogste piek van die eerste “wave” soos in Junie verlede jaar.

MakersMark ·

Thanks, dalk dink ek aan W2 7 day moving average. Maak nie saak dit is besig om weg te hardloop.

Kathleen ·

jaco , wat dink jy is die regte syfers dan ? is dit meer of minder ? ek vra net vir interessantheidshalwe , ek bly in Gauteng en dit is senutergend om te hoor en te lees van hoe die getalle styg , maak mens baie senuagtig

Anoniem ·

So, wat verwag die Regering. Dink hul vir een oomblik daar word deur hul broers,susters en mede landsgenote enige ag geslaan op die Vlak 3 inperking? Haal die klomp leeglêers van die strate af dat die werkende klas wat volgens die inperking reëls hul werk kan verrig en die ekonomie weer kan begin optel. Stel vlak 5 inperkings in en slegs werkende landsburgers met permitte mag op straat wees en op paaie met die nodige permitte. Maar ja, aan die ander kant sal die klomp weer begin onwettige permitte verkoop om geld te kan maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.