Covid-19-statistieke: Positiwiteitskoers op 8,8%

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het in hierdie stadium 53 601 aktiewe gevalle van Covid-19 en 3 085 nuwe gevalle is aangemeld. Dit bring die algehele syfer op 3 608 307 te staan, terwyl 3 459 418 mense reeds van die virus herstel het. Dit is ʼn herstelkoers van 96%.

Die positiwiteitskoers staan tans op 8,8%.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is nog 195 sterftes opgeteken, waarvan 23 in die afgelope 24 tot 48 uur.

Die meeste nuwe gevalle is steeds in Gauteng (32%), gevolg deur KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap (14% elk), Mpumalanga (9%), die Vrystaat en Limpopo (8%), Noordwes (7%), die Oos-Kaap (6%) en die Noord-Kaap (3%).

Die aantal nuwe positiewe gevalle (8,8%) is hoër as ʼn dag gelede (8,1%), terwyl die sewedaggemiddeld steeds op 9,7% staan.

Nog 103 mense met Covid-19 is in hospitale opgeneem en tans het 5 194 mense in hospitale landwyd die koronavirus onder lede.

Altesame 69 268 dosisse van die entstof is toegedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

VaalDonkie ·

Wereldwyd is die herstelkoers 99.9% ons doen OF baie slegter, OF ons tel nie reg nie. Die lae daaglikse sterftesyfer laat my dink ons tel nie almal nie.

annie ·

Wys asseblief vir ons die finale grafiek want dit is reeds opgetrek. Die rooi lyn is alweer besig om stadig te klim na die volgende hoogtepunt in ons winter. Grootste fabriek- en werkskepping het in die afgelope twee jaar geskied. Chaos en werkloosheid gaan volg wanneer die laaste maskers en gel-pompe verdwyn. Fauci en die WHO sal ook nie daarvan hou om uit die limelight te beweeg nie… En die antie… Ons hoop nie WO3 bied die oplossing nie.

Samuel ·

Ons Kopdoek auntie moet nog vir ‘n rukkie in die kollig bly. Asseblief!

Steyn ·

Is daar ‘n gemeenskaplike faktor wat gebruik word om die statistiek te staaf? Gister was 1000+ gevalle teen sefde koers en vandag 3000+? Hoe word totaal aktiewe gevalle bereken? Nie almal wat positief getoets het is weer dr toe nie.

Dat mense siek geword het en selfs gesterf het bly ‘n tragedie, maar om mensdom so te manupileer is n skande!

Martie ·

Ek wag om te sien hoe die prentjie gaan lyk nou dat die sonder simptome nou nie meer hoef te isoleer nie….

Danny ·

Wanneer kan ons maskers wegmaak…?! Dat julle korrupsie kan uitkom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.