Covid-19-statistieke: SA steek halfmiljoen kerf oor

Suid-Afrika het nou meer as 500 000 Covid-19-gevalle aangemeld sedert die virus in Maart vanjaar in die land versprei het. Altesaam 10 107 gevalle is sedert Vrydag aangemeld, om die totaal op 503 290 te staan te bring. Volgens statistieke van die departement van gesondheid is 148 nuwe sterftes ook aangemeld, wat beteken 8 153 mense het al weens Covid-19 gesterf.

Pres. Cyril Ramaphosa het egter Saterdagaand in ʼn verklaring gesê die werklike sterftesyfer is waarskynlik veel hoër. Die koers waarteen dié wat die virus opdoen, sterf, is nietemin steeds 1,6%, veel laer as die gemiddeld wêreldwyd.

Die meeste nuwe sterftes is in KwaZulu-Natal aangeteken (41), dan Gauteng (40), die Oos-Kaap (36), die Wes-Kaap (24) en die Noord-Kaap (7).

Suid-Afrika het ook teen Saterdag meer as 3 miljoen Covid-19 toetse uitgevoer.

“Dit wil voorkom of die aantal nuwe gevalle in die Wes-Kaap, Gauteng en die Oos-Kaap begin stabiliseer het. Hoewel dit veels te vroeg is om enige gevolgtrekkings te maak, wil dit voorkom of die voorsorgmaatreëls wat ons getref het, vrugte afwerp,” het Ramaphosa gesê.

Hy sê hoewel veldhospitale in verskeie provinsies opgestel en planne met bykommende hospitaalbeddens gemaak is, was verskeie hospitale in die Oos-Kaap oorweldig namate infeksies in dié provinsie gestyg het. “’n Spesialisspan is sedertdien aangestel om hierdie uitdagings die hoof te bied.”

Ander provinsies wat swaar getref is deur die virus, insluitend Gauteng, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap, het genoeg kapasiteit om die aantal mense wat in hospitale opgeneem moet word, te hanteer, sê Ramaphosa.

Volgens Ramaphosa sal 20 000 plaaslik vervaardigde ventilators binnekort versprei word na plekke wat die grootste tekort hieraan het. Die regering maak ook werk van die tekort aan persoonlike beskermingstoerusting in sommige gebiede.

Die media het die afgelope week berig oor korrupsie met betrekking tot kontrakte om dié produkte te verskaf. Ramaphosa sê alle klagtes van beweerde korrupsie word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Chris dupreez ·

Alle korupsie word ondersoek, behalwe jou twee base ,NDZ en Ace Magashule,mnr die president.

Strandloper ·

Ek het my nou so lekker gelag vir onse poliesie piet wat op news 24 probeer verduidelik het in n twee jarige se taal ivm die rokende weermag leede…sjoe dit is skreeu snaaks om n leier met so min grys goed te hoor…

annie ·

Groot kommer heers oor die primitiewe metodes wat grootliks gevolg word tov van inligting oor Covid-19-gevalle. Vreemde besluite en faksiegevegte deur/by die patetiese bevelsraad plus die immer-misdrywe, laat chaos gedy. Dit wil regtig voorkom of die huidige SA-regime ons almal aan hul ‘ventilators’ probeer koppel; kragteloos onder verdowing, uitgelewer aan hul ideologiese suurstof. Word Covid-19 as ‘n hulppakket vanuit die Onderwèreld benut?

marius ·

Dit is niks in vergelyking met die korrupte , skelm , gewentenlose , verotte kader gevalle nie .

JohanR ·

With the announcement of the latest statistics we are now moving from Level 3.6194 back to Level 3.7205. Behave, or we will have to move back to Level 4. Comrades this announcement does not affect you, but only the middle class and white people. Please continue to load 30 in a taxi, and have 200 or more at funerals. I know it is still 5 months to go, but I want to wish all those who have lost their jobs and lively hoods, who have no food on their tables, the middle class, and especially the whites and the farmers a Happy Happy Christmas, and a Wonderful New Year. Now don’t forget to vote ANC in 2021.

Oros Soros ·

Ongeveer 21 000 minder mense het tans die virus onder lede as ‘n week gelede, terwyl daar reeds in 5 provinsies minder pasiënte is as 7 dae terug. Doen gou die som: 173 587 (laasweek) minus 152 676 (1 Augustus) = 20 911. Persentasie gewys is dit rofweg 12%.

Francois Le Cochon ·

Die metodiek wat gebruik word vir Corona statistieke is uitgewerk deur die aktuariele fakulteit van die Universiteit van Kaapstad. Ons moet dit maar glo, net soos ons wetenskaplikes glo dat lemoene vitamin C bevat, sonder dat ons self n isotopiese toets doen on te bepaal of wetenskaplikes reg is of nie.

JJ ·

Dink hieroor na. Belarus se president het geweier om sy land in te perk. Die Wereld Bank bied Belarus toe USD900 miljoen aan op voorwaarde dat Belarus die knie buig, die land inperk, die ekonomie vernietig. Want dit is die plan- wereld wyd.

JohanR ·

Ja JJ daai ook gelees. As jy dink jy word USD900 aangebied om jou land in te perk, en daar is eintlik niks met jou land verkeerd nie. Die vis stink! As ons nog ‘n regering gehad het met ‘n brein in SA, maar die lot volg maar net wat die WGO se. Het nie die verstand om anders te dink nie.

Kaptein ·

Daar word verme dat hoe meer positief getoetstes is , hoeeer geld ontvang die regering. So ons gaan nog lank sit met die pandemie.
Dis hoekom natuurlike dood ook gesien as Covid ” related ” .Enige iets om goed te lyk in die oë van die vbn’s. Dan stem almal weer vir hulle ” comrades “

Adam Adriaan ·

Ek wil een ding weet. Hoe kry hulle 11000–15000 toetse per dag uitgevoer? Hoeveel laboratoruim tegnikuste is daar wat hierdie toetse moet ontleed? Kom ons sê daar is so 1000 tegniekuste. en dit neem sowat ‘n uur om een toets te ontleed. met so 8 uur per dag per tegnikus. Maak self maar daardie som. dag na dag? vra maar net?

Brian ·

Al sterf almal wat COVID gekry het, sal daai syfer die selfde bly. Maar hoekom vertel hulle ons nie van die aktiewe gevalle? Nee, ons moet daai syfer vat, minus die dodetal en die wat herstel het, dan sien jy vir die laste maand, het ons tussen 150 en 165 000 aktiwe gevalle, en die daglikse groei syfer in nuwe gevalle as n persentasie, vir die laaste maand het van tussen 4.5-6.5% per dag geval tot onder 2% per dag nou. Maar hulle sal nie DAAI syfers uitsit nie, want dan weet almal die lockdown is nie (was nooit) nodig nie, die drank en sigarette verbod nie nodig nie. So verloor hulle beheer oor ons lewens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.