Covid-19-statistieke: Só lyk nuwe gevalle, inentings

(Argieffoto: Elmond Jiyane/GCIS)

Suid-Afrika het nou meer as 1 625 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 3 641 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Donderdagaand bevestig dat 1 625 003 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 55 568 nadat nog 61 sterftes aangemeld is: sewe in die Oos-Kaap, twee in die Vrystaat, 17 in Gauteng, vier in KwaZulu-Natal, 19 in Limpopo en 12 in die Noord-Kaap.

Tot dusver het 1 531 993 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 94,2%.

Suid-Afrika het tot dusver 11 246 917 toetse vir Covid-19 gedoen, 39 612 sedert die vorige verslag.

Meer as 480 000 gesondheidsorgwerkers is tydens die eerste fase van die inentingsprogram ingeënt. Fase 2 van die inentingsprogram het Maandag begin en meer as 116 000 mense is die afgelope week ingeënt.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap196 86212,1%
Vrystaat96 2445,9%
Gauteng439 39127%
KwaZulu-Natal338 47320,8%
Limpopo64 6424%
Mpumalanga80 5455%
Noordwes72 1064,4%
Noord-Kaap46 0682,8%
Wes-Kaap290 67217,9%
Totaal1 625 003100%

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 635184 724503
Vrystaat4 11085 6116 523
Gauteng10 965418 04410 382
KwaZulu-Natal10 474323 6904 309
Limpopo2 38061 820442
Mpumalanga1 42477 7491 372
Noordwes1 84465 1455 117
Noord-Kaap1 00638 2486 814
Wes-Kaap11 730276 9621 980
Totaal55 5681 531 99337 442

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

annie ·

Ons kan nie alle vrae rondom die behandeling en hantering van covid ignoreer en net enting aanmoedig nie. Die oormatige gebruik van etanol en antivirale-(hand-)reinigers, immuun-boosters en vreemde konkoksies het nadele (let op die ou en smerige reinigingstoegangshek). Groot te do oor entstof maar mediese higiène is bedenklik. Handskoene, penne en papiere word oor-en-oor hanteer en watte getjoeftjaf asof onaantasbaar reinig. Swartswamme wat broei in oud een vuil tas covidsiekes erg aan in Indiè. Hoekom?

Anel ·

As mens vat die hoeveelheid wat volgens hulle positief getoets is en die wat werklik siek geword en doodgegaan het kan ek nie sien waaroor die bohaai gaan nie. Hoeveel mense het in die verlede verkoue en griep gekry en hoeveel van hulle is dood. Hierdie is nou oor tydperk van ‘n jaar. Maak net nie vir my sin nie. Mense begin nou siek word van allerhande ander siektes. Im so heeldag te loop en ontsmet is so verkeerd. Alle gesonde kieme word ook so dood gemaak. Liggame kry nie kans om weerstand op te bou nie. Ons kan nie die res van ins lewens in borrels bly nie. Dink net hoe gaan ons lyk! Sulke regte bleek siele wat vatbaar is vir elke kiem en gogga.

Dirk Mostert ·

Ons is weer by 40,000 toetse per dag soos in Desember voor die tweede golf afgekondig is. Aktiewe gevalle = totale infeksies-(hersteldes+sterfgevalle), waarvan die meeste simptoomloos en nie in hospitale is nie. Die CPR-toets is ontwikkel lank voor Desember 2019. Laat mens dink!

Francois Le Cochon ·

Ek drink eerder rooiwyn saam met ‘n lekker steak, as om my te bekommer oor covid- toetse en statistiek en dit te bevraagteken.

Johan ·

Lekker vir jou man, ek moet elke dag met die ekonomiese skade probeer deal…bitter frustrerend. Maar dit sal oorgaan, moet nou maar net skade probeer beperk en bestuur.

Francois Le Cochon ·

Dit is jammer dat die ontkenners en balhoriges veroorsaak dat die wetgehoorsames nog langer in ‘n borrel moet bly.

Charles ·

Wel as hulle sê spring in die vuur of kom ons spuit jou met ons eksperimentele enstof in, dan is ek met graagte balhorig en domastrant en trots daarop.

Irma ·

Ja Charles, ek kan my nie laat inent met ‘n entstof waar daar nie genoeg tyd spandeer is om die newe effekte te bepaal nie.

Irma ·

Die Johnson en Johnson entstof waarmee die Gesondheidwerkers ingeent is was n eksperimentele entstof.

Francois Le Cochon ·

Vorige jare was sterftes in SA weens griep tussen 8-000 en 11-000. Covid sterftes die afgelope jaar is 55,568. ‘n Bewys vir diegene wat aan bewyse glo.

Dirk Mostert ·

Bietjie meer as 50,000 vir 12 maande. Meeste sterftes was covid-“verwant”. Alle griep, longontstekingsterftes is nou Covid. Daar is ook die effek van suurstofvergiftiging en longswamme in intensiewe sorg. Teenoor >900,00 sterftes per normale jaar. Wat van die effek van mikroskopiese katoenvesels wat ingeadem word terwyl jy masker dra. As dit in jou longe kom sal die effek dieselfde wees as vir asbesvesels.

Adam Adriaan ·

Hou die nuus dop ‘n jaar van nou af. iemand se oë sal weldra oopgaan, reg of verkeerd. Tyd bevestig altyd die waarheid of die leuen.

Johan ·

Ek sien baie uit daarna, dink hulle gaan vir baie geslagte lank nog lag vir ons.

Heinrich ·

Sal baie graag ‘n nuwe grafiek bygewerk by die bostaandes wou sien; hoeveel mense wat ingeënt is kry dit weer. Daar is nog nie genoeg mense ingeënt om die syfers te kry nie maar soos hulle stadig vorder behoort dit interessant te wees.

Francois Le Cochon ·

Tans voorspel mediese wetenskaplikes dat tussen 5%-15% ingeentes nogsteeds die virus sal opdoen.

Johan ·

Sal almal dit nie maar op die ou ent kry nie? Ons immuunstelsel moet maar net sterk genoeg wees (natuurlik of met inenting) om dit te oorleef. Die virus is immers maar oral om ons. As die besmetting klein genoeg is behoort jou immuunstelsel gou genoeg te reageer en dit uit te sort, behalwe as jy sieklik is dan is jy hopenlik ingeent, of moet jy maar jou kans vat deur bietjie ivomac op te spoor by n boer. Mense moet ASB net ophou om so in vrees te lewe.

Dirk Mostert ·

Malawi het pas duisende dosisse entstof vernietig wat oor die rakleeftyd was. Was dit dalk die AstraZeneca wat Suid-Afrika van ontslae geraak het?

Pieter ·

Mense dink hulle kan dobbel met ‘n virus wat ‘n baie hoë sterfte syfer tot gevolg het. In Verenigde Koninkryk het meer as 37 miljoen mense al die entstof geneem en daar is verskriklik min probleme – ja daar sal hier en daar mense wees wat negatief reageer, dis normaal en steeds beter om die entstof te neem as om niks te doen en dink jou immuunstelsel gaan die Covid oorwin nie. Dink logies !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.