Covid-19-statistieke: Só lyk nuwe gevalle, sterftes, inentings nou

Argieffoto bloot ter illustrasie (Foto: Verskaf)

Suid-Afrika het nou meer as 2,9 miljoen bevestigde Covid-19-gevalle met 2 106 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is ʼn totaal van 2 900 994 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 4,6%.

Die meeste nuwe gevalle is in KwaZulu-Natal (30%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (18%) en Gauteng (11%). Die totale aktiewe gevalle is 46 577.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 87 525 nadat nog 108 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 2 766 892 mense reeds van die virus herstel, ʼn herstelkoers van 95,4%.

Suid-Afrika het tot dusver 17 649 727 toetse vir Covid-19 gedoen, 45 814 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 143 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 6 713 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 17,3 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

Provinsie Nuwe gevalle Totale gevalle
Oos-Kaap 221 290 207
Vrystaat 208 161 142
Gauteng 232 916 136
KwaZulu-Natal 626 511 461
Limpopo 21 121 806
Mpumalanga 95 150 821
Noordwes 126 149 413
Noord-Kaap 188 90 570
Wes-Kaap 389 509 438
Totaal 2 106 2 900 994

Sterftes en persone wat herstel het:

Provinsie Sterftes Herstel
Oos-Kaap 14 818 272 548
Vrystaat 6 700 148 096
Gauteng 19 380 894 910
KwaZulu-Natal 14 565 474 105
Limpopo 4 004 116 567
Mpumalanga 1 966 147 964
Noordwes 4 144 142 144
Noord-Kaap 2 183 82 602
Wes-Kaap 19 765 487 956
Totaal 87 525 2 766 892

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Casper ·

Daar is ‘n toename in nuwe gevalle wat beteken mense neem die pandemie nie ernstig op nie.Kyk maar in die strate hoeveel mense dra nog maskers.Die feesseisoen lê voor en ek eis as ek dink hoe mense dan gaan byeenkomste gaan bywoon en onverskillig gaan optreë.

Pietertjie ·

Meneer, jy moet eerder ys, as eis. 2,9miljoen infeksies oor ‘n twee jaar tydperk klink maar yl vir ‘n pandemie.

Francois Le Cochon ·

Pietertjie, Pietertjie, die 2,9 miljoen is agv die inperkings regulasies. Ek lees elders dat die daaglikse nuwe gevalle nou 300,000 sou gewees het as daar geen regulasies was nie, en die sterfde syfers meer as ‘n miljoen. Wat se^ jy nou. Het jy al dankie gese^ oor die regulasies om die pandemie te bestuur?

Nicolaas ·

Le Cochon die maskertjies en regulasies en net mooi niks gehelp nie. Hierdie “pandemie” maak mense dood, maar meer omdat hulle ongesond gelewe het voor dit. Feite. Kry jou dieet en lewenstyl reg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.