Covid-19-statistieke: Soveel nuwe gevalle; só lyk herstelkoers  

(Foto: Unsplash)

Suid-Afrika het nou meer as 800 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 4 400 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Donderdagaand bevestig dat 800 872 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 21 803 nadat nog 94 sterftes aangemeld is: 42 in die Oos-Kaap, 11 in die Vrystaat, agt in Gauteng, vyf in KwaZulu-Natal en 28 in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 739 367 mense reeds van die virus herstel.

Suid-Afrika het tot dusver 5 500 669 toetse vir Covid-19 gedoen, 31 999 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap132 14916,5%
Vrystaat59 1737,4%
Gauteng236 08629,5%
KwaZulu-Natal129 27616,1%
Limpopo18 7242,3%
Mpumalanga31 5563,9%
Noordwes34 9554,4%
Noord-Kaap23 3082,9%
Wes-Kaap135 64516,9%
Totaal800 872100%

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap4 720119 211
Vrystaat1 95751 575
Gauteng5 026229 041
KwaZulu-Natal3 372118 509
Limpopo50617 791
Mpumalanga61430 521
Noordwes56633 717
Noord-Kaap31320 756
Wes-Kaap4 729118 246
Totaal21 803739 367

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

NEO ·

Beswaarlik ‘n pandemie met ‘n herstel koers van 92% en as jy die virus kry het jy ‘n minder as 1% kans om dood te gaan. Mense gaan baie meer dood aan ander siektes. Die wêreld het gek geraak. Alles met ‘n agenda agter. Die mediese wêreld gaan triljoene dollars maak met die teenmiddel te verkoop.

Oom Kaspaas ·

Baie meer mense het al herstel, hulle het net nie terug gegaan vir ‘n tweede toets om negatief te bevestig nie, hulle het hulle 14 dae gevat en aangegaan, maar nou lê hulle nog op die aktiewe gevalle

Strandloper ·

Mmmmm ek bly maar bang vir die bug veral as jy n ou hond is, sanitize, sanitize, sanitize. Die beste is natuurlik om dit te keer voor dit jou longe binne dring! Doen navorsing…HOCl

Strandloper ·

Ai tog….n af duimpie vir oorlewing?…bly jy is n kat…ek het EEN kosbare lewe op aarde.

Strandloper ·

Dankie vir die af duimpie…ek kyk na feite…hoop jy ook…

Lorna ·

Waar is die kubaansa dokters
Seker ook n foefie waar tax geld vrylik vloei

Marius ·

Ek is op die oomblik in zanzibar geen covid nie geen gevalle almal lag oor hulle herbal maar dit werk vir hulle net ons armsalige siele wat duisende moet betaal vir covid toetse om te kan terug gaan ek dink dis n geld maak storie die

Blomme ·

Ek dink iemand wat familie aan die virus verloor het sien nie dat die virus onnodig opgeblaas word nie. Mense kan maklik uitlatings maak as jy nie daardeur geraak is. Diè is beslis nie ń geldmaak storie nie. Ek ken ń gesin wat hul Ma en Pa 4uur na mekaar weens Covid 19 verloor het. Mense kan gerus meer simpatiek wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.