Covid-19-statistieke: Sterftes in 8 provinsies aangemeld

(Argieffoto: Ayanda Ndamane/ANA)

Suid-Afrika het nou meer as 688 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 1 641 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Vrydagaand bevestig dat 688 532 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 17 547 nadat nog 139 sterftes aangemeld is: 23 in die Oos-Kaap, drie in die Vrystaat, 65 in KwaZulu-Natal, 28 in Gauteng, vier in Limpopo, sewe in Noordwes, vier in die Noord-Kaap en vyf in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 620 081 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 90%.

Suid-Afrika het tot dusver 4 360 105 toetse vir Covid-19 gedoen, 20 419 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap90 47913,1%
Vrystaat49 9667,3%
Gauteng222 37432,3%
KwaZulu-Natal120 16017,5%
Limpopo16 1332,3%
Mpumalanga28 0064,1%
Noordwes30 5224,4%
Noord-Kaap18 6282,7%
Wes-Kaap112 26416,3%
Totaal688 532100%

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap3 18685 3011 992
Vrystaat1 09335 41713 456
Gauteng4 414198 29119 669
KwaZulu-Natal2 990111 5095 661
Limpopo42515 093615
Mpumalanga58126 554871
Noordwes38227 6212 519
Noord-Kaap23215 3883 008
Wes-Kaap4 244104 9073 113
Totaal17 547620 08150 904

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

MrMagic ·

Is jammer hulle skenk nie soveel aandag aan die korrupsie in die regering nie.

Mad Mike die Rhodesiër ·

Die statistieke is gedokter om dit erger te laat lyk as wat dit werklik is. COVID-19 is nie eens 10% so erg as die jaarlikse griep nie.

Dirk Mostert ·

Toetse:gevalle = 6.3:1. Dit stem naastenby ooreen met die “odds”vir ‘n dobbelsteen. Van die “gevalle”is ‘n groot aantal vals positief (sg. asimptomaties). Byna 4 miljoen toetse was onnodig teen R1 000/toets. R4 miljard gemors. Dis egter ‘n druppel in die emmer in vergelyking met die ruinering van S.A. se ekonomie.

Jacobus ·

Ironies dat die boodskapper van tyd tot tyd uitgestuur om bevolking te terroriseer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.