Covid-19-statistieke: Syfers klim weer

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Phill Magakoe/AFP)

Minstens 210 120 mense in Suid-Afrika het nou Covid-19 onder lede nadat nóg 21 099 nuwe virusgevalle Woensdag aangemeld is.

Dit is meer as die aantal nuwe gevalle wat ʼn dag tevore aangemeld is (15 424).

Die jongste styging verteenwoordig ʼn positiwiteitskoers van 30,6%.

Die meeste nuwe gevalle is weer in KwaZulu-Natal aangemeld (5 411), gevolg deur die Wes-Kaap (4 609), Gauteng (3 807), die Oos-Kaap (2 327), Vrystaat (1 245), Noordwes (1 271), Mpumalanga (1 116), Limpopo (811) en die Noord-Kaap (502).

Minstens 9 324 pasiënte word nou vir Covid-19 in die hospitaal behandel nadat nog 593 mense opgeneem is.

Nog 99 Covid-19-verwante sterftes is Woensdag aangemeld wat die algehele sterftesyfer op 90 587 te staan bring.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) se statistieke het altesame 3 535 106 mense in die land al die virus opgedoen, van wie 91% reeds herstel het.

Daar is altesame al 20 844 222 Covid-19-toetse gedoen, waarvan 69 014 mense Woensdag vir die virus getoets is.

Volgens die departement van gesondheid is altesame 58 349 dosisse van die entstof sedert die vorige verslag toegedien, terwyl 27 733 331 dosisse sedert die aanvang van die land se inentingsprogram toegedien is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.