DA eis opnuut ramptoestand oor Eskom

Eskom se oopsiklus-gasturbine by Gourikwa. (Foto: Eskom)

Terwyl Eskom se oopsiklus-gasturbines weens ʼn gebrek aan geld vir diesel tot stilstand geknars het, het die DA opnuut gevra vir die aankondiging van ʼn ramptoestand wat spesifiek op Eskom gemik is.

DA-LP’s Ghaleb Cachalia en Kevin Mileham sê Eskom se onthulling hieroor is die gevolg van pres. Cyril Ramaphosa se weiering om te erken dat Eskom op die rand van die afgrond is.

“Noudat Eskom se oopsiklus-gasturbines tot stilstand gekom het, staar hoë vlakke van beurtkrag die land in die gesig. Eskom het nie die geld om nog diesel te koop nie en daar bestaan ʼn werklike gevaar dat die netwerk kan ineenstort.”

Die DA sê Ramaphosa en sy nasionale energiekrisiskomitee moet verantwoordelikheid aanvaar vir hul versuim om ʼn ramp te verklaar.

Die verklaring van ʼn ramptoestand sal beteken dat rampverligtingsgeld geprioritiseer word en dat alle hindernisse – arbeid, die gebruik van plaaslike diensverskaffers, ontplooiing en voorkeurverkryging – uit die weg geruim word terwyl die krisis gepak word.

“Dit is eenvoudig onaanvaarbaar dat Eskom deur burokratiese rompslomp oor die gebruik van oopsiklus-gasturbines gepootjie word, terwyl ʼn elektrisiteitskrisis duidelik die land in die gesig staar.”

Cachalia en Mileham sê Eskom word nou gedwing om veel duurder krag by onafhanklike voorsieners aan te koop omdat hy nie die oopsiklus-gasturbines by Ankerlig en Gourikwa kan gebruik nie.

Die DA het reeds die speaker van die parlement gevra om dringende vrae later vandeesweek aan Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, hieroor te stel.

Die departement het Sondagaand met Eskom se bestuur vergader en daarna gesê daar sal nou saamgewerk word om geld vir diesel te vind.

“Gordhan moet oop kaarte speel en Suid-Afrikaners inlig oor waarom hy versuim het om betyds op te tree om ten eerste te verhoed dat die diesel by Eskom opraak.”

Daar is ook geen duidelikheid oor waar die geld vir die diesel vandaan gaan kom nie.

Eskom het sedert 1 April vanjaar reeds meer R12 miljard aan diesel bestee in ʼn poging om hoër beurtkragfases te vermy. Die kragvoorsiener het teen die einde van die week egter gesê hy het bloot net nie meer geld om diesel aan te koop nie en sal dit eers weer teen April volgende jaar kan doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

JohanR ·

Dit sal nie snaaks wees, maar tog bietjie snaaks as die krag in SA finaal afgaan, en nie weer aankom? Dan het die ANC rerig net 28 geneem om SA totaal en al te verwoes. Hoop die vrot ministers wandel ook in die donkerte rond.

Nettie ·

Ek hoor jou Johan. ‘n Mens is al so moedeloos en gefrustreerd, dat mens wonder of dit nie maar ons redding op die ou end gaan wees nie?

Maar as ek na my kindertjies kyk, dan bid ek maar net dat God sal help. In watter rigting dit ook al moet gaan, nou bid ek maar net vir Sy Redding en hulp en ondersteuning. En wonderwerke.

Burgermeester ·

Daar is mos nou nie ‘n manier dat Ramaphosa ‘n noodtoestand vir ESKOM sal verklaar nie. Hy wat Ramaphosa is, is mos die hoof van die “war room”, so ‘n noodtoestand sal ‘n openbare erkenning wees dat hy misluk het. Hy is te slu in sy denke en werke. Hy is in elke geval nou by Engelse Charles om nog geld te bedel vir die kaders, hy het nie nou tyd om hom te bemoei met iets soos ‘n noodtoestand nie.
Wanneer dit by die uitdeel van die gebedelde kapitaal kom gaan dit mos: Een Rand vir ESKOM, vyf Rand vir ANC kaders , een Rand vir ESKOM, ses Rand vir ANC kaders, een Rand vir ESKOM, sewe Rand vir ANC kaders , ens. …

domheks ·

Het ons ‘n prez? Die een wat daar op die stoel sit het geen ruggraat nie! Maar van bakhand ken hy baie goed.

Kokerboom ·

Jy is reg JohanR. Vir 27 jaar het kaders sit en beplan hoe hul land gaan stroop, plunder en verwoes(dis al waartoe hul in staat is!) EN..waaragtig in 27/28 jaar was hul suksesvol. Hierop kan hul roem!

Nicholaas ·

Ek is normaal weg nie n doem profeet, maar hierdie kan baie groot probleme vir die land inhou.

Swerwer ·

Natuurlik van die belastingbetalers, waar anders wil hul die geld verhaal. Kommunistiese land op sy beste.

Samuel ·

Die kaders is gewoond daaraan om vuur te maak vir koskook, hitte, lig en afbrand.

Anel ·

Ramaposa het nie ‘n Saak nie. Hy sit dan en tee drink saam met die nuwe koning. Hoekom sal hy dan nou omgee wat in sy eie land aangaan. Pateet!!!!!!

Nettie ·

Met die vorige ramptoestand het die regering AL die geld wat daarvoor geskenk en beskikbaar gestel is, vir hulself en kaders toegeeis, en geen hospitale gebou nie. Hoekom sal dit anders wees as dit oor Eskom gaan?

Carel ·

Eskom het te veel onproduktiewe en onbevoegde personeel wat bydrae tot die ramp

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.