DA en EFF raak handgemeen in parlement

Natasha Mazzone. (Foto: Skermskoot)

Spanning het Dinsdagmiddag in die parlement geheers toe lede van die DA en die EFF mekaar fisiek aan die keel wou gryp. Dit nadat ’n prominente EFF-LP glo rasgebaseerde opmerkings na parlementêre amptenary geslinger het.

Die hele gemors het begin toe die EFF-LP Naledi Chirwa in ’n ledeverklaring beweer het die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, en van sy vriende het onregmatig finansieel voordeel getrek uit die toeken van tenders wat met die bestryding van die koronavirus verband hou.

Die adjunkspeaker, Lechesa Tsenoli van die ANC, het die tafelpersoneel van die Nasionale Vergadering (dit is daardie amptenare wat in swart en wit geklee voor die speakerstoel sit) geraadpleeg en toe gesê Chirwa kan nie in die parlement potensieel lasterlike bewerings sonder meer stel as feit nie.

Op daardie oomblik (die amptenare roteer deurgaans) was albei die amptenare wat as tafelpersoneel die adjunkspeaker van raad bedien het, wit mense, en dit het Nazier Paulsen, EFF-LP van Bellville, laat rooi sien.

Hy het glo rasgebaseerde opmerkings oor die amptenary gemaak, wat verskeie DA-LP’s (wit, swart en bruin) die harnas ingejaag het.

EFF-LP Nazier Paulsen. Foto: Facebook

Woordewisselings het ontstaan, met Paulsen wat in kru taal aan die DA-hoofsweep, Natasha Mazzone, toegevoeg het dat sy moet teruggaan na Italië, en aan die DA-LP Phumzile van Damme dat sy moet terugkeer na Swaziland.

Op hierdie punt (terwyl Tsenoli sy bes probeer het om orde te handhaaf en die ANC verstom toegekyk het) het DA-LP’s en EFF-LP’s dreigend op mekaar afgestap met beledigings en dreigemente wat heen en weer geslinger is.

In ’n stadium het Mazzone haarself fisiek as buffer tussen die LP’s van die DA en die EFF geplaas om ’n fisieke konfrontasie te verhoed.

Die adjunkspeaker het vervolgens vir Paulsen uit die Nasionale Vergadering geskop, met Paulsen wat glo, volgens DA-bronne, vir Van Damme toegevoeg het: “Ek sal jou so hard op*** dat jy nie meer sal kan praat nie.”

’n Verwoede Van Damme het die adjunkspeaker ingevlieg oor sy onvermoë om orde te handhaaf. Toe skop hy haar sommer ook uit.

Toe Van Damme uitstap, het twee DA-LP’s, Kevin Mileham en Chris Hunsinger, saam met haar na buite gegaan, waar hulle vir Paulsen aangetref het.

Paulsen, wat na bewering baie aggressief was, is glo vervolgens deur die polisie onder bedwang gebring en van die parlementêre terrein af vergesel.

Daarna het die parlement se werksaamhede gladweg voortgegaan.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

jacques ·

Boswell Wilkie is meer organised as hierdie narre saam…

Persheks Adri ·

Soos gewoonlik sit die ANC “verstom” en kyk na wat aan gaan eish. Mens sal sweer hulle is kinders… EFF moet hulle plek begin ken pffft hulle maak net moeilikheid waar hulle gaan!

JohanR ·

Baie braaf in die parlement, maar sodra die skote, traan rook en bomme afgaan, dan sien jy net hoe die Economic Fleeing Fighters hol straat af!

daniel ·

Gelukkig is daar baie swartmense wat intelligent en redelik is.

JohanR ·

Paulsen dink hy is Rambo. Al ‘n paar keer op sociale media met ‘n geweer in die hand verskyn. Ek vra weer wat bou die EFF? Moet eerder vra wat breek die EFF af!

Persheks Adri ·

Hulle bou net my bloeddruk op JohanR verder breek hulle alles af en gedra hulle soos hooligans

Gert ·

Moes hom gelos het om sy pak te kry, dalk leer hy dan maniere

Agge nee ·

Twee stelle reels vir swart en wit. Raak ek kwyt wat die EFF sê, sit ek vanaand in die tronk.

Suzette ·

Kan nie verstaan dat hierdie optrede toegelaat word nie. Maar net weereens ‘n bewys dat die anc GEEN beheer het nie….. of miskien verkies hulle dit so, eff is mos ‘n vleuel van hulle, deel van our poeple!

NEO ·

Dat ‘n persoon so minderwaardig voel as ‘n blanke praat. Hy kan nie redeneer nie en wil sy wil met geweld afdwing. Siestog.

Eragrostis ·

Soos die ANC deurspek is met korrupsie en onbevoegdheid, is die EFF deurspek met onvolwassenheid. Onvolwassenheid is nie gebonde aan ouderdom nie, maar hoe jy reageer. Hierdie mense probeer altyd ń argument wen ten koste van goeie verhoudings en rasionaliteit. Hulle het ook altyd ń slagoffer-mentaliteit. Ek sien sware tye as hierdie piesang party êrens die leisels moet oorneem.

Stefaan ·

As jy n niks is nie sluit jy by die eff aan en hopenlik sal jy op tv wees eendag al is dit vir die verkeerde redes

Lourens CFG ·

Kinders is beter as hierdie hele par-mal-ent van ons.

Fedup ·

It is time that paulsen should be tought manners.
He can be as racist as he want to be, as he doesn’t even know what race he came from.
The garden gnomes should never be allowed in parliament again.

Plaaskind ·

Hoekom is hulle nog orals welkom om chaos te saai, en hoekom vergesel die polisie net die vent van die perseel af eerder as om hom ook toe te sluit.

Debbie ·

Hulle kan rassistiese aanmerkings maak, dis ok. Maar as n wit ou dit doen word jy gearresteer en tronk toe met jou. Dit werk nie so nie

Boer ·

Dit kry jy nou as ongeleterde EFF lede in die Parlament sit!!!!!!!!

KB ·

‘n Mens verwag tog volwassenheid in die parlement…
Dit lyk my respek het gewyk nou is dit soos ‘n klomp ongedissiplineerde kinders.

Chantel ·

Ek skaam my mors dood vir hierdie soogenaamde “geleerd” mense wat hulle soos onopgevoedes gedra.

MT ·

Ek wonder of die intellektuele reus Paulsen Italie op ‘n kaart sou kon vind? En wat van Swaziland?
Ek skat hy sal ook nie kan reken op veel hulp van die res van die EFF nie.

JM ·

Met Paulsen se opvoeding skort daar sommer baie, maar in die parlement wil hy sit!

Andre ·

Ek wonder waar kom “Mr Nazier” vandaan en of hy ook kan terugkeer? Hierdie gemors van ‘n “party” wil net demokrasie vernietig!

Keelvol ·

En wat gaan met die Paulsen kalant gebeur? Absoluut niks.

Dries ·

In n vorige artikel word n hondtjie gemartel deur kinders. Ek het myself afgevra watter tipe ouers het daai kinders. Kan nie anders dink EFF nie

Althes ·

EFF Paulsen erken onbewustelik met sy optrede dat Suid-Afrika nie ongelyk is nie en nie ekslusief aan swart mense behoort nie, omdat hy sê die swart DA LP moet teruggaan Swaziland toe.

Charles ·

Hoe Kom die mense daar? Is daar n IK vlak waar jy afgesny word en dan mag jy nie in parlement wees nie of wat?

christo ·

Die adjunkspeaker is nie onpartydig nie en Nazier Paulsen moet nou deur die parlementêre etiekkomitee gedissiplineer word. Maar duidelik sal daar niks met Nazier Paulsen gebeur nie want hy is nie wit nie. Net wittes is mos rassiste. Tyd dat Nazier Paulsen permanent verwyder word.

Regverdigheid ·

Soos klomp kinders…EFF kon weg met als tyd dat daar iets gedoen word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.