DA-raadslid in Tshwane bedank oor ‘rassisme’

Argieffoto

Die DA-raadslid Tshepo Kgobane het bekend gemaak dat hy as lid van die opposisieparty sowel as Tshwane-raadslid, kiesafdelingsleier vir Mabopane en Winterveldt én lid van die Gauteng Noord- uitvoerende bestuurskomitee bedank het.

Kgobane het nou besluit om as lid by die voormalige Johannesburgse burgemeester Herman Mashaba se party, ActionSA, aan te sluit.

Kgobane het Donderdag in ʼn verklaring sy mond oor die DA uitgespoel en gesê, “rassisme is duidelik teenwoordig in daardie organisasie is”, al voer die DA aan dat hy nie rassisme goedkeur nie.

“Die party wat eens ‘n baken van hoop was, het geweldig agteruitgegaan en teruggekeer na ’n konserwatiewe en rassistiese organisasie, waarmee ek myself nie meer kan assosieer nie,” het Kgobane oor die DA gesê.

Volgens Kgobane kan hy na baie sogenaamde rassistiese voorvalle verwys om sy stellings oor die DA te staaf, waaronder die DA se lys van veldtogbestuurders vir die komende verkiesing.

Dié lys is onlangs aan die media uitgelek en toon dat die oorgrootte meerderheid van die DA se veldtogbestuurders wit is. Geordin Hill-Lewis, die DA se woordvoerder oor finansies, voer aan die bestuurders op die lys is op meriete aangestel en dat die DA die mees diverse party in die land is.

“Wat die lys en Geordin Hill Lewis se patetiese poging om dit te verdedig, onthul, is dat die DA nie gered kan word nie en eintlik glo dat slegs mense van sekere rasse die nodige ervaring en kundigheid het om veldtogte te bestuur,” meen Kgobane.

Volgens Kgobane het die DA ook geen belang in swart gemeenskappe nie. Hy beweer die party het dit duidelik gemaak toe hy tydens die tussenverkiesings op 19 Mei vanjaar slegs op gegoede wyke gefokus het en nie op een wyk in die swart townships nie.

Kgobane sê hoewel Mashaba welaf is, verstaan hy die nood van minderbevoorregtes.

“Wat hy verteenwoordig en waarvoor sy party staan, is dit wat my na ActionSA aangetrek het, terwyl daar ander opsies was.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Boerkind ·

Altyd die rassekaart… as NIKS verder werk nie, sal die rassekaart…. siestog!

Anton ·

Uit protes behoort hy al die geld wat hy van die rassistiese organisasie gekry het, terug te betaal :-)

Phumba ·

Dit is nou snaaks. Hy kry n salaris vir hoe lank al (geen gewetens probleme nie ) en nou skielik kan hy nie meer vereenselwig met die DA nie.
Klink mees soos pouching en nou probeer hy punte wen by die nuwe party.

Baardman ·

Dink eerder Kgobane wil ook nou n entjie op die soustrein ry. Hy het nou lank genoeg op die reguit paadjie geloop, nou skaar hy hom by die plunderaars

Misky ·

Moontlik was die DA te bang om veldtogte in die swart townships aan te beid. Veral as jy kyk hoeveel word aangeval en tv spanne beroof terwyl hulle lewendige opnames doen. En niemand blameer hulle nie, ek sou ook bang wees en weier om daar in te gaan

B-Man ·

Die “lewendige” opnames sal ontaard in dooie opnames, nê? Gebruik eerder regstreeks.

Ovelia ·

Sodra 1 van hulle in di moeilikheid is is dt rassisme. Kom ons draai dit om hulle is rassisties op ons. Meenende die wt nie deel is van anc groep is nie. Ons moet ons regte staan . Ons is so gebore kan niks aan my blou oe doen ni maar is genoeg uitgekruid as rassisme … kom ons draai di storie dat hulle ook verkeerd is teenoor ons

Anoniem ·

Grapjas, dit is jul wat “rassime” vir jul eie gewin gebruik wanneer jul nie meer jul si kry nie.
Wens die woord rassisme wil verdwyn van die aarbol af want dit is altyd die ander party wat dit gebruik as verskoning

Lourens CFG ·

Die rassisme donkie se rug is al morsaf gery, maar ry, rý hulle die arme ding. Al gggggggatvol verby vir dit.

Johanna ·

Die DA se boot is lankal besig om te sink. Hulle sal nie weer my stem kry nie. Hulle Kan netsowel n Forensic Ouditeurs firma oopmaak want hulle is net heeltyd besig om bedrog uit te snuffel en om hofsake teen die regering te maak.
Leierskap gaan oor meer as dit. Let’s face it, kort n Party wat nie rassisties is nie.. ons moet mekaar begin aanvaar.

Meisie ·

Ons gaan nooit mekaar kan aanvaar nie, al probeer mens so hard soos jy kan.

Belinda ·

Daar is geen party wat nie rasisties is nie…. almal is skeinheilig.

NEO ·

In Suid-Afrika trek kiesers ongelukkig hulle kruisies volgens ras verteenwoordig in politieke partye. As daar volgens our people nie genoeg kleuriges is nie, is die party rassisties.

Pietertjie ·

Ai. Waar daar blankes en swartes saam is, is daar rassime ook saam. Ek wonder hoekom?

Rian ·

Dis nie baie moeilik om uit te werk nie. Stem saam met jou Pietertjie.

Magda G ·

Altyd rasdisme. Het hy iets om weg te steek of is hy bt om oor te gaan na die ander party

Sambok ·

Gaan krap maar dieper-iewers word dit nou te warm in die DA -wat steek hy weg !

Anya ·

Ek wonder hoeveel landsburgers weet hoegenaamd waarmee ActionSA besig is. Kritiseer jy ook te gou maar het dalk geen benul?
Mag hulle wees wie hulle sê hulle is. Want dalk is daar dan wel hoop vir SA.

Nico ·

Tydens die Internasionale Simposium oor Kommunisme wat in 1966 in Pretoria gehou is het Prof. Possony gestel dat die rassefaktor deur die Kommunisme gebruik sal word om ander kwessies te vervang. Rassekonflik en volgehoue propaganda oor beweerde “rassisme” tesame met stelselmatige karakter moord van ‘n politieke bestel sal vir die Kommunis die geleentheid skep om die Afrikaner in ‘n lokval te lei om van sy reg om hierdie land te regeer, afstand te doen. Volgens hom het die liberale magte eat die Kommunime dien nooit ‘n idealistiese of oortuigende doelwit van hul eie nie, maar skep die utopiese skynbeeld. Dit benodig desperaat ‘n voorwerp van haat en “rassisme” het hierdie voorwerp van haat geword..

Nico ·

Die aanvalswapen van “rassisme” kom uit die Kommunistiese arsenaal. Wat prof. HG van der Westhuizen oor kommunisme sê is nog altyd waar. Kommunisme is ‘n veelkoppige monster met ‘n sataniese anti-Christelike hart. Dit spoel oor die Afrikaner in sy vele gedaantes. “Rassisme” is een daarvan. Dit sal die Afrikaner verslind as hy nie waaksaam is nie.

agnes ·

Die woord rassisme het nou n moderne algemene woord geword. Wanneer Sal dit eindig? NOOIT NIE,
Hulle geniet dit om vir alles rassisme die skuld te gee, dis soos n wapen. As jy nie met iets of iemand saam stem nie dan is dit rassisties. Sies man. Pleks hulle iets positiefs bydra vir ons land, skuil hulle agter hul stopwoord “RASSISME”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.