DA sien rooi oor Gwede se afjak vir groen krag  

Minister Gwede Mantashe (Foto: GCIS)

Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, word daarvan beskuldig dat hy Suid-Afrika se oorgang na skoner energiebronne belemmer.

Dit kom nadat hy glo geweier het om ʼn geleentheid verlede week by te woon wat pres. Cyril Ramaphosa met Europese leiers gehou het vir die ondertekening van ʼn memorandum van verstandhouding rakende groenkrag.

Sunday Times het berig Mantashe het nie die $1 miljard-ooreenkoms met Nederland en Denemarke onderteken nie omdat dit glo sonder sy insette opgestel is. Die ooreenkoms is uiteindelik deur ander regeringsleiers onderteken.

Suid-Afrika word deur ʼn kragkrisis in die gesig gestaar met daaglikse beurtkrag en verwarring oor hoe om die krisis te hanteer te midde van oproepe vir ʼn oorgang na skoner energie.

Die debat rakende die oorgang word gekenmerk deur binnegevegte in die regering, wat ʼn lang geskiedenis van ondersteuning het van vakbonde wat mynwerkers verteenwoordig.

Die DA het gesê dit is “onaanvaarbaar” dat Mantashe nie die ooreenkoms onderteken het nie en het versoek dat die minister uit sy amp onthef word.

“Ons kan dit nie bekostig om ʼn weerbarstige en ideologies gekompromitteerde minister aan die stuur van die energieportefeulje te hê nie,” het Kevin Mileham, DA-LP en woordvoerder oor minerale bronne en energie, gesê.

“Dit het baie duidelik geword dat Mantashe se optrede en ideologieë die broodnodige energieoorgang in ons land belemmer. Dit is verder ontnugterend om Mantashe se openlike steun te aanskou vir die steenkool-drukgroep en sy fokus op die herstel van Eskom se vloot steenkoolkragstasies, met verontagsaming van die dringende behoefte om oor te skakel na skoner en meer volhoubare energiebronne. Sy persoonlike belange en ideologiese vooroordele belemmer die vooruitgang van ons energiesektor en belemmer die nodige stappe na ʼn groener toekoms.”

Ten spyte daarvan dat Mantashe genooi is, het hy nie die ondertekening van die ooreenkoms bygewoon nie en gekies om ʼn energieberaad by te woon wat deur ʼn vakbondfederasie aangebied is.

Nathi Shabangu, Mantashe se woordvoerder, het aan AFP gesê die minister se afwesigheid dui nie op sy meningsverskil met die ooreenkoms nie. Volgens Shabangu het Mantashe die ooreenkoms nie onderteken nie vir die eenvoudige rede dat “hy nie die memorandum gesien het nie en hy nie iets kon teken wat hy nie gesien het nie”.

Mantashe was in die verlede uitgesproke in sy steun vir steenkool en het verlede jaar gesê dat dit nie in die land se beste belang is om steenkool te laat vaar nie, met verwysing na ekonomiese skade en werkverliese.

Suid-Afrika het sedert 2021 reeds miljarde dollar se internasionale lenings en toelaes verseker om ʼn oorgang na groen energie te ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Nici ·

Dis reg en groen kan nie fabrieke voorsien van wat hul nodig het nie. Mantashe is reg en ek ondersteun hom. Hy moet net van korrupsie ontslae raak.

Koos 100 ·

Nici. Iewers moet daar begin word. Die tegnologie is in sy baba skoene en moet ontwikkel. Die eerste kar het net 1 perdekrag kon lewer, vandag is 300 perdekrag bykans normaal. 300% verbetering in 100 jaar. Selfde kan met groen krag gebeur.

JvR ·

Ten koste van die hele ekonomie? Vooruit dink is nie n sterk punt nie ne?

Althes ·

As jy die bekroonde David Attenborough se Ons Planeet op Netflix kyk, sal jy besef groen energie en die herbou van woude is al wat hierdie planeet kan red oor die volgende dekades.
Die wêreld kan groen energie skep. Soos bv sonplase in Soedan wat vir gedeeltes van Europa elektrisiteit kan voorsien.
Steenkool vergiftig die aarde.

JvR ·

Gaan kyk na die boom buite jou huis wat so mooi groei. Weet jy hoeveel voeltjies se dood het hom so mooi gevoed. Solank as wat daar dood is, is die aarde ok. Want dit is sy kos.

Mo ·

Ou David het ook gesê daar is te veel mense op die planeet en ons moet ophou vleis eet. Dit terwyl hy die hele wereld rond vlieg in sy private straler en helikopters.

Riaan ·

Hierdie planeet is meer as 3 Biljoen jaar oud en is deur menige geologiese veranderinge. Die mens bestaan maar minder as 200,000 jaar.
Indien elke mens op aarde sterf sal die planeet nog bestaan vir ‘n verdere 500 Biljoen jaar tot die Son uiteindelik uitbrand.
Moenie die bestaan van Homo Sapiens verwar met die bestaan van die Aarde nie. Die Aarde kan bestaan sonder Homo Sapiens en vele ander lewensvorme.

Johan Tredoux ·

En hierdie is hoekom die DA nie as regwys bestempel kan word nie. Groen energie is die begin van die einde, veral in n land soos hierdie.

Gaitsigubib ·

Regso, blykbaar kan ons wel meer as een maal saamstem. On sal maar moet wag en sien hoe gaan die VSA al hul EV’s charge oor n jaar of 2. Dis reeds n boggerop. Nou wil hulle dit sowaar in die 3 de wereld ook kom probeer. Ons wag maar en kyk…..

VaalDonkie ·

Ek wil graag ‘n EV soos ‘n Tesla he. Sommer net. Maar ek weet as ek een koop, moet ek ook omtrent 4kWh se sonpanele en ‘n inverter koop om die ding gelaai te kry. Met dit behoort ek die battery elke dag so kwart te kan laai. Oftewel genoeg vir 100km per dag. Dis heel aanvaarbaar in my situasie. Ek werk van die huis af deur die dag. Dit sal wel omtrent ‘n ekstra R60 duisend kos so sal maar teen die huisverband moet leen. Dit sal darem waarde tot die huis toevoeg.

VaalDonkie ·

My kantoor hardloop op groen energie. En binnekort my ligte ook. Maar dit verg nou nie juis veel krag nie. Miskien 1kWh per dag. Dis maklik om dit van son en wind te kry. Maar die probleem is by die geyser en die swembadpomp. Om daai goed op sonkrag te laat hardloop kos meer as wat al drie my (tweedehandse) karre saam werd is.

JvR ·

Meeste normale mense het nie daardie paar honderd duisend wat benodig word nie

JvR ·

En hy is reg. Sedert alles “groen”: geword het, is daar meer siektes as ooit tevore. En raai wat. Dit gaan die aarde red. Want mense gaan dood op hope. En voed dan die aarde. Die aarde het nie n saak watse krag jy gebruik nie. Solank jy kan doodgaan en aardkos word.

Republikein in die Wes Kaap ·

Gelukkig het ons nie steenkool hier in die Suide nie.

Manie ·

Ongelukkig sit ons op ‘n tikkende kernkrag probleem op ons voorstoep.

Stofdonkie ·

Die ooreenkoms het seker nie vir hom kommisie in nie en daarom sal hy dit nie teken nie. HY teken seker maar net ooreenkomste waar hy en sy kaders ‘n geldjie kan maak.

Treurwilger ·

Mantashe sal in die toekoms reg bewys word.
Die feit dat hy nie bereid was om ‘n “ooreenkoms” te onderteken waarmee hy nie saamstem nie is tog beter as om bedrog te pleeg, soos vele ander.

Australië se ‘blackouts’ is om die draai en diesel moet reeds tot die redding kom. Krag al duurder.
Westerse lande stamp soos donkies hul koppe sonder om te leer uit bv. Duitsland se terugbeweeg na fossielbrandstof.

Robert ·

Ek lees vandag dat Engeland hulle steenkool aanlegte weer in werking wil stel.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ten minste was die papier droog en die gaste hoef nie te koes nie.

Kosie ·

Van wanneer af kan n minister vir die presedent se wat hy wil doen, is hy dan sy eie baas, het hy vergeet hy werk eintlik vir die belasting betaler, o sorry het vergeet die meerderheid het gese hulle is nou almal se baas en hoef net te doen wat hulle wil. It’s our country, we have destroyed everything.

JvR ·

Was daar ooit n referendum of die publiek wil “groen krag” he of nie?

Ronel ·

In my beskeie opinie is hier iewers weer n slang in die gras wat ons gaan kom pik en baie geld kos wat in iemand se sak gaan beland…

Althes ·

Ek hoop die welgestelde lande van COP 26 het klousules ingebring met die skenking van geld vir groen energie. Dan het Mantashe geen ander keuse om groen energie aan te koop nie. My mening is dat ‘comrade’ Mantashe moet aftree of met sy sosialistiese mislukte ideologieë verhuis na Rusland.

Manie ·

Gaan lees gerus op oor groenkrag en of dit in Europa gewerk het. Ons moet ons nie laat mislei nie, groenkrag werk net as enigste oplossing waar daar geen ander alternatief is nie. In SA is dit bloot ‘n hulpmiddel tot ‘n wankelrige netwerk. Europa het dit probeer en dit was ‘n mislukking, derhalwe stroop hulle nou ons steenkool bronne en probeer hulle eie groenkrag mislukkings aan ons verkoop met skenkings en lenings.

Jooste ·

Nou wat verwag julle van die aap. Hy wat “Minister van Energie” is was shopstewart by ERPM in Boksburg. As hy Gr 7 het is dit wonderwerk!!!!

domheks ·

As die man net wil leer om DUIDELIK te praat! Hy en vroulief floreer op steenkool!

JohanR ·

Hier in die Wes-Kaap waai die wind ons weg al vir drie weke. Dink net as ons groot skaal windkrag hier laat geskiet en dit is vry. Wind draai en arms beweeg en krag word gestoor. Gwede Mantashe sal aanhou nee se want hy en vroulief maak te lekker geld uit steenkool verkoop aan Eskom. Probeer ook om die krag boote iewers was te meer dan is nog meer geld in die sak.

Riaan ·

Suid Afrika het massiewe steenkoolreserwes. Dit sou dwaas wees om dit nie te gebruik nie. In beginsel hou ek nie daarvan om met die ANC saam te stem nie, maar in die geval in Mantashe korrek al is dit dalk vir die verkeerde redes.

Hannes ·

Groen energie belemmer sy belegging in steenkool en vervoer daarvan. Die kaders moet tronk toe vir hulle misdade teen Suid Afrikaners

Chris ·

Elke tien jaar lyk dit vir my het een pf ander persoon wat nie werk vir sy hande het nie ‘n bevlieging gekry en dink ‘n bangmaakstorie uit. Van die eerste bevliegings was die gat in die osoon. Ek dink die gat is nou weer toe. Toe kom Y2K en elke rekenaar op die planeet gaan inplof en die vliegtuie gaan uit die lug val en banke bankrot speel en wat se snert nog. Toe kom die kiem. Elke mens moet smoelkappies dra, meters van mekaar af staan en geen groeps byeenkomste nie. Die eknomiee van die wereld kom amper tot stilstant. Die aardverwarming is ook net so klomp snert. Iemand maak ook miljuisende dollars uit die bangmaakstorie. Die planeet waarop ons as mense leef is ‘n lewende entiteit. Het ook warmer en koue seiesoene. Wees rustig snuif aan die blomme. en van die dae gaan die Kunsmatige Intelligensie (KI) jou laat dink jy snuif aan ‘n blommetjie.

Marthinus Johannes ·

Hoe meer ander vorms van krag beskikbaar raak hoe minder is ons van Eskom afhanklik en Dan is daar minder geld beskikbaar vir die skelm kaders kan skep.

VaalDonkie ·

Ek is aan mr Mantashe se kant hier. My kind moes vir meer as ‘n jaar gereeld in koue water bad of sonder ‘n bad gaan oor De Ruyter so “groen” wou wees dat hy heeltyd gemaak het of daar probleme by Eskom was. Ek het al lankal gese dis eienaardig dat daar altyd min of meer dieselfde hoeveel kapasiteit van lyn af was. Dit was nie sommer net foute of gebrek aan steenkool nie, want dit was ALTYD dieselfde kapasiteit. Vir my part kan hulle plastieksakke en ou buitebande brand om die krag aan te hou. My kind SAL NIE hierdie winter koud kry nie.

Manie ·

Mantashe kan gerus gaan kyk hoe Singapoer van al hulle afval op ‘n omgewings vriendelike wyse ontslae raak. Hulle verbrand elke dag hulle afval en gebruik die hitte vir kragopwekking, terwyl die uitlaatgasse feitlik zero is.

Chris ·

Ons moet eerder die steenkool na China uitvoer dat hul vooruit kan gaan en plaaslik kripeer. Ek verstaan nie hoe die morele kompas werk dat jy jouself plaaslik in die voet wil skiet, en daardeur geen verskil maak aan CO2 nie omdat die brandstof (steenkool van SA) net onder ‘n kommunistiese vaandel gebrand word ter bevoordeling van ‘n buitelanse mag. Dit kan net bestempel word as “domestic economic terrorism”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.