DA vies oor ‘raskwotas vir water’

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Vidar Nordli-Mathisen/Unsplash)

Die DA het Donderdag sy misnoeë uitgespreek oor die departement van water en sanitasie se besluit om ook nou raskwotas vir watergebruik in te stel.

Dié aankondiging kom kort op die hakke van nuwe sektorale rasteikens in die werksmag wat verlede maand vir openbare kommentaar bekend gemaak is.

Die departement het verlede maand hersiene konsepregulasies oor watergebruiklisensies in die Staatskoerant vir kommentaar gepubliseer.

Die konsepregulasies vereis dat ondernemings wat vir só ʼn lisensie aansoek doen, in die toekoms aandele van tot 75% aan swart Suid-Afrikaners moet toeken vir ʼn gebruikslisensie om toegestaan te word.

Volgens die regulasies moet aansoekers wat meer as 250 000 mᶟ water gebruik of meer as ʼn vasgestelde minimum hoeveelheid water uit strome onttrek, streng raskwotas nakom om toegang tot water te kry.

“Na gelang van die grootte van waterbehoeftes sal boere of maatskappye wat nie tussen 25% en 75% van hul aandele aan swart Suid-Afrikaners toewys nie, toegang tot water geweier word,” sê John Steenhuisen, leier van die DA.

“Water is die enkele mees kritieke hulpbron wat nodig is vir lewe, vee, landbou en nywerheid.”

Steenhuisen sê hierdie konsepregulasies kan op ʼn massiewe ramp afstuur sou dit aanvaar word, veral omdat 60% van Suid-Afrika se waterbronne tans deur die landbou gebruik word om voedsel te produseer.

“Ingevolge hierdie waterkwotas sal vee van dors vrek omdat ʼn boer die ‘verkeerde’ velkleur het.

“Landerye sal ongebruik gelaat word want diegene wat dit bewerk kan nie water bekom nie.

“Honderde duisende werkers, van alle agtergronde, sal hul werk verloor namate die uitgedroogde landbou- en mynboubedrywe wegkwyn.”

Steenhuisen meen dit raak al hoe duideliker dat die regering rassediskriminasie in alle sektore van die samelewing herinstel “op ʼn skaal wat ons nie gesien het sedert 1994 nie”.

“Die party doen dit om te verdeel en beheer te handhaaf,” sê hy.

“Die ANC weet hy is op pad om sy meerderheidstem in 2024 te verloor en hy hoop om raskwotas te gebruik om rasseverdeling aan te blaas vir verkiesingsgewin.

“Suid-Afrikaners moenie toelaat dat hulle slaag nie. Raskwotas sal die doodskoot wees vir ʼn ekonomie wat reeds op sy knieë is.”

Die DA sê hy beplan reeds om die sogenaamde kwotas wat in die wysigingswet op diensbillikheid vervat word, in die hof te betwis. Hy is ook besig om regsadvies in te win oor die waterkwotas sodat dit eindelik ongrondwetlik verklaar kan word.

Daar is nog tyd tot 18 Julie geleentheid om op die konsepregulasies oor watergebruiklisensies kommentaar te lewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Baie welkom! Jy besef ook iets is besig om te broei.

Amelia ·

Wil ons land uit he die wat kan gaan gaan hierdie gaan n verdrukking wees soos dit seker nog nooit was nie

Pietertjie ·

Antwoord op jou vraag, Debbie: Uitroei. Dís waarmee hulle besig is. As die boere dit maar net kan insien.

Hendrik ·

Dankie DA jy is alweer op die voorpunt. Dit wil voorkom asof die V Frond in n vaste slaap van false gerustheid verkeer en totaal onbewus is van 2024 verkiesing.

Keelvol ·

Die DA is ANC Elite. Doen n bietjie huiswerk en kyk na Helen zille. Tyd dat DA ondersteuners se oë ooogaan.

AH ·

Maak jou oë oop en gaan kyk hoe dit gaan waar DA nie in bewind is nie…..

Keelvol ·

Die da Kan nie eers Johannesburg, Pretoria of Ekurhuleni behou het nie. Hulle is Pateties. Die da doen net iets wanneer dit verkiezing tyd is. Verder sit en slaap die spul.

Samuel ·

Wat gaan nie nog onder die rasbeheptheid verval nie. Miskien selfs die die samestelling van gemeentes in kerke?

Goldy ·

Die regering vat nou die pad wat die Nazis gevat het. Dit moet ten volle teengestaan word en ons verdien onafhanklikheidsonderhandelinge voor hulle tot erger dade oorgaan.

Schalk ·

Ek wens die boere kon selektief hulle produkte verkoop aan hulle eie mense. Dink die ANC hulle is God om aardse bronne vir gewin te wil verkoop aan hulle eie keuse deur ń wet van alles te maak.

Renier ·

Wat sou ons anders kon verwag van die rasistiese onderdrukkers van die ANC. Rowers,plunderaars…

anko ·

Genade. Nou word die dam onder die eend uitgeruk. In die geval moet boere hul produkte aan selektiewe mense verkoop. Dan sal gesien word wie ly honger.

Pieter ·

Baklei terug, dan moet die boere raskwotas op hulle produkte instel. 75% word uiteghou slegs vir blanke gebruik, en die oorblywende 25% , vir ander kleurigges . Verdomp, wat sal hulle nog aan dink om ons te verdruk in ons eie land?

kragaap ·

Die narre aan bewind is besig met planne wat SA oneindige skade gaan aanrig.

Lillian ·

Die beste wat ons blankes vir onsself kan doen is om hier uit te kom. Sad, but true.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Binnekort gaan godsdiensgroepe se kleur samestelling seker ook die nasionale demografie moet weërspieël! 80% van ‘n kerk se gemeentelede sal swart Afrikane moet wees! En spoedig sal alle Suid-Afrikaanse babas gebore die nasionale demografie moet weerspieël! Waar gaan hierdie Afrikaan getransformeerde Marxisme eindig?

Harley Davidson ·

Waar staan die vf+ en ander politieke partye oor hierdie diskriminasie?

Keelvol ·

Die vf+ baklei al vir jare daarteen. Die da ondersteun dit. Hulle maak nou net lawaai vir volgende jaar se verkiesing.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Moet nie verras wees indien nuwe wetgewing gaan vereis dat elke jaar se getal babas gebore, die nasionale geografiese samestelling van die bevolking sal moet reflekteer nie. Te veel wit, geel en bruin babas sa na Rusland uitgevoer moet word. Stem in die 2024 Algemene Verkiesing!

Papsak ·

Ja ek wil ook weet wat is die anc se plan met ons wit mense hoekom doen hulle dit met ons water is n ding wat ons moet he ek dink hulle is plein moedswillig stem reg stem hulle uit kom ons staan op

Papsak ·

Dankie DA julle is al party wat nog iets vir ons doen en op staan vir ons VF is so jy hoor of sien hulle nie Pieter maak bietjie jou stemmetjie ook duk vir jou land Jonh jy is n yster

Manie ·

Die regering kan nie eers rioolplase bestuur nie, hoe die duiwel gaan hulle weet hoeveel water iemand uit ‘n boorgat onttrek? Nee wat, die oukie gaan nie vlieg nie.

ES ·

Hierdie wetsontwerp kan nie slaag nie – ons reg tot water is ‘n fundamentele reg – en dit kan nie van ons weggeneem word nie. Dis absurd.

Debbie ·

Nie eers in die apartheid era het ons wit regering water of krag weerhou van swartes nie. Iemand moet iets vinnig doen en hierdie stop.

Ronél ·

Daar word al jare bespiegel dat daar ‘n “oorlog” sal uitbreek oor water….die cANCer orkestreer dit.

Jaco ·

Raskwotas vir water, regstellende aksie, BEE en totale stilswye as die EFF sê “we are not asking for the killing of white people for now”. Dis mos nou duidelik dat die ANC nie van ons wit mense hou nie. So deporteer ons dan na Europa, Amerika, Kanada en Australië. Dit kan as volg werk:
1. Dwing wit Suid-Afrikaners wat dubbele burgerskap met ander lande het, om binne 6 maande net daardie lande se burgerskap te vat en daarheen te verhuis.
2. Dwing die Suid-Afrikaanse Jode om Israel toe te gaan. Israel gee onmiddellik burgerskap vir elke Jood wat soontoe wil gaan.
3. Deporteer dan die res oor ‘n 2 jaar tydperk na Amerika, Kanada, Europa en Australië. Stempel in elkeen se paspoort groot in rooi “this passport holder is forbidden to return to South Africa”.
Eerlikwaar, ek is reeds amper 56, maar ek is ten volle bereid om met niks te begin in ‘n land waar menseregte eerbiedig word sonder velkleur vooroordele.
Ek dink my plan kan werk. Ek gaan dit aan die ANC, EFF, DA en VF-Plus voorlê.

Catherina ·

VIES????? Een v d malste dinge wat ek in jare gehoor het! No hope for this destructive government

Skappie ·

Hierdie ANC regering is besig om in alles in te meng. Stem volgende jaar reg sodat hulle die ANC kan gaan vrot . Gelukking kan niemand, ja niemand ons suurstof wat ons inasem van ons af weg vat nie. Dit is net van een, onse Liewe Heer, en dit is verniet.

JohanR ·

Soe ‘n swart boer(hoeveel van hulle is daar nou eintlik) kry water vir 90minute, en ‘n wit boer vir 30minute? @@@@@@@@@@@@@@@@@@@@ die ANC moet net in 2024 waai!

Pietertjie ·

As die boere net kan saamstaan en vir net één seisoen niks plant nie. Dit behoort die regering se oë oop te maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.