Daai brief van Dis-Chem was peperduur

(Argieffoto)

Wanneer die apteekgroep Dis-Chem se vertoning die afgelope ruk met dié van Clicks, sy grootste mededinger, vergelyk word, is dit duidelik dat die gewraakte brief – waarin ʼn moratorium op die aanstelling en bevordering van wit werkers geplaas word – die apteekgroep duur te staan gekom het.

Talle ontstoke verbruikers het ná die bekendmaking van die brief gesê dat hulle Dis-Chem vaarwel gaan toeroep. Dit lyk of hulle daad by die woord gevoeg het.

Aandeelprys

Dis-Chem se aandeelprys vir die jaar tot op datum het met sowat 11% gedaal, terwyl dié van Clicks oor die afgelope jaar met 6,1% gestyg het. Wanneer daar na die meer onlangse vertoning gekyk word – die brief het naastenby in die middel van Oktober uitgelek – vaar Clicks ook veel beter.

Dis-Chem se aandeelprys het die afgelope 90 dae met 9,92% gedaal en oor die afgelope 30 dae het die aandeelprys met 2,79% verswak.

Clicks se aandeelprys het ook oor die afgelope 90 dae teruggesak – maar net met 3,26% – en oor die laaste 30 dae het Clicks se aandeelprys met byna 5% verstewig.

Thys van Zyl, hoof van produkontwikkeling by Everest Wealth, sê indien alle faktore in ag geneem word, moes die twee maatskappye se prestasie eintlik veel nader aan mekaar gewees het. Tog verskil Dis-Chem se vertoning beduidend van dié van Clicks.

“Daar was die afgelope 30 tot 60 dae beslis ʼn breuk in die vertrouensverhouding tussen Dis-Chem en sy klante,” sê Van Zyl.

Verbruikersbesteding is hierdie tyd van die jaar gebruiklik uitstekend en kleinhandel-aandele vaar gewoonlik goed in die vierde kwartaal wanneer daar fluks voor Kersfees inkopies gedoen word, sê Van Zyl.

Daar is egter duidelike aanduidings dat alles nie wel is by Dis-Chem nie en dat klante hul geld elders spandeer. Boonop het Suid-Afrikaners lang geheues. Dit geld veral vir iets soos ʼn apteek wat op ʼn gereelde grondslag besoek word en met wie mense ʼn verhouding opbou.

“As daardie klante hulle sake skuif, skuif hulle permanent.”

Clicks is geen vreemdeling vir verbruikerswoede nie. Die EFF het in 2020 verskeie winkels geplunder na woede oor ‘n sogenaamde rassistiese advertensie. (Foto: Verskaf)

Sedert die openbaarmaking van die gewraakte brief, het die swakker prys boonop tot ʼn daling van ʼn geraamde R1,9 miljard in aandeelwaarde vir Dis-Chem gelei. Dit is ʼn enorme bedrag wat Dis-Chem boonop permanent kan kwyt wees.

Dis-Chem het aan die begin van die maand ʼn toename van 44,3% in wesensverdienste aangekondig vir die ses maande tot einde Augustus, maar die goeie resultate word hoofsaaklik toegeskryf aan die goeie prestasie van Dis-Chem se groep Baby Boom-winkels.

Dis-Chem het in 2020 na die babasegment van die mark uitgebrei toe hy Baby City in ʼn transaksie van R430 miljoen aangekoop het. Die winkels word sedertdien na die Baby Boom-handelsmerk omgeskakel. Dit is hierdie winkels wat die afgelope ruk Dis-Chem se mank wa deur die drif help trek het.

“As dit nie vir daardie winkels was nie, het die aandeelprys veel slegter gelyk,” sê Van Zyl.

Dirk Hermann (Foto: Facebook)

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het Woensdag ook gesê Dis-Chem het ʼn vertrouensbreuk met sy klante veroorsaak. “Dit is nie ʼn boikot nie, maar ʼn breuk. Hulle het die lus om hul aankope by u te doen, verloor. U het nie die ruggraat om die regering se rasseonregte te beveg nie, maar u kan u rug styf maak teen u klante wat dié onreg wil beveg.

“Ek hoop hulle straf u,” het Hermann in ʼn ope brief aan Ivan Saltzman, uitvoerende hoof van Dis-Chem, geskryf.

Van Zyl sê die afgelope paar weke se syfers is opnuut ʼn bewys van die koopkrag wat by bepaalde verbruikers berus en die gebeure moet as ʼn waarskuwing vir ander maatskappye dien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

73 Kommentare

Gerhard ·

Jip, ander wat ook hierdie pad wil gaan……..try ons….ons het die mag nie julle of die regering nie.
Ek is trots…

Kobus ·

Wonder net wie hulle werk agv die boikot gaan verloor. Glo my, dit kom. Wie is die direkteure van Clicks? Ek dink 60% is anderskleurig.

Nettie ·

Hulle moet nou weer aansoek doen by die Apteke wat weer ‘n toeloop van mense gekry het, soos die Arrie Nel apteke en ander kleiner onafhanklike plekkies.

Anel ·

Het die mense vergeet van die Clicks saga? Ek koop ook nie meer by hulle nie.

Aggie ·

Ek geniet wonderlike diens van Clicks in Graanendal, Durbanville. En boonop is die ras min of meer 50/50. Ek sal nooit my voet in dischem sit nie(ek spel dit moedswillig met klein letter) Verslaggeefster Christel, volg dit asb vir ons op!

Nie Verbaas ·

Dit kom voor asof Dischem meer verloor het as wat n boete sou gewees het as hulle nie aan die korrupte ANC se vereistes voldoen het nie. Kry vir julle.

Antie Sarie ·

Nou weet al die nuwe mammas dat Baby boom ook deel is van die groep. Versprei die nuus wyd en syd

Johan ·

Daar is geen wit werkers oor by ENIGE kettingwinkels nie, dus moet die boikot vir alle kettingwinkels geld.

Antie Sarie ·

Dit is n veralgemening. Ek weet van drie supermarkte wat ten volle “ons kerl” bestuur het.

Delia ·

Wit werkers by Spar Atlasville, baie by Delfornos, 3 jong mans by ACDC elektriese winkel (een van die Takke). Hou op met vals propaganda

Jannie van Niekerk ·

Ek koop net by SPAR. Hulle het heelwat wit werkers en hulle vleis, groente en bakkery produkte is altyd vars. Die winkelgange gange is groot en mens voel te alle thye veilig.

Sandra ·

Partymaal moet mens 2 maal dink voor jy iets se of uitstuur

Dr Pieter ·

Ek verheug my nie daarin nie, maar hoop dit skud hulle wakker.

Daar is ook ‘n gees van groot arrogansie by Dischem. Enkele maande gelede was daar ‘n insident waarvoor ek die bestuurder laat roep het en hom daarop gewys het dat hulle die Verbruikerswet oortree. Sy antwoord? “Dis op Pick&Pay van toepassing nie op ons nie.” Grootmeneer voor sy personeel, eerder as hom hulle te leer van kliëntediens en nakoming van die wet.

Briewe na hulle hoofkantoor is onbeantwoord.

Nie Verbaas ·

BEE se definisie van klientediens is “vat dit of los dit”

Jannie van Niekerk ·

Ja maar die mense se geheue is kort. Baie van die wat SPUR geboiko[ het eet alweer daar.

Theuns ·

Sommigevterug na Spur. Res na Dros. Permanent. Syders sal interessant wees

jou gewete ·

Ek hoop net die belastingbetalers neem kennis van wat gebeur het hier en gebruik die mag wat ons het teen die wortel van alle kwaad in die land. die korrupte anc

Fritz ·

Moet nooit die mag van die verbruiker / Afrikaner onderskat nie!

Skittles ·

Alle maatskappye in Suid Afrika moet aan die BEE wetgewing voldoen. Party maak die fout soos Dis-chem, om dit so prontuit vir hulle werknemers uit te spel. Weet jy wat jou maatskappy waarvoor jy werk se beleid is? Hoeveel witmense is in jou werkgewer se top bestuur? Hoeveel witmense is in die afgelope 2 jaar bevorder? Ek kan jou wed baie maatskappye volg die beleid, maar publiseer dit net nie.

Amelia ·

Ondersteun klein handelaars. BEE geld nie wanneer ‘n maatskappy minder as 50 werknemers het nie, en met die nuwe wetgewing maak omset ook nie meer saak nie.

Nie Verbaas ·

Ja hulle doen en dit is presies hoekom die ekonomie oor die afgrond tuimel.

Martin ·

Di een wat weg gekom is discovery ons ht ni vrgeet mooi so mense hou vol

Nie Verbaas ·

Discovery het nie heeltemal weggekom nie. Net in my vriendekring heelwat weg by hulle.

Atta ·

Ek gaan nou ʼn klip in die bos gooi…
Dischem het ʼn probleem want hulle moet die verhouding swart/wit werknemers in lyn met hulle BEE doelwitte kry en stuur aan al die takke ʼn brief waarin hulle hul plan uiteensit. Die brief lek uit en die publiek begin om Dischem te boikot. Dischem se omset val en hulle aandeleprys doen dieselfde. Skielik sit Dischem met ʼn tweede probleem want hulle moet steeds werknemers se salarisse betaal, maar hulle omset en winste is drasties minder. So, wat gaan hulle nou doen?

Eerste plek waar uitgawes besnoei word is om van oortollige werknemers ontslae te raak. En watter werknemers sal dit wees? Die blankes, natuurlik! En voila! Albei probleme opgelos! En dan, as die omset ʼn jaar of twee later weer begin optel, dan stel hulle slegs swartes aan. So, wie word uiteindelik benadeel? Ongelukkig die blanke werknemers vir wie se regte daar opgekom is deur Dischem te boikot. En moet nie dink Clicks sal hulle opraap nie.

Antie Sarie ·

As ek dom genoeg was om vir Dischem te werk, sou ek my CV reggekry het. Maar sedert hulle oopgemaak het, het ek n renons in hulle gehad. Ek het nie nodig gehad om my boycot met hierdie debakel te begin nie.

Nici ·

Wel soos ek in my brief aan Maroela media gese het ‘n paar weke terug. Die apteker by Welgemoed Clicks in die Kaap het vir ‘n klient gese dat Clicks al lankal Dischem se beleid het en dat die klient moet basies aanvaar dat witmense in ‘n swart land woon.

Republikein in die Wes Kaap ·

Hierdie mengelmoesland word met pleisters aanmekaar gehou.

Tewis ·

Ek het ook net gevoel as hulle dan so oor wit werkers voel moet hulle dalk hul besigheid na prekke waar hulle nader aan die is waar voor hulle staan is.

Andrè ·

Met ondersteuners soos jy sal hulle seker,maar julle is in die minderheid

Anton ·

As wit werknemers nie goed is nie, is wit mense ge geld ook nie.
Hoe lekker kry ek nou.

Sonblom ·

Die blankes word nou verdruk, maar ou maat. Kyk wat se uitwerking die minderheid nog kan hê.

Dawid ·

Ek koop ook nie meer by Dischem, of Clicks nie. Ek wil sommer ook my loyalty cards kanselleer, siende ek geen lojaliteit meer teenoor hulle het nie. Hoe gemaak on dit te doen?

AH ·

As jy nie by die plekke loop nie sterf die loyalty card n stlle dood………

Antie Sarie ·

Loop na hulle kliente diens. Vra of jy n sker kan leen. Sny dit daar op en vra mooi of hulle dit sal weggooi.

Jacques ·

Duidelik besef hulle nou hoe kragtig ons geld is. Die ander moet baie versigtig wees.

Keelvol ·

So, toe hardloop party na Clicks wat dieselfde beleid as Dis-Chem.. Really defeating the purpose.

Bart-Man ·

Dischem julle hoef nie eers julle kersfees boekies te print nie. Spaar daai geldjies, Ons voel n veer vir julle. Feb gaan ons lees hoe julle n omkeer plan bekend stel en van honderde werkers ontslae raak.

Fran ·

Sien nou wat gebeur as jy jou agter hierdie korrupte regering skaar!

JN ·

Als goed en wel en dit is regtig noodsaaklik vir die blankes van Suid Afrika om n standpunt in te neem teenoor rassistiese diskriminasie maar val Clicks nie maar ok al te lekker op die ” positiewe diskriminasie” anti wit veldtog nie? Hoeveel blankes werk tans vir die Clicks groep en wat is hul standpunt teenoor wit indiensneming?
Miskien mis ek iets? Of is dit maar volstruis met kop in die sand geval? Sien en hoor en weet niks so al kop in die sand maar doen niks als is die gevaar so te se op hom…..

madels ·

Hulle het gedink hul sal hiermee wegkom, toe sien hul hul agterstewe

CHRIS ·

En soos met Spur sal dit net n paar mnd hou dan vergeet almal en gaan maar weer terug . Ons kan ma net nie saam staan nie

Republikein in die Wes Kaap ·

Die Dischem ding sal oorwaai en dan koop ons weer daar.

Lindi ·

Ek sal ook nie Clicks ondersteun nie. Hulle het “gevou” onder druk van die EFF

Jacques Dawie ·

Net n vraag. As die CEo van enige ander maatskappy 10% van sy waarde uitwis deur rasistiese stellings, word hul nie deur hul beleggers verantwoordelik gehou nie? Want in my ervaring moet die CEO uit as hul swak besluite neem. Hoekom word ander CEO’s in dieselfde situasie dan die trekpas gegee?

Magda ·

Baie boikot Dischem maar gaan na Clicks wat na die brief kommentaar gelewer het dat Dischem dom was om dit reguit te stel. Hulle dit stil stil gedoen . So boikot Clicks ook. Nou het hulle aandele gestyg.

Eclectus ·

Eerstens wil ek in die openbaar erken dat ek verkeerd was om te dink dat die koopkrag nie meer by wittes lê nie. Ek dink daar is egter meer as net die brief. Diens by Dis-chem is oor die algemeen swak en ek was al deur ‘n blanke werknemer beledig oor my gewig. Hulle het my ook eenkeer R300 te veel laat betaal en het toe geweier om my geld terug te gee en daarop aangedring dat ek ‘n koopbewys neem. Dit was in die dae voor die verbruikerswet. So ek is van mening dat baie mense reeds keelvol was en dat die brief die vuurhoutjie in die hooimied was.

Lourens ·

Moet nooit vergeet nie dat Clicks die EFF om verskoning gevra het vir daardie advertensie .

Wendy ·

Ek is ook bly dat mense woord by daad hou, sal uit beginsel ook ni weer daar koop ni

CHRISTINE ·

Nou betaal Dischem alleen vir wat alle maatskappye volgens die rassistiese BBBEEE wet, moet doen.

Aanhouer ·

En asgevolg van hierdie boikot, gaan Dischem se werksmag ook tot niet gaan en dit sluit al die huidige wit werknemers ook, in!
So, wil graag weet van Solidariteit: Wat is die werknemersbeleid rakende witmense, van al die ander winkelgroepe in ons land?
Nie maar presies dieselfde nie??

david ·

Clicks doen dit al jare en hulle is ‘ sogenoemde swart bemagte’ maatskappy. Ons is te gewoond om ons eie te slaan as die moeilike teikens!

Jessica ·

Ek spaar nou baie vandat ek Dischem vermy. Ons geld is mos niks werd nie . Ek hoop Dischem leer hieruit, nie dat ek hulle ooit weer sal ondersteun nie. Kry maar vir julle , DISCHEM!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.