Dakar: Giniel span die kroon tydens 9de skof

Die Suid-Afrikaner Giniel De Villiers van Toyota Gazoo Racing by die begin van die vierde skof by die 2022 Dakar-wedren (5 Januarie 2022) (Foto verskaf deur Red Bull Content Pool)

Die Suid-Afrikaner Giniel de Villiers het Dinsdag die negende skof van die 2022 Dakar-wedren gewen.

“Die werktuigkundiges het gisteraand baie hard gewerk ná ons die afgelope paar dae probleme ondervind het,” het Giniel ná die oorwinning gesê. “Die voertuig het vandag ongelooflik presteer. Ons het sowat 50 km voor die einde ʼn stadige lekkasie op die linker-voorwiel gehad, maar die band het gehou.”

Giniel het bygevoeg hy is baie bly vir die span en het die werktuigkundiges spesiaal bedank vir hul insette.

Dit is De Villiers (49) se 18de skof-oorwinning by die Dakar. Hy het bygevoeg dit is ʼn raaisel hoe hy en sy voertuig gewoonlik al hoe beter word soos wat die wedren vorder.

Nasser al-Attiyah beweeg al hoe nader om sy vierde titel in te palm van die Dakar-wedren. Die 51-jarige Al-Attiyah van Katar moes die afgelope paar dae toekyk hoe Sebastien Loeb al hoe nader aan sy voorsprong kruip.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Surfer ·

Ditto!! Kry vir “Voin” jammer hierbo, shame, moet n vervelige lewe ly.

SlinkseKoljander ·

Het hy dalk weer oor enige motorfiets manne gery?
Bietjie respek vir hom verloor nadat ek die video gekyk het, hy moes te minste kyk of die man ok was.
Ja, dit is n wedren teen tyd maar as jy bo oor iemand ry stop jy, klaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.