Daling in werkloosheid ‘niks om te vier’

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Die Suid-Afrikaanse regering was Dinsdag gou om die daling van 0,3% in die werkloosheidskoers tydens die tweede kwartaal te verwelkom, maar kenners sê dié daling is niks om oor bly te raak nie.

Volgens statistieke wat Dinsdag deur Statistieke Suid-Afrika (StatsSA) bekend gemaak is, het die algemene werkloosheidskoers van 32,9% in die eerste kwartaal tot 32,6% in die tweede kwartaal gedaal. Altesaam 154 000 meer mense is in die tweede kwartaal in diens geneem.

David Ansara, uitvoerende hoof van die Free Market Foundation, sê egter daar is geen werklike rede om dié verandering in syfers te vier nie, aangesien veels te veel Suid-Afrikaners steeds nie ekonomies aktief is nie.

“Miljoene mense bly steeds uit die arbeidsmark uitgesluit. In werklikheid is daar min verandering aan die status quo.”

The Transformation Alliance het ook Dinsdag gesê die effense daling in werkloosheid is eenvoudig nie goed genoeg nie en sê die regering moet meer doen om die ekonomie te stimuleer sodat sakeondernemings kan floreer en werk skep.

Volgens Ansara is daar twee redes vir Suid-Afrika se voortslepende werkloosheidskrisis. “Die eerste is die regering se oorregulering van die arbeidsmark en werkgewers word ontmoedig om nuwe mense in diens te neem, deels omdat vakbonde soveel mag het.

“Die tweede oorsaak is die gebrek aan ekonomiese groei en mededingendheid. Werksgeleenthede is die neweproduk van ekonomiese aktiwiteit. Indien Suid-Afrika meer werksgeleenthede wil skep, moet die regering dit die moeite werd maak vir beleggers om broodnodige kapitaal die mark in te stoot en dit makliker maak om sake in Suid-Afrika te doen.”

Hiervoor, sê Ansara, is dit nodig vir die regering om afstand te doen van skadelike beleide soos onteiening sonder vergoeding en die Nasionale Gesondheidsversekering.

Die DA meen ook daar is min hoop vir die derduisende werklose inwoners van die Oos-Kaap. Danksy 23 000 nuwe werksgeleenthede wat geskep is, het dié provinsie ʼn daling in die werkloosheidskoers getoon, van 40% in die eerste kwartaal tot 39,7% in die tweede kwartaal. Die uitgebreide werkloosheidskoers vir plattelandse gebiede in die provinsie staan egter op 49,3%. Elke tweede persoon in die Oos-Kaap is dus werkloos.

“Hoewel die DA die afname in werkloosheid verwelkom, bied dit skrale troos vir die derduisende Oos-Kapenaars wat nié werk kan kry nie en in armoede en hongersnood gedompel is,” sê Yusuf Cassim, die DA se woordvoerder vir finansies in die Oos-Kaap.

Hy sê veral klein dorpies in die Oos-Kaap ly onder infrastruktuur wat verval en swak dienslewering. “Eerder as om hierdie uitdagings te pak, maak die regering dit nóg moeiliker vir ondernemings om werk te skep, deur onder meer die instelling van raskwotas, wat dit amper onmoontlik sal maak vir ondernemings om wit en Indiërwerkers in diens te neem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Ronél ·

Die mandjieprys van Platinum vertoon baie swak…….gaan beslis ‘n negatiewe effek op werknemers hê- Section 189(3)

Joggie ·

Wat van die derduisende van ons wat land moes verlaat om in ander lande werk te kry? Die prentjie is nog donkerder as wat aangedui word.

annie ·

Moenie worry nie. Die werkloses gaan ook na die WesKaap trek na die nuwe republiek waarheen almal gaan trek met hul waens vir die klopdisselboom effek… onder president John.

Republikein in die Wes Kaap ·

Jy is ook welkom. John is van KZN en sal daar werk ‘n republiek

ES ·

Dis definitief niks om te vier nie – dis nie 0.3% nie, dis 0.26% – intussen word daar omtrent 7 kinders verwek vir elke persoon wat in diens geneem is. Dis eintlik negatiewe groei.

HPJ ·

Vertrou die DA (ANC LIGHT)en hulle spreekbuise in die persom enige bietjie goeie nuus af te breek Shame geen wonder dat MP wat uit die DA loop se dat Ziller is net bekommerd om die DA se 20% te behou

Karen ·

Ek glo nie die syfers is korrek nie, hoeveel besighede en fabrieke moes al toegemaak a.g.v. beurtkrag.

Cherokee ·

Karen, dit is skrikwekkend. Ek wens ons blankes kon een Saterdagoggend om 8vm ontmoet by die lughawe, en die eens mooie land los in agtergeblewendheid.

Sê maar net ·

Ja die “kamtige daling” storie is maar nog ‘n verkiesings- foefie. Al die praatjies van CR en kie, draai nou om ” die “goeie vordering” wat daar kamtig gemaak is op ” alle gebiede”. Wat ‘n sirkus…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.