Delta-variant nou in SA

Mmamoloko Kubayi-Ngubane (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Die sogenaamde Delta-variant, wat aanvanklik in Indië opgemerk is, het nou ook in Suid-Afrika kop uitgesteek en oorheers tans die land se Covid-19-infeksies.

Dié nuus is Saterdag deur Mmamoloko Kubayi-Ngubane, waarnemende minister van gesondheid, en ’n span kenners aangekondig.

Die Delta-variant is in dié stadium in 85 lande aangeteken en is die aansteeklikste van al die bestaande variante. Dit sluit in die Beta-variant van die koronavirus wat vroeër op tuisbodem opgemerk is.

Volgens dr. Richard Lessells van die KwaZulu-Natal Research Innovation and Sequencing Platform (Krisp) is die Delta-variant tussen 30% tot 60 % meer aansteeklik as die Beta-variant en twee keer meer aansteeklik as die koronavirusinfeksie wat in Desember 2019 in Wuhan, China, uitgebreek het.

Prof. Tulio de Oliveira van Krisp sê die Delta-variant versprei baie vinnig van persoon tot persoon en oorheers infeksies in lande waar dit kop uitgesteek het.

Dit lyk in dié stadium of die Delta-variant ’n hoër kans vir herinfeksie inhou en dat simptome soos hoofpyn, seerkeel, loopneus en nies met die variant gepaardgaan hoewel die kenners erken het dat meer data hieroor benodig word.

Dit is ook nie in dié stadium seker of die Delta-variant ernstiger siektetoestande of ʼn groter sterfterisiko tot gevolg het nie. Dit is wel bemoedigend dat die entstof teen Covid-19 wel ten spyte van die Delta-variant steeds beskerming teen hospitalisasie en ernstige siekte bied.

Dít mits ’n pasiënt ten volle ingeënt is.

Prof. Koleka Mlisana, medevoorsitter in die ministeriële raadgewende komitee, sê die hoë aantal infeksies in Gauteng is in die lig van die Delta-variant dus nie verbasend nie. Sy waarsku dat die variant waarskynlik meer druk op die land se gesondheidstelsel beteken en dat strenger maatreëls benodig gaan word, veral wat byeenkomste betref.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Petrus Albertus ·

Natuurlik is dit nie verbasend nie gegegwe RSA se poreuse grense…

Johan D ·

Ek dink dit is hoogtyd dat ander middels, met belowende resultate, ook op ʼn proefgrondslag gebruik word in behandeling van C-19 gesien in die lig daarvan dat ons inentings teen ʼn slakkepas plaasvind!

Thom ·

” Ons ” weet niks ___ waar Ivermektien werk sal Paracetomol ook werk .

Ilze ·

Ek is van mening dis na die ” vaccines” wat die DELTA variante nou kop uitsteek. En nou probeer hul meer mense “jaag in rigting van vaccines”.

Ilze ·

Hi nee. BesLis NIE op sosiale medie en you tube videos gebaseer nie. En ek wil nie redeneer daaroor nie-mos net gese dis my mening.

MakersMark ·

Verstaan dis haar mening, my mening is dis snert. Wat die stelling sê is variant delta word deur inentings veroorsaak ? Klink soos iets wat in Kooperasiestories gesê kon word.

Ilze ·

Ons glo mos maar elkeen soos ons wil en soos ons dink dit is.

SirDikDeDunnerin ·

Nee, dit het nou eers ge-arriveer.
Die virus is lewendig en muteer gereeld. Net soos ons is hy in stryd om oorlewing. Ons sal eersdaags met nuwe variante, moontlik met lug-oordraagbare mutasies gekonfronteer word.

Ilze ·

Die 1ste Delta geval was alreeds in Oktober 2020 in India gevind.

Ilze ·

Na ander leestukke se delta variant het in April/Mei in India erg begin versprei ja.

Sarel ·

Wat kwalifiseer die vorige Mimister van TOERISME om
nou Wnd. Minister van Gesondheid te wees. Wat is haar
Mediese Agtergrond

Mariana ·

Wil ek ook weet. Die meeste “ministers” is in poste waarvan hulle minder as niks weet en nou is ons uitgelewer aan hulle “kennis”. Nee dankie.

SwartBees ·

Hoe dan nou anders….die variant het al die pad van Indie getoer na SA. Die minister van Toerisme het hom met ope arms verwelkom.

SjN ·

Sy ken darem n paar inheemse Medici wat sy op haar toere raak gekuier het en wat haar van informasie voorsien.

JohanR ·

Sy het eens op ‘n tyd ‘n pleister op ‘n skraap gesit, en toe sy jonk was het sy daaraan gedink om opgelei te word vir ‘n verpleegster! Mkhize was darem ‘n “fully trained and qualified doctor.”

Leon ·

Die Delta variant is dus al maande hier maar ons word nou in die middel van ‘n derde golf eers ingelig wat aangaan. As ‘n pandemie nie land kan wakker skrik nie sal niks. Mense lewens beteken net absoluut niks vir ons regering.

Mariana ·

Die regering steek meer weg oor hierdie virus as wat ons besef.

SwartBees ·

Ek is nie eers n geleerde nie, inteendeel, ek is so dom soos grond….vra maar my vrou. Die dag toe ek hoor n ou van Indie met DIE variant is binne ons grense toe sê ek hier is die begin van die 3de golf. Kyk nou net die chaos. En dit was hoe lank terug?

Persheks Adri ·

Ja, want hulle mag mos en dink nie hoe hulle die mense om hulle siek maak nie! Geen respek vir hul medemens nie

Anton ·

Gister wou polisie jongmense wat aandklokreels oortree het arristeer. {wat reg is} EFF oortree die reëls blatant en polisie jaag hulle nie uitmekaar soos wetgewing voorskryf??

Retha ·

Polisie gee hul eskort begeleiding, vooruit en agter hul aan met toe oë, want hul sien nie eers hoe baie hul is en hoe baie sonder maskers

KB ·

Daai advieskomitee bespiegel vreeslik. Daar is min feitelike inligting wat gebruik word vir hul afleidings.
Hoe kan mens daarop pyl trek?

Anel ·

Nou gaan daar seker gesê word die wat al geent is moet nuwe ent kry want dit werk nie vir die Delta. Oormôre ontdek hulle variant Foxtrot, Golf, Hotel en dat moet almal weer teen dit geent word. Ons moet tog net nie agterbly nie. Al die variante moet hier ook wees. Ag, asseblief tog. Wens hulle wil nou ophou om mense paranoïes te maak en van die mense proefkonyne te maak. Menslike proefkonyne word betaal! Hier word daar van die mense verwag om te betaal om proefkonyn te wees. Hou maar verby!

Ilze ·

Hul het mos reeds gese dat mense wat gevaccinate word-jaarliks gevaccinate sal moet word.

Johan ·

100% Korrek Ilze, “Dr.” Coetzee get dit op radio gesê..Toe gaan sy verder en sê “mense gaan maar elke nou en dan hul “tellings” moet toets en as hul immuun laag is weer vir n inspuitinggaan”..Ek nogal gedink, sy gee nou lekker haar strategie weg.

Retha ·

Cyril mos gisteraand gesê die jab vrywaar jou nie van covid nie

Die Boerepompie ·

Ek wonder as hulle nou toets hoe weet hulle watter verens is dit of word daar geraai

Johan ·

Jy toets net positief, toets maar weer, gewoonlik so op die 3de of 4de een is jy negatief en kan jy gaan werk.

Ronel ·

Met die klem op ten volle ingeënt. In hierdie landnis daar 2 kanse dat dit al aan die gebeur is. Miskien as hulle die inentings oopmaak vir meer mense sal dit vinniger gebeur. Maar ek hou nie my asem op nie

Retha ·

Ook vinniger meer sterfgevalle agv die Spike Protiëne in jou gestel

Coolbanana ·

Dis tyd dat die Sjinese verantwoordbaar gehou word…!

annie ·

Is rassisme nie by hospitale aktief tov opnames nie? Hoeveel stories oor ernstige siek witmense wat weggewys word en rond moet skarrel om behandeling te probeer kry nie. Pasiènte wat beter word, regopsit en gesels kan dalk ontslaan word sodat siekes, van enige ras, dringende hulp ontvang. Toneelspel hoort in ander tipe teaters, nie daar waar oscars aan diegene agter die skerms toegeken behoort te word nie.

Anton ·

Die Delta variant van Indië is hier! Wat het regering verwag. Hulle het van die Indiese variant geweet maar grense tussen RSA en Indië oopgehou?????

Jr ·

Eish I am so shocked to hear the variant is in SA. No one told me. Yeees I will appoint a commision to find out why. Eish hybo

Marius Gerhardus ·

Hi my Minister. Wil net se…. Dink U nie dis nou n paar dae te laat om skielik te begin warrie nie? Vra ook maar net.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.