Denel dok op vir premierskind se vlieglesse

Die vakbond Solidariteit het oor die naweek onthul dat die staatsbeheerde maatskappy, Denel, in 2017 R1,1 miljoen aan ʼn beurs vir die premier van Noordwes, Supra Mahumapelo, se seun bestee het.

Hierdie beurs is aangewend om vir Supra Oarabile Mahumapelo se private vlieglesse te betaal. Hierdie onthulling volg slegs ʼn paar dae nadat die vakbond aangekondig het dat hy gaan poog om die swak bestuurde nasionale lugredery, die SAL, onder besigheidsredding te laat plaas.

Denel, wat aan die einde van verlede jaar finansieel in die knyp was en moes spook om salarisse aan sy werknemers te betaal, het ʼn kontrak met Mahumapelo jr. gesluit waarin die entiteit homself daartoe verbind het om vir Mahumapelo jr. se vlieglesse, verblyf, kos en wasgoed te betaal.

Volgens Deon Reyneke, Solidariteit se adjunkhoofsekretaris vir verdediging en lugvaart, is hierdie ooreenkoms omstrede weens die feit dat Denel se beursprogram in die verlede slegs vir studies in IT, ingenieurswese, finansies en sakebestuur gegeld het.

“Die uitbetaling van hierdie beurs is maar net nog ʼn bewys van die hoëvlakkorrupsie wat in talle van Suid-Afrika se openbare ondernemings heers waar kaders dié ondernemings as hul eie persoonlike spaarvarkie gebruik. Gerugte doen voorts geruime tyd lank reeds die ronde dat Mahumapelo sr. verbintenisse met die Gupta-familie en groter staatskaping het,” het Reyneke gesê.

Reyneke het voorts gesê dat die vakbond reeds aan die nuutaangestelde voorsitter van die Denel-raad, Monhla Hlahla, ʼn brief gestuur het waarin Solidariteit die onthullings oor die beurs aan Mahumapelo jr. blootgelê en ʼn indringende ondersoek na die omstrede beurs geëis het. Die vakbond het onder meer ook die vraag aan Hlahla gestel of daar teen Zwelakhe Ntshepe, Denel se uitvoerende hoof, wat die beurs in sy persoonlike hoedanigheid goedgekeur het, opgetree gaan word en indien wel, tot watter mate?

“Solidariteit sal nie skroom om op te tree teen alle openbare ondernemings wat belastinggeld van Suid-Afrikaanse burgers mors nie,” het Reyneke afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

34 Kommentare

jongste oudste gewildste
Eish

Hierdie adjunk Indunas se stropery ken geen perke nie. Wanneer gaan die massas armes se oë oopgaan om te sien dat die meerderheidsregering net daar is om hul sakke te vul?
Maar nou ja, solank jy n stem kan ruil vir n T-hemp of n kospakkie, sal dit voortduur. Skandalig! Alles wat hul aanraak verrot. Kankerbestuur!

Deneller

Kyk mooi, of soos hulle in Ingels se,”Merk my woorde”. Hier gaan niks van kom nie. Solank as wat kaders bly ontplooi word gaan niks verander nie. Die woorde van die podiums af gaan reg klink, maar niks gaan verander nie.

zoom zoom

Sekerlik sy deel van die guptas se weal en deal wat gebruik word as ‘n beurs. Hoe onderskryf denel die beurs as hulle kort kort moet staatshulp om lone te betaal. Hierdie ding stink.

Elvira Bothma

En so sal die gemelkery aangaan tot in ewigheid. Denel kan julle asb vir my vriendin se seun R100 000.00 gee. Dis AL wat hy nog nodig het om sy lisensie te kry. Hyt pampoene en waatlemoene en groente geplant en verkoop om vir SY lesse te betaal.

Elsabe

As ek sulke nuus lees word ek opslag van vooraf verby kwaad. Bonusse wat werknemers self voor spaar en salarisse waarvoor hulle gewerk het was in die weegskaal verlede jaar. Nou kry ‘n oenskynlik finansieele wel-af premier (glo nie hy verdien R5000 per maand nie) se seun nog ‘n R1.1 miljoen beurs en en. Die hele beheer van SA is vrot !!! Nou is daar mense wat medeburgers veroordeel omdat hulle wil immigreer om ‘n beter toekoms vir hulle kinders te probeer kry. Nee wat hulle kan my ‘n verraaier noem en ‘n lafaard en papbroek. Ek gee nie om… Lees meer »