Die Dominikaanse Republiek het Saterdag die eerste wedstryd in Rugby Amerikas-Noord (RAN) se herskikte Trofeereeks in Willemstad, Curaçao, gewen.
Lees meerAlles vir Sondag 15 April 2018
Die nommer een manier om die dag van môre te verander
“As ons waarlik die potensiële krag van ons gebede verstaan het, sou ons honderde kere per dag op ons knieë gewees het,” meen Broer Andrew, stigter van Geopende Deure.
Man sterf tydens skietery by polisiestasie
ʼn Man, wat ʼn metropolisiebeampte met ʼn mes aangeval het, is Sondag doodgeskiet by die Mfuleni-polisiestasie in Kaapstad.
Denel dok op vir premierskind se vlieglesse
Denel het homself daartoe verbind om vir die vlieglesse, verblyf, kos en wasgoed te betaal.
Zsa Zsa Gabor-boedel, insluitend pilhouertjies, onder die hamer
Byna 1 000 items van die boedel van die aktrise en sosiale vlinder Zsa Zsa Gabor het Saterdag onder die hamer gekom, sestien maande ná haar afsterwe.
10 vas wat gebou in Jhb kaap
Tien persone is in hegtenis geneem by ʼn gebou wat onwettig beset is in Belgravia, Jeppestown in Johannesburg.
SOE-ondersoek kom dalk oor Winnie-museum
Die spesiale ondersoekeenheid (SOE) het aangedui dat hy moontlik die beweerde bedrog en wanbesteding van R3 miljoen, om Winnie Madikizela-Mandela se huis in Brandfort in ʼn museum te omskep, sal ondersoek.
Limpopo-polisie onderskep voertuigdiefstalsindikaat
Die polisie in Limpopo het ʼn deurbraak gemaak om ʼn voertuigdiefstalsindikaat te stuit.
Dié toetsrugby is mos kuikenmoord
Toetsrugby in die laer Europese reekse het in die jongste ronde niks anders nie as kuikenmoord opgelewer.
Gauteng-dokters word nie vir oortyd betaal nie, sê DA
Die departement van gesondheid in Gauteng moet dringend verduidelik waarom dokters nie oortydbetaling ontvang nie en dit so vinnig as moontlik regstel, het die Demokratiese Alliansie Sondag gesê.
Video: ‘Superster’-sanger se groot plan vir sy groot vraag
Vir ʼn hele maand lank het dié Afrikaanse sanger en televisieaanbieder beplan aan ʼn verlowing so reg uit ʼn romantiese komedie. En nou kon hy die vrugte pluk van al dié harde werk: Hy is “verlief én verloof” aan sy “beste vriendin”.
Superreeks: Hier gaan ons alweer
Rassie Erasmus behoort geen probleem te hê om ʼn mededingende Springbokspan te kies nie, maar of hy hulle sal kan saamsnoer in ʼn hegte eenheid, is ʼn ander vraag.
Hier is die wenners van die Liberty-radiotoekennings
Die Liberty-radiotoekennings is Saterdagaand tydens ʼn glansryke gala by die Sandton-konvensiesentrum aangebied.
Premierligastryd gestaak ná toeskouer ineensak
ʼn Wedstryd in die Walliese Premierliga is Saterdag met rustyd gestaak, nadat ʼn toeskouer ernstig siek ineengestort het.
Formule Een: Red Bull is met mening terug
Die derde wedren in die Formule Een-kampioenskapsreeks is Sondag in China gejaag.
SA sukkel in die Statebond-sewes
Vierde plek en geen medalje nie.
Statebondspele: SA verloor stoom
Die 21ste Statebondspele het Sondag aan die Goue Kus van Australië ten einde geloop.
Dreigemente teen elektrisiteitkontrakteurs raak dienslewering
Die Stad Kaapstad het gesê hy is teleurgesteld om aan te meld dat kontrakteurs, wat in Gugulethu aan elektrisiteitsinfrastruktuur werk, weer bedreig word en deur plaaslike kontrakteurs verhoed word om hul werk te kan doen.
Gauteng-skoleregistrasie laat nie ruimte vir moedertaalonderrig nie
Volgens Steve Mabona, die departement se woordvoerder, is die oplossing dat enkelmedium Afrikaanse skole voortaan na ’n parallelmediumstelsel met Afrikaanse en Engelse klasse moet oorskakel.
Dapper lid van honde-eenheid gegroet
Polisiebeamptes van Uitenhage in die Oos-Kaap en hul kollegas by die honde-eenheid, het Saterdag hartseer afskeid geneem van een van Uitenhage se K9-helde, Lenox, ʼn 10-jarige Duitse herdershond.