Dennis East (73) oorlede

Dennis East. (Foto: Facebook)

Die sanger en musiekregisseur Dennis East is Maandag in die ouderdom van 73 dood nadat hy die naweek ʼn beroerte gehad het.

Die Suid-Afrikaanse Legendes Museum het die nuus van East se afsterwe op Facebook gedeel. “Rus in vrede, liewe Dennis. Dankie vir die musiek,” lui die inskrywing.

Mara van den Bergh, ʼn musiekagent en bekende in countrymusiek-kringe, het in ʼn roerende huldeblyk op Facebook gesê East is omstreeks 10:00 vanoggend oorlede.

“Dankie vir die wonderlike mens wat jy was. Ons opregte simpatie gaan uit aan almal betrokke. Hy was ʼn spesiale man en vriend vir soveel kunstenaars en mense was so lief vir hom,” skryf Van den Bergh.

East, wat bekend is vir liedjies soos Million Drums en Dammit I Love You, laat sy vrou, Yvette, en seun, Gregg, agter.

Hy was ʼn Suid-Afrikaanse liedjieskrywer en musiekvervaardiger wat oorspronklik van Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal afkomstig was.

Hy het sy musikale loopbaan in die sestigs afgeskop en het in die sewentigs saam met The Rising Sons opgetree. Hy het in 1979 die groep Stingray gevorm.

Benewens sy werk as liedjieskrywer het East ook albums vir talle Suid-Afrikaanse kunstenaars, asook die Britse saksofoonspeler Andrew Young vervaardig. Hy het ook deelgeneem aan televisieprogramme soos Pump Up The VolumeCoca Cola Pop Stars en Popstars 2010.

Steve Hofmeyr het Sondag op Twitter en Facebook geskryf dat dit nie goed gaan met East se gesondheid nie.

“Die slegte nuus kom in sarsies vanaand,” het Hofmeyr gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johan ·

Ai dis hartseer. Jy is reg Steve die slegte nuus kom in sarsies.

TRP ·

My hart breek sommer, ek was absoluut versot op hom. Sterkte aan al sy geliefdes en die naaste aan hom.

OW ·

‘n Ware Suid Afrikaans legende.Die groep Stingray waarvan Dennis East die hoofsanger was het verkeie treffers gehad.”Better the deville you know” was een van die grootstes gewees.Hoe kry ek nou so koue rilling langs my ruggraat af.RIV.

Wielspore ·

Dennis East was regtig ‘n man met talent, een van die locals wat nie terug gestaan het vir internasionale sangers. Million drums was vir my een van sy bestes, so sal ek hom onthou, a million drums, could make a dance.

Daleen ·

Wielspore ook my gunsteling liedjie van hom dis hoekom ek weet dis… couldn’t make HER dance. RIV Dennis.

Ansie ·

Dis nou regtig hartseer. Wonderlike stem gehad. RIV Dennis East – sal jou Million Drums altyd onthou.

Marthinus W ·

My gunsteling was “A rose has to die”. Hulle het n paar jaar gelede verhuis na die Kaap, waar hulle n koffiewinkel in Stellenbosch bedryf het, en Dennis klasse aangebied het in liedjiesskryf. Hy het juis vertel dat sy vrou aangedring het dat hulle Jhb moet los, want hy gaan hom dood werk.

Rooikoos ·

Stingray was n fenominale groep. Ek het grootgeword met hulle musiek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.