Departement sê oor skole tydens afsonderingsperiode

Argieffoto (Foto: Unsplash/Pixabay)

‘n Perskonferensie van Angie Motshekga, die minister van basiese onderwys, en dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, wat Maandag sou plaasvind, is uitgestel.

Die ministers het bevestig die perskonferensie is tot later vandeesweek uitgestel, maar het nie bekend gemaak wanneer die perskonferensie geskeduleer is nie.

Die ministers sal na verwagting tydens die perskonferensie meer inligting gee wanneer skole en universiteite weer hul deure sal oopmaak en terugvoer gee oor hul werk tydens die Covid-19-afsonderingsperiode.

Die perskonferensie sal na verwagting steeds op die regering se sosialemediakanale uitgesaai word:

*Die artikel is gewysig sedert dit oorspronklik gepubliseer is om te bevestig die perskonferensie word uitgestel. -Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Werner ·

As skole oopmaak kan alles maar oopmaak dan is ons besig om ons tyd te mors met die inperking

Kobus ·

Onbeholpe! Dit blyk dat die president en sy ministers in verskillende spanne werk.Die president maak ‘n aankondiging,dan stel hy almal gerus dat die ministers die volgende dag ‘n perskonferensie sal hou om ons in te lig van hoe die maatreels gaan werk.Dan vlieg die sosiale media info rond oor wanneer die ministers hulle sessies gaan hou net om keer op keer dit uit te stel.My afleiding is dat daar geen beplanning voor CR se rede gemaak word nie maar dat daar eerder na die tyd ‘n geskarrel is om iets met ons te deel.Dan,tydens die vrae sessie,word baie vrae tot ‘n volgende keer uitgestel.So ploeter hulle voort.

Gawie ·

Hulle kan nie die finale inligting bekend maak voordat al die terugvoer nie ontvang is nie. Sou die perskonferensie vandag plaasgevind het, sou die die inligting in elkgeval nie volledig gewees het nie. Wag eerder en wees verseker die inligting is op datum.

Rodger17 ·

Sluit skole permanent en verkoop skoolsertifikate en sit ander standerds jaarliks deur dan spaar regering geld.Standaard elk geval so laag om deur te kom jy kan net sowel almal deursit.Of beter maak die slaagsyfer 10%

Roggeveld ·

Die skole het toegemaak omrede daar 40 Covid-19 gevalle in Suid-Afrika was. Gaan die skole oopmaak met 4000 Covid-19 gevalle? Dan kan die hele land oopmaak, want oop skole op hierdie stadium van stygende infeksie, sal ‘n bespotting maak van die hele rede vir inperking! Die Departement sal ook eers moet sorg dat alle skole genoeg reinigingsmiddels en lopende water het. Dit gaan vrek duur kos en lank neem. Volgens die regering se eie beginsel van die land toemaak vir 40 siekes, sal skole nie weer voor volgende jaar kan oopmaak nie.

marthie ·

Stem hoe kan hul skole heropen. Daar is baie kinders in skool. Wie sê nie een of hele klomp kinders het corona virus nie dit gaan ni help nie. Hkm los hul maar skole toe ni. En plaas kinders volgende jaar oor na ander standard ni. Vir veiligheid v kinders en familie

Boerkind ·

C-19 is hier om te bly… dit is ‘n mediese feit. C-19 is ‘n griep virus wat omtrent almal sal / kan kry een of ander tyd. Net soos gewone griep, het duisende dit reeds gehad en herstel en net soos gewone griep, sal ‘n klein persentasie daarvan sterf. Verlede week het ‘n span mediese kundiges in die Wes Kaap ‘n media konferensie gehad en gesê C-19 is NIE dodelik soos wat ons geprogrammeer word om te glo nie…. Hierdie kundiges (op YouTube – Doctors ask for end to Hard Lockdown). Hulle siening en feite word wêreldwyd deur ander mediese kundiges gesteun, maar ook erg onderdruk vir onder andere politieke redes. As dit oor siektes gaan, glo ek mediese kundiges en nie politieke figure nie. Hoe lank wil daar nog weggekruip word – maak die skole oop, laat die lewe ‘n slag aangaan! Swede het nie ‘n “lockdown” gehad nie – hulle stats het die normale griep kurwe gevolg. Hou op om als vir soetkoek te eet wat die media sê – hulle lewe hang af van sensasie!

Mieke ·

Boer kind, Ek kan nie meer saamstem nie!! Hierdie hele Covid19 storie het ‘n baie meer sinister agenda!!!

Gawie ·

En net omdat dit op YouTube was moet dit die waaarheid wees?

Ruben ·

Stem saam jou boerkind.Die is n groot klug die.Sal verstaan as die inperking vir n dodelike virus was maar nie vir die virus.

Blomme ·

So jammer dat so belangrike sektor nie genoegsame planne in plek het.. Ek is van mening dat van al die mininsters hierdie 2 reeds by die begin vd lockdown al moes beplan het wat die stap vorentoe vd onderwys sou inhou. Hulle moes gereed gewees het met antwoorde onmiddelik na
die president se aankonding. Wat het hulle die hele tyd gedoen? Vakansie gehou terwyl die land op antwoorde wag…Hulle dan kwansuis so ‘in belang vd kind’ Maar nou laat hul studente en matrieks sonder antwoorde en in onsekerheid. Pateties.

Talitha ·

Ek dink werklik ons moet bietjie meer uitvind oor tuisonderrig. Anders mors ons Kids dalk ‘n jaar van skool. Ons het met afwagting gewag om te hoor wat met die skole gaan gebeur vandag. Ek dink net ons moet voortgaan en self planne maak met ons kinders, want om te wag tot hul uitspraak lewer…..

Jaco ·

ek ken mense wat tuisonderrig prober het. oudste seun was in ‘n gewone skool, maar hulle het die jonger een op tuisonderrig gesit, omdat daar glo te veel ‘”sonde” in die gewone skool is. Vier jaar later is die kind op tuisonderrig al amper 21 jaar oud, hy het nog nie matriek gemaak nie EN hy is 10 keer meer “sondig” as sy broer wat in die gewone skool “vol sonde” was.

Anton J ·

Maak skole oop dan kan die plek van aanbiding ook mos oop maak. Waar word die streep getrek? Skole oop maak maak kerke ook oop! So maklik soos dit!

Willem ·

Die departement het nie n se nie en nog nooit gehad nie Daai unie wat mense aanstel teen n tarief is baas. Hul was nog nooit regtig lus omte werk nie. Met n slaagsyfer van 30 % wie het onderrig nodig

Johann ·

Wel die onbevoegde en onverandwoordelike ANC kaders gaan beslis nie my kind blootstel aan infeksie as hulle die deure van die skole ondeurdagt oopgooi nie…en nog minder met n jaar wegdoen om die massas te bevredig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.