Departement se ywer met afsetting van boere ‘skokkend’

grondhervorming

(Argieffoto)

Die DA sê ʼn hele aantal boere het hom genader om hulp omdat die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling hulle glo van hul plase wil afskop.

Dít nadat die party onlangs sterk standpunt ingeneem het teen die onwettige uitsetting van Ivan Cloete, ʼn bruin Wes-Kaapse boer, wat van die plaas Colenso naby Darling in die Wes-Kaap afgesit is.

Die departement het die plaas Colenso amptelik aan Cloete toegeken, maar dieselfde stuk grond daarna aan ʼn MK-veteraan gegee. Die nuwe begunstigde het glo noue politieke bande en is reeds ʼn suksesvolle sakeman. Cloete is beveel om die plaas te ontruim.

Annette Steyn, die DA se woordvoerder oor landbou, sê die party het elkeen van die geraakte boere wat om hulp gevra het, aangeraai om nie hul plase te ontruim nie en soos voorheen met hul boerderybedrywighede voort te gaan.

Sy sê minister Thoko Didiza skuld die boere antwoorde op verskeie vrae. Steyn sê Didiza moet verduidelik waarom sy versuim het om ʼn moratorium op die uitsettings te plaas hangende ʼn ondersoek na die redes waarom die afsettings in die eerste plek gedoen word.

Didiza moet ook verduidelik waarom afsettingsbevele gemaak is teen produktiewe boere waar geen alternatiewe hervestiging beskikbaar is nie, asook hoekom plase wat reeds gebruik word aan nuwe grondaansoekers toegeken word, pleks van staatsgrond wat ongebruik lê.

“Didiza kan nie langer anderpad kyk terwyl afvallige amptenare in haar departement landwyd chaos veroorsaak met skandelike afsettingsbevele nie.

“Dit is hoog tyd dat sy ʼn einde maak aan die chaos en boere beskerm teen ʼn plunderende bende amptenare wat hul magte oorskry. Die DA vra vir ʼn onmiddellike moratorium op plaasuitsettings.”

Steyn sê die probleem met boere wat onbillik geteiken word, is so wydverspreid dat sy vroeër vandeesmaand tydens ʼn oorsigbesoek aan Kokstad vier boere ontmoet het wat in verskillende fases is om van hul grond afgesit te word.

“Vir ʼn departement wat die plig het om die groei van die landbousektor en die volhoubaarheid van werksgeleenthede te verseker, is die ywer waarmee hy bereid is om produktiewe plase te verwoes, skokkend.”

Sy sê in Mpumalanga hang die swaard van afsetting steeds oor ʼn groep suksesvolle swart opkomende boere se koppe, selfs nadat hulle voorleggings aan die minister gedoen het.

“Die DA werk saam met hierdie boere en ons het bewyse van die genadelose toutrekkery waaraan hulle deur korrupte amptenare onderwerp word.”

Steyn sê Vuyani Zigana, ʼn boer van Kokstad wat van die Nooitgedact-plaas afgeskop is, se situasie is reeds in Junie verlede jaar onder die minister se aandag gebring. Didiza het daarna opdrag gegee dat ʼn ondersoek na die afsetting gedoen word.

“Ten spyte van die uitkoms van die departement se verslag wat amptenare van die departement by Zigana se onregverdige behandeling betrek, word hy steeds geteister,” sê Steyn.

“Die aanbevelings in die verslag word steeds blatant verontagsaam en dit lyk of die prioriteit is om Zigana ten alle koste van sy grond te verjaag.”

Steyn sê pleks daarvan om hom te treiter, moet die departement die aanbevelings in die verslag in werking stel en tugstappe doen teen amptenare wat betrek is in die onvanpaste optrede in die toekenning van die Nooitgedacht-plaas.

“Zigana kan nie geviktimiseer word vir die departement se eie onbevoegdheid en versuim om by sy eie administratiewe prosesse te hou nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Kokerboom ·

Die Minister MOET net haar werk doen. Sy is duidelik NIE in beheer van haar department!!!Dis onaanvaarbaar dat amptenare met belastingbetalersgeld optree as politieke boewe!!

Aikie ·

Daar is nou ‘n sprekende beeld van wat gaan kom as die onreiening wet in werking tree. As jy my maatjie is, kom kies vir jou’ n plaas. Moenie warrie nie, eksaldit maak gebeur!

J ·

Die sekerste manier om daardie boere te beskerm is om hulle te bewapen en op te lei in self beveiliging teen die grondgrypers.

Jo-Anne ·

Grondonteiening is deel van ANC se jare lange plan om boere van hul plase af te gooi. En dit gaan gebeur. Net n kwessie van tyd. Ongelukkig kan hulle nie so ver dink aan die gevolge wat dit vir hierdie land inhou nie.

Harold ·

Het hulle die kennis om onbewerkte grond te omskep in werkende plaas,nee dit is te maklik om n plaas net vat .

JM ·

Grond kan nie geëet word nie! Besef die grondgrypers dit? Dit vereis WERK!

Persheks Adri ·

Nee hulle dínk alles groei en lewe vanself die logika verstaan hulle nie eers nie JM

Persheks Adri ·

Hulle kan nie eers hoenders aan die lewe hou nie wat nog te sê van iets plant pffft! Ons het dit mos al gesien hel hoe vlak is iemand? Gaan my gesonde verstand te bowe regtig

Dup ·

Die regerende party het net een doel voor oë….vat alle eiendom waar ookal en verdeel dit onder kaders,vriende,familie en vriende van familie.

Jaco ·

Wit, kleurling, Indiër: as jy nie swart is nie en jy huur grond by die staat, KOM DAAR WEG voordat dinge onaangenaam raak. Dis mos nou duidelik wat aan die gang is.

pompies ·

Hierdie onteiening sonder vergoeding en die vergrype aan grond ens. gaan nog tot oorlog lei in hierdie land. As dit gebeur sien ek net swaarkry vir ons almal in die land.

Stefaan ·

Heeltemal korrek Siener het die ding voorspel. Gebeur gaan dit gebeur.

MakersMark ·

Kan geen welvaart skep net opvreet en uitdeel wat ander geskep het. As dit uiteindelik vernietig is lyk dit soos Zim, Sudan of Somalië.

Realis Thailand ·

Die anc se mos hulle wil voor koloniale besetting se lewenswyse weer he
Dit is ook sover my kennis strek meesal swart boere wie afgesit word maar hulle is nie anc kaders nie en dus nie van belang nie.
Die besettings gaan net soos in Zimbabwe werk..Gaan boer maar eerder in Rusland waar jy in rus en vrede kan boer en gehelp word

Marie ·

Ons moet onsself voorberei vir die chaos wat kom. Mooipraatjies gaan nie help nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.