Dept. gekap oor R33 miljoen vir Trevor Noah-advertensie

Trevor Noah (Foto: ELSA/GETTY IMAGES NORTH AMERICA/Getty Images via AFP)

Die departement van toerisme se voorneme om R33 miljoen op te dok vir ʼn promosievideo van vyf minute waarin die komediant en aanbieder Trevor Noah verskyn, ontlok hewige kritiek.

Die parlementêre portefeuljekomitee oor toerisme het ʼn beroep gedoen op die departement om die idee te laat vaar.

Patricia de Lille, minister van toerisme, het egter die projek verdedig en aangevoer die Toerismesakeraad van Suid-Afrika sal dit finansier.

Tandi Mahambehlala, voorsitter van die komitee, het die voorstel vergelyk met die onlangse omstrede Tottenham Hotspur-bemarkingstrategie en ʼn beroep op die departement gedoen om dit te laat vaar. Sy het SA Toerisme ook gewaarsku dat die Toerismesakeraad se toerismebemarkingsheffings nie as ʼn slypfonds gebruik moet word om finansiële boosheid te pleeg nie.

Die komitee het ook verneem dat geen gesprekke met Springbok-kaptein Siya Kolisi gevoer word met die oog daarop om toerisme op internasionale platforms te bevorder nie, hoewel hy tans die handelsmerkambassadeur vir SA Toerisme is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Wondermaarnet ·

Dit is mos maklik om geld t mors as dit nie jou eie geld is nie. Die spul narre is absoluut belaglik.

Sanet ·

En dis waarheen die belasting gaan……………… Nie krag of water of sanitasie nie……………….. Nie eers gepraat van dienslewering nie………………

Kokerboom ·

Wat is fout met die kaders by toerisme? Het hul geen respek vir geld?
Het hul NIE geleer uit sokker fiasko?
Raak ontslae van hele topbestuur Minister inkluis

Yolandie ·

Kokerboom dis nie hulle geld wat hulle spandeer nie, dis ons belasting geld. Die mense het geen gewete nie en nog minder gee hulle om hoe die tiepe geld betaal vir Tevor Noad ook (hoeveel en wat kon hulle nie als met die geld gemaak het net hier in ons land nie?). En onse Trevor Noah wat nie eers sy land kan verteenwoordig en dit net verniet doen nie – NEE hy vra ‘n arm en been, geld wat gewone mense in die land nooit in ons leeftyd sal sien nie. Hy behoort hom ook te skaam.

Di ·

ALLES waaraan Patricia de Lille raak verander in ‘n totale gemors! Die vrou het absoluut GEEN IDEE hoe om haar werk te doen en waarvoor geld eintlik aangewend moet word nie. Hoeveel poste het sy al beklee waarvan sy ‘n sukses gemaak het, GEEN. So ver sy gaan veroorsaak sy probleme.

Peter ·

Dit is wat gebeur wanneer mens ‘n land en sy ekonomie in die hande van 30%ers, nee wag, eerder 10%ers, sien wegkwyn….

Wondermaarnet ·

Dis wat gebeur as jy onbevoegde mense in poste aanstel. Daardie geld kon gegee word om paaie reg te maak sodat toeriste nie sien hoe pateties die paaie lyk nie.

Wondermaarnet ·

Gaan voort met julle belaglike advertensie, maar dit is waar my bydrae tot SA toerisme stop.

Ronel ·

Ag asseblief – ek sal nie R3 op die man spandeer nie!!! Hy is so afgesaag – was nog nooit vir my snaaks nie.

SwartBees ·

Al hoe die ding famous geraak het is om gatte te maak van ons SA’ners. Hy is n idiot. Ek kry te skaam om te sê ons het na een van sy live shows toe gegaan….dis waar my oë oop gegaan het en sy ware kleure gesien is.

Republikein in die Wes Kaap ·

Hy karring op dieselfde tema. Kan niks anders doen nie.

blia ·

Jip, dieselfde regering wat kans gesien het om R22miljoen flag op te rig verlede jaar. Mos lekker om met ander mense se geld te shop.

Gert ·

Halt belasting. Nee kyk hierdie gemorsery moet nou stop. Net om n huis van R3mil rand te koop moet jy R52000.00per mnaand betaal vir 20jaar maar hier wil hul R33Miljoen rand opdok vir 5min vir n komidiant wat sy gewildheid verloor het weens sy propoganda en rasisme in Amerika.

Roek ·

Waar en wie gaan dit beeindig , dit gaan net aan en aan , dit is werklik belaglik !

Impact ·

Regtig, 33 miljoen terwyl daar duisend mense is wat hongerly, julle kan die geld baie beter spandeer……..o ja wie is Trevor Noah nou weer?

Daizee ·

As hulle bereid is om dít te betaal, verstaan ek nie die probleem om R38 mil uit te haal vir die rugby nie?!!!!
Miesies De Lille, hoe dan nou?!……as dit nie ‘n duur heining is nie is dit ‘n tydmors advertensie…
Dit help nie ons het ‘n 4 minute advertensie van ons Utophia én dit als word oordonner deur ons bloedstollende misdaad in die nuus nie!!!

hpven ·

Die mense met diepsakke en rusbank banke het het wragtig geen brieke, solank hulle regeer sal dit nooit stop nie. Weghol soustrein, totaal buite beheer!

Fran ·

Nohah het mos so swaargekry as kind! Siestog dis hoekom hulle die miljoenêr moet help. Hy en ANC is mos groot pêlle.

Oosieoos ·

Toerisme is die departement met al die mense wat nerens positief aangewend kan word nie net eenvoudig geen vermoeê nie en die wereld lag vir ons

Kosie ·

Plaas hulle liewer daai geld gebruik om die vuil land skoon te maak, dit sal meer beteken as n useless advertensie.

trotsNAMSA ·

Noah wie ? Hy is nou ‘n Amerikaner en beteken niks vir SA nie. Noah wie ? Gebruik ieder SA’ners in ons land wat hope meer talent het, gee hulle die kans. Ander oorsese lande weet nie wie Noah wie ? is nie……

Althes ·

Welvaart, ñ veilige SA sonder geweldsmisdaad en sonder loadshedding sal ñ baie beter advertensie wees vir Suid Afrika, mev. Patricia de Lille.
So werk eerder aan daardie ‘angle’

annie ·

Dieselfde tipe persoonlikheid as Zelensky. Hy skep sy eie waarhede waarvoor mense hom goed betaal.

Juanita ·

En verder lui die nasie honger. Dink net hoeveel mense en diere kan gevoed word met daardie geld.

Niklaas ·

Dit word nou alledaags . Tussengangers met breë oop regterhande ontvang fortuine , vir “dienste gelewer”. En dit sal nie stop nie.

Estelle ·

Intussen dryf Trevor Noah die spot met SA sodra hy die kans kry – hy is allesbehalwe n ambassadeur vir ons.

Gerhardus ·

Net nog ‘n manier van “money laundering”. Hulle probeer kliphard om te probeer verduidelik waar geld, wat weggeraak het, heen is. Die res sal hulle weer onder hulle self verdeel.

Hulle is tog só voorspelbaar.

Elma ·

Pleks help hulle die SAUK om die World Cup te kan wys. Prioriteite is lagwekkend.

domheks ·

Auntie Pat – toerisme sal verbeter sodra die riool/water/krag/dienslewering probleme opgeklaar word. Ou Trevor Noag/Noah sal NIKS beteken nie. Sy eie naam bollie gemaak oorsee.

Karinda ·

Waarvan iemand in die departement seker ‘n stewige kommissie kry van Noah af. Hy is in elk geval ‘n verleentheid vir Suid Afrika.

JohanR ·

10% van R33 miljoen is R3,300,000. Wonder waar Patricia de Pille gaan vankansie hou? 5 minute vie R33 miljoen. Dit is R6,600,000 per minuut!

Stephen ·

Hierdie optrede bevestig net weer die onvermoe van die ANC om te regeer.

Kobus ·

Patricia de Lille? O genade. Is die doringdraad fiasco tussen SA en Zim al opgelos? Verstaan sy ooit syfers?

JohanR ·

Soe Trevor Noah wat al klaar nie weet wat om te doen met al sy geld, kry nog R33 miljoen in die bank rekening. Gee dit liewer aan al die boere in SA wat kos op julle tafels sit! Miskien kan Noah homself die geld skenk aan liefdadigheid?

JohanR ·

Patricia de Pille……R37 miljoen en nou R33 miljoen – R70 miljoen. Geen wonder Kaapstad het van haar ontslae geraak soe gou as moontlik. Sal graag daai bladsye wou lees hoekom hulle van haar ontslae geraak het. En toe kry sy ‘n werk by die ANC – go figure!

Stofdonkie ·

En intussen het die massas nie behuising nie. Hoeveel huisies kon weer gebou word met die geld?

Alta Alleman ·

Hulle kon nie mense in die toerisme bedryf gehelp het tydens Covid nie maar het skielik so baie geld om n ryk man ryker te maak?

NuusUil ·

Eers maak hy ons land af as n grap . Dan is hy rassisties in Amerika en laat ons voel soos minderwaardige siele in Suid Afrika . Nou word hy weereens met ope arms verwelkom oor hy dit nie daar kon maak en die mense hom nie daar wil hê nie ..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.