Deurbraak in moord op Duitse toeris

(Foto: SAPD)

Die polisie in Mpumalanga het ʼn verdagte in hegtenis geneem in verband met die moord op die Duitse toeris naby die Numbi-hek na die Krugerwildtuin.

“ʼn 35-jarige verdagte is Woensdag in hegtenis geneem en het vandag (Vrydag) in die landdroshof in Kabokweni verskyn,” het brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder van Mpumalanga, gesê. Hy staan tereg op aanklagte van moord, poging tot moord en ʼn poging om te kaap.

Die verdagte, Napoleon Joseph Nyalungu (35), bly in aanhouding tot die saak weer op 19 Oktober voorkom.

Die 67-jarige Duitser, Jörg Schnarr, was Maandag, 3 Oktober, as deel van ʼn toergroep van die Drakensberge na die Mdluli Safari Lodge in die Krugerwildtuin op pad, toe gewapende aanvallers hulle in ʼn lokval voorgekeer het. Hy het die motor bestuur en is deur sy motorruit geskiet.

Die voorval het groot opslae gemaak en die hoofopskrifte in verskeie Duitse nuusblaaie gehaal. Bheki Cele, minister van polisie, het later self die gebied besoek en was ook op die toneel waar die skietery plaasgevind het.

Drie mans is aanvanklik ingeneem vir ondervraging oor die moord, maar later weer vrygelaat. Die departement van toerisme oorweeg intussen om dié hek te sluit, na aanleiding van ʼn reeks rooftogte wat sedert November hier plaasgevind het.

Die provinsiale polisiekommissaris het die inhegtenisneming verwelkom.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

domheks ·

Bheki Cele was nie in staat om die moordenaar op te spoor nie! al het hy die plek besoek. Was net daar vir die kameras.

BullsBabe ·

My hel……om die hek te sluit LOS NIE DIE PROBLEEM OP NIE……maak daai area skoon en wis die onkruid uit!

Samuel ·

Indien ons in ‘n land gewoon het waar mense lewens en wet en orde geag was, sou hierdie moord heel waarskynlik voorkom kon word. Ons polisiemag en die minister van polisie is egter onbeholpe.

Frank John ·

Hek sluit is nie die antwoord nie. Kriminele moet gevang word en toegesluit word en nie borgtog kry nie. As meer kriminele gevang en toegesluit word en hul volle straf uit dien sal ander twee keer dink voor hul krimineel optree want hul sal weet hul sal gevang word en hul sal hul volle straf uit dien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.