Die man gesoek ná aanval op student

Die polisie is op soek na dié man in hul ondersoek na die voorval.

Die polisie het ʼn foto beskikbaar gestel van ʼn man wat gesoek word in verband met die aanval op ʼn Franse student in die Bo-Kaap in Kaapstad vroeër die week.

Die vrou is Dinsdagoggend helder oordag oorval, van haar rugsak beroof en verskeie kere met ʼn mes gesteek.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê enigiemand wat dalk die verdagte herken of meer inligting oor die voorval het, word versoek om Stop Misdaad by 0860 010 111 in te lig.

“Ons speurders volg alle leidrade op en werk onverpoos om die skuldige vas te trek,” het hy gesê.

Die jong vrou is omstreeks 10:00 tussen die kleurvolle Kaaps-Maleise huise in Chiappinistraat aangeval. Dié aanval is op sekuriteitskameras vasgevang.

Die vrou studeer volgens berig word aan die Universiteit van Kaapstad.

Dave Bryant, DA-raadslid, het vroeër gesê al meer mense word in die Bo-Kaap beroof, hoewel dit die eerste keer is dat iemand ernstig seergekry het.

“Dit is ʼn skok vir ons almal. Daar is baie toeriste wat daar rondbeweeg met kameras. Ons het al voorvalle gehad waar die aanvallers van die steengroef [in die gebied] kom. Dit blyk egter dat dit nie [hierdie keer] iemand van die steengroef was nie. Daar was ʼn voertuig betrokke, nie van dié gebied nie. Dis nog steeds ʼn groot skok. Ons moet polisiëring verhoog, nie net in die Bo-Kaap nie, maar in die hele stad,” het Bryant gesê.

Brandon Golding, DA-wyksraadslid vir die woongebied wat die Bo-Kaap insluit, het gesê voorvalle van dié aard het onlangs in die gebied toegeneem. Die Stad het egter reeds ʼn bykomende 18 polisiebeamptes ontplooi om die probleem te takel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Kallimaari ·

Polisie en DA maak net geraas. Al jare lank word mense in Kaapstad op die berg aangeval, beroof, vermoor en niks kom daarvan. Selde of ooit word die aanvallers vasgetrek. Nou het dit afbeweeg na die stad, en nóu is dit hoognuus en skokkend? Om nie van die arme dame se tragedie te verminder nie, maar SAPS, Stad Kaapstad en Nasionale Regering kan regtig harder probeer. Dis gerieflik om kort voor verkiesingstyd geraas te maak, maar ons Kapenaars is al lank op hiervoor. Ek bid die bose mens word gevang en sien die binnekant van Polsmoor.

Dean ·

Julle moes lankal identikits van kriminele begin plaas het Baie dankie

humor ·

Omdat sy n toeris van die buiteland Frankryk is is die polisie erg ontsteld en dis n skok vir almal. Dit gaan maar alleen dat die buiteland nie van hierdie misdaadland kennis moet neem nie want daar moet buitelandse beleggers wees, maar as daar landsburgers is wat vermoor word wat lewenslank goed en bloed vir hierdie land opgeoffer het dan word n koue skouer gegee en word teenoor die buiteland gelieg. en is hul baie keer smerig nalatig.

Marinda ·

Hierdie gebeur orals, maak nie saak wie in beheer is nie.

Griet ·

Darem nog iemand met wyse kommentaar, Marinda…jys reg,dit gebeur oralste

Karolis ·

Kortom gestel, slegs die kriminele regstelsel kan hierdie oortredings verminder deur die strawwe reg te stel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.