Dié Pretorianers dalk nog dae sonder water

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Rand Water pomp weer soos normaalweg water maar dit kan nog dae neem voordat geraakte reservoirs volloop en alle Pretoriase inwoners weer water in hul krane het. Inwoners van hoërliggende gebiede moet hul veral staal.

Rand Water, wat drinkwater aan hoofsaaklik Gauteng verskaf, het Woensdag gesê hy pomp sedert 17:45 weer teen volle kapasiteit water nadat die Stad Ekurhuleni kragtoevoer na sy Mapleton pompstasie herstel het.

“Dit sal tyd neem vir die waterstelsel om ten volle te herstel aangesien die meeste van die reservoirs se vlakke baie laag is. Sommige inwoners in hoërliggende gebiede sal dalk nie dadelik water ontvang nie aangesien die stelsel dae kan neem om ten volle te herstel.”

ʼn Kragonderbreking by die Mapleton-pompstasie in Ekurhuleni het vroeër vandeesweek tot wateronderbrekings in onder meer Garsfontein, Moreletapark, Mooikloof, Mamelodi, Cullinan en Waterkloof gelei. Rand Water kon in daardie stadium 46% minder water as normaalweg pomp en die vloei van water in sy eie reservoirs was uiters beperk. Die watertoevoer na Tshwane se reservoirs was gevolglik ook beperk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Pieter ·

Tyd datc ons saam staan genoeg is niu genoeg die anc land val uit mekaar maar ons moet bly betaal. Hoekom moet ons betaal vir dienste wat ons nie kry nie. Sal die sleg anc kader pick pay toe gaan en betaal vir hulle kruideniers en dit dan nie kry nie.

Wakkerslaper ·

Jammer ou maat… ons moes maar in die laat 80’s saam gestaan het en gekeer het dat hierdie land ooit weggegee was aan aan terroriste deur die liberales…

Jacobus ·

Saam staan se jy? Ons sal eerder mekaar in die rug steek.

Tienie ·

O weeeeee. Al die krag word vermors in Pretoria waar straatligte brand 24/7….

Ou Randal moet maar sy personeel uitstuur sodat dit herstel word.

O weeeeeee. Maar ek weet ook dat ons dan weer vir n hele paar nagte geen straatlig gaan hê wat gaan brand nie.

Dienslewering is mos altyd van die een uiterste na die ander is ons ou Landjie.

koos ·

Daar is ander plekke wat ook geraak word deur hierdie selfgemaakte waterkrises, soos Jamesonpark, Heidelberg, ens. Is dit nie ironies nie, ons verspoel maar die guavamunt is onkapabel om drinkwater in ons krane te sit. Viva cANCer, viva BEE, AA en EE. Viva in julle M in! Gelukkig het die majority voter in hierdie areas ook nie water nie, almal moet maar in die ry by die tenkwa gaan staan.

Blomme ·

Krag onderbrekings, Water tekorte, paaie vol slaggate, Morsige strate, Gebarste rioolpype, Korrupsie, Geweld, Wetteloosheid en.. en. ń DONKER SA!!

Corne ·

Dit is nie net Pretoria nie, Heidelberg, Springs en Brakpan (waar van en weet vanaf vriende en familie) is ook sonder water vanaf Maandag oggend. Ai en al die verskonings wat genoem word is afgesaag. Almal blameer die ander en niemand maak die probleem die eerste keer ordentlik reg nie. Net so vinnige pleister om die bekke te smoor….

Louis ·

Al wat ek kan se is shame. Patetiese regering se BEEE wat so goed werk

Jacobus ·

Hierdie is sabotasie deur die ANC terroriste want hoekom is dit nou skielik in metros wat nie meer onder ANC beheer is nie. Ek bly in Kaapstad en hier word vuurwapens al jare, vandat die DA aan bewind is deur die polisie versprei aan bendes om die area onregeerbaar te maak.

Lizelle ·

Snaaks genieg is tot ons hier Heidelberg al vir 4 dae sonder water ag hierdie probleem.

Martin ·

Ek het gedog die Transvalers drink net bottel water… Nee ek grap net! Alles gaan oor korrekte bestuur en as jy ‘n klomp onbevoegde mense in beheer het sal dit so gaan…

JohanR ·

Die ANC kader wat in bevel is van die pomp weet seker nie eers hoe om die ding aan te sit nie maar hy kry R500000 ‘n jaar salaris!

Swerwer ·

Wonder maar net hoekom daar nou sulke “Waterlose” probleme orals in die land is, met die ou regering voor die reënboog nasie se tyd, het ons dit nie geken nie. Daar was vloede en baie baie reën en ook kitsvloede maar nie ‘n gesukkel sonder water nie. Ai ai

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.