Ntokozo Hadebe is Dinsdag in die Pretoriase hooggeregshof skuldig bevind aan die moord en verkragting op drie kleuters van Diepsloot, berig EWN.
Volgens Hadebe se prokureur voer sy kliënt aan dat hy mal is.
Hy het voorheen onskuldig gepleit aan die moord en verkragting op Anelisa Mkhonto (5) in September verlede jaar, en die niggies, Yonalisa (2) en Zandile Mali (3), in Oktober verlede jaar.
Hadebe het die meisies ontvoer, na sy plakkershuis in Diepsloot geneem waar hy hulle verkrag, gesodomiseer, versmoor en verwurg het. Hy het Anelisa se liggaam in ʼn vullisdrom gestort, en die lyke van die niggies in ʼn openbare toilet.
BRING TERUG DIE DOODSTRAF !!!