Dieselprys dalk selfs laer as verwag

Argieffoto

Die prys van diesel kan dalk selfs verder daal as wat vroeër die maand voorspel is. Dit lyk ook asof petrol nie met soveel sal styg soos aanvanklik verwag is nie.

Volgens die jongste dataontleding deur die Automobiel‑Assosiasie (AA) sal die prys van diesel waarskynlik volgende Woensdag met omtrent R1,55 per liter daal en paraffien sal 49c per liter goedkoper wees. Dit is welkome verligting vir dieselverbruikers nadat die prys die afgelope twee maande alleen met ongeveer R1,50 gestyg het.

Petrol, aan die ander kant, sal na verwagting met tussen 23c en 33c per liter styg. Dit is wel baie laer as die R1-styging wat aanvanklik voorspel is.

“Hoewel ʼn verandering in internasionale produkpryse op hierdie stadium ʼn negatiewe impak op die petrolprys het, verseker die sterk rand dat hierdie impak nie so erg is as wat dit kon gewees het nie,” sê die AA.

Die organisasie meen die skerp afname in dieselpryse is bemoedigend. “Diesel is ʼn groot uitgawe in baie van die ekonomiese sektore en die afname in die dieselprys is positief vir alle verbruikers. Dit gesê, verwag ons steeds dat die prys van diesel in Desember vanjaar R6,20 duurder sal wees as in Januarie. Dit beteken dat Suid-Afrikaners waarskynlik gedurende die jaar duurder vir goedere en dienste betaal het.”

Volgens die AA sal die styging in die petrolprys, hoewel klein, ook ʼn negatiewe impak op motoriste hê. Daarom sê die AA hy sal hom steeds beywer vir ʼn algehele hersiening van die samestelling van die petrolprys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Tredoux ·

Ken julle daardie winkels wat hul pryse verhoog met 200% en dan jou n klein afslaggie gee? Wel…

Nico ·

Diesel se prys gaan af maar die voedsel pryse bly net so, die vervoer koste verander nie,

Aggie ·

Ek wonder ook of daar ‘wigte en teenwigte’ is om te monitor of die verlaagde dieselprys nou die die voedselpryse ook sal verlaag agv die goedkoper vervoer?

Roek ·

Hul moet die tollgeld erens kry . al verhoog die pryse met 50% sal die mense steeds moet ry anders sit hul sonder werk , die POF wat as” sludge fund”” gebruik word moet ook aan die lewe gehou word !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.