Dieselstorting, kettingbotsing op R24

Die R24-hoofweg tussen die Edenvale weg-oprit en die Barbara weg-afrit in Edenvale is tans gesluit. (Foto: ITRAFFIC/Twitter)

Die R24-hoofweg tussen die Edenvale‑weg-oprit en die Barbara‑weg-afrit in Edenvale aan die Oos-Rand is tans vir ooswaartse verkeer gesluit ná ’n massiewe dieselstorting wat ’n kettingbotsing tot gevolg gehad het.

Vyf motors was vroeër in dié botsing op die R24 wat na die OR Tambo Internasionale Lughawe lei, betrokke. Twee pasiënte is intussen hospitaal toe geneem vir mediese behandeling.

William Ntladi, woordvoerder van die Ekurhuleni-rampbestuurdiens, sê die dieselstorting raak tans al vier bane van die snelweg en strek ongeveer 800 meter.

Ntladi sê dit is in die stadium onseker wanneer die hoofweg weer oopgestel sal word.

Motoriste word aangeraai om van alternatiewe roetes in Edenvale en Meadowdale gebruik te maak. Dit sluit in die N12 ooswaarts om by die R21 in die rigting van die lughawe aan te sluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.