Dis-Chem ‘jaag syfers’ met memorandum – kommissie

(Argieffoto: Henk Kruger/ANA)

Die kommissie vir gelyke indiensneming sê die memorandum wat die apteekgroep Dis-Chem vroeër uitgestuur het, is “nie in die regte gees gedoen nie” en was bloot bedoel om syfers na te jaag.

Die memorandum wat deur Dischem se hoof, Ivan Salzman, onderteken is en ʼn moratorium plaas op die indiensneming of bevordering van wit werkers, het ʼn groot debat ontketen.

Tabea Kabinde, kommissievoorsitter, sê hoewel Salzman voldoening betreffende demografiese verteenwoordiging gepak het en wetgewing daaroor korrek toegepas het, merk die kommissie op dat gelyke indiensneming en transformasie nie as doelwitte van die maatskappy se sakestrategie geposisioneer word nie.

“Dit kan gevolglik lyk na kwaadwillige voldoening,” sê Kabinde.

“Die memorandum hanteer gelyke indiensneming as ʼn onderwerp om syfers te jaag, pleks daarvan om die letter en die gees van die wetgewing aan te neem.”

Volgens Kabinde lyk dit wel of die Dis-Chem-raad se reaksie billike indiensneming met die waardes en etos van die organisasie laat probeer strook en die kommissie sê dít is belangrik.

“Kwaadwillige voldoening is een van die redes waarom die wysigingswetsontwerp op die Wet op Gelyke Indiensneming ter tafel gelê is,” sê Kabinde.

Dit moet nog deur pres. Cyril Ramaphosa onderteken word.

Die kommissie, wat onder die departement van arbeid val, het vantevore al die stadige pas van transformasie betreur en sê die benadering tot die gelyke indiensneming is tot dusver nie met die nodige dringendheid gedoen om die ekonomie te transformeer nie.

Kabinde sê ander uitslae kan nie verwag word as die diegene wat die besluite daaroor neem se benadering nog altyd “kwaadwillige voldoening” aan wetgewing was nie.

“Baie van die pogings is bloot gemik op die aanteken van punte om B-BBEE-sertifikate te bekom om toegang tot staatskontrakte te kry – en nie op werklike voldoening nie. Die besluite en gebruike neem nie die gees en etos van gelyke indiensneming aan nie.”

Volgens die kommissie moet gelyke indiensneming gesien word as ʼn manier om die transformasieagenda van ʼn onderneming te dryf sodat doelbewuste geleenthede geskep word vir aangewese groepe. Daar moet ook gestreef word na diversiteit, gelykheid, billikheid en inklusiwiteit binne enige werkplek.

Op top-, senior, middel en junior bestuursvlak was die bevordering van swart mense nog altyd gekenmerk deur ʼn onvoorspelbare en sporadiese vlak. Op laer vlakke (semi-geskoolde of ongeskoolde werkers) is daar ʼn duidelike hoër persentasie swart mense.

Die komitee verwys daarna as die “swart gat-sindroom” en sê dit was sedert die aanvaarding van die Wet op Gelyke Indiensneming 24 jaar gelede die patroon.

Die uitgelekte memorandum het verlede week groot woede onder die publiek veroorsaak en daar was onder meer oproepe dat Dis-Chem weens sy houding jeens wit mense geboikot moet word.

Dis-Chem het later gesê die memorandum was swak bewoord en dat dit nie die waardes van die maatskappy weerspieël nie. Die maatskappy het ook gesê hy het groot waardering vir al sy werknemers en het verskoning gevra vir die aanstoot wat die memorandum aan sommiges gegee het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

AW ·

Wanneer gaan die Blanke Besef, daar is niê Werklik “Plek” in die ANC / EFF Denke , vir Blankes niê.

En Dat daar self Blankes is , wat aktief bydrae tot die ANC / EFF Denke.

Antie Sarie ·

Wanneer gaan die blanke besef dat hul grootste vyand is ander blankes. Kyk wie het die brief uitgestuur

Republikein in die Wes Kaap ·

Is daar nog plek vir Afrikaners in die piesangrepubliek?

Tokkel ·

Dischem, kyk waar bring jou beleid jou……jou woorde in jou briefie sal jou seermaak!

Clinton ·

Het klaar my dienste na n kleiner Afrikaanse apteekgroep geneem, en hulle pryse was boonop goedkoper. Vaarwel Dis-Cem :)

Aanhouer ·

Sê asseblief vir ons wie is die Afrikaanse apteekgroep, sodat ons ook daarby kan baat?

Classic ·

Het al ons kroniese voorskrifte by Dischem gaan terugvra en na Medirite geneem. Baie gelukkig met prys en diens. Ons verloor niks want mens kan elk geval nie lojaliteitpunte op voorskrif medikasie by Dischem verdien nie.

Bart-Man ·

Skade is gedoen. Draai teen een en jy draai teen ons almal.

George ·

Blankes kan nie saam staan nie, kyk selfs net in die kommentaar dan sal jy sien.

Tjaart ·

Hierdie artikel is absolute twak. Dit is uit en uit rassediskriminasie en geen mooi praatjies sal dit enige iets anders maak nie. Dit is tyd om dit stop te sit.

Genis ·

Hulle het eindelik n dubbele terug slag, hulle erken dis net oor nommers (maak nie saak of hulle kan werk of nie) en dan is hulle teen blank… my beursie is toe, ek Spur julle….

Hennie ·

Moenie nou met stink stories kom nie Diskrim, julle het jul ware kleure gewys! Cheers…

Mariana ·

Daar sal maar altyd sulke dinge wees. Dit gaan nie meer oor meriete nie, of jy geskik is vir die werk nie. Jy mag net nie wit wees en werk nie. Die land is al so in sy maai en steeds word als afgedwing….in ons kele afgedruk. Maak nie saak hoe die bewoording van sulke geskrewe briewe of notas of wat ook is nie, daar is oorlog verklaar teenoor oor witmense en ons het nie meer plek in hierdie land nie. Kyk hoe lyk die land onder ANC beheer met hul BEE. Verrotting is oral. Daarom sê ek as jy dit kan bekostig om te emigreer vir beter toekoms, doen dit. Hier is niks meer vir ons en ons kinders nie.

pompies ·

Die wittes word nou as “sommiges” uitgemaak baie mooi om dit te hoor.

Aai ·

Nou wil julle terugkruip kom ek vra julle die vraag wys ons ‘n bietjie hoeveel takke het julle in swart areas???????Is ek reg as ek se amper niks?

Nettie ·

Die regering se blinde najaag van “transformasie” gaan hul eie ondergang meebring. En hulle gaan niemand, maar niemand, behalwe hulsef kan blameer nie. Ons het hulle gewaarsku. Dekades lank, hulle wou nie hoor nie. Nou moet hulle maar voel.

Herman L ·

Die stembus is die enigste plek waar hulle dit sal voel.

Annelie ·

Alles n gejaag na geld. Wat het dit hul in die sak gebring.

nikkel ·

Hoe lank gaan dit die ANC vat om te verstaan dat as hulle beleide die ekonomie aanwakker sal die demografie in indiensneming weerspieël word.
Jammer Dischem, ek boikot julle nie, ek neem bloot net my besigheid na my eie mense.
Al moet daar ‘n klein premie wees daarvoor.

Laastens, Saltzman, jou kommunikasie vaardighede is maar swak en laat veel te wense.

Dankie
Oud-kliënt

Vonny ·

Ek stem 101% saam met jou..!
Kom ons ondersteun die 1x man sake aptekers.

Rocco ·

Saltzman se kommunikasie vaardighede is nie swak nie – hy het bedoel wat hy gesê het. Dit gaan hom duur te staan kom.

Frank John ·

Dischem is die rassiste. En die huidige en meeste van die huidige partye en hul volgelinge is ook die grootse rasiste in dié land

Aanhouer ·

Dischem het ook sommer nou al my opgehoopte krediet laat verdwyn. Net R10.00 op die rekening.
Dis nou stank vir dank.

Jaco ·

Daars so baie regstellende aksie en so baie BEE, dat die argument van “wit mense se belastinggeld word nog benodig”, nie meer stand hou nie. Waarom kan ons dan nie net gedeporteer word nie? Dit kan nie so duur en onmoontlik wees nie. Stuur ons op enkelrigting vliegkaartjies na Europa, Amerika, Kanada en Australië. Stempel in elke paspoort “the holder of this passport is forbidden to return to South Africa”. Dan daardie lande verplig om ons in te neem. Eks 55 jaar oud, maar ek is regtig 100% bereid om van onder af in ‘n land te begin SONDER:
-alewige beheptheid met ras
-beurtkrag
-swak of geen munisipale dienslewering
-swak vuil staatshospitale (waar wit mense ook maar heel aan die onderkant is)
En en en

Wendy ·

Wys my asb waar het BBBEE nou al in die afgelope 28jr gewrk, hul kry in elk gval die poste of hulle nou geskik is al dan nie, dis geen gelyke indiensneming nie, jinne word tog n slag wakker SA en hou op om mainstream te wees, ek wil al my hare uit my kop uittrek v frustrasie om saam met staatsdienste te werk wat net eenvoudig nie verstaan wanneer navrae opduik of ontstaan nie

whatever ·

Vir my is dit ‘n beginselsaak. Al is ek al 1 wat Dischem nie meer ondersteun nie, maar plekke en mense wat so openlik en arrogant teen blanke mense is verdien nie my hardverdiende geld nie.
Woolworths, Spur, Dischem, … Ek ondersteun eerder kleiner plekke en gaan na markte vir groente en vrugte.

Aggie ·

Die berig lees “Dit(die wetgewing) moet nog deur pres. Cyril Ramaphosa onderteken word.) Ek het nuus vir julle, julle gaan laaaank wag !

Francois ·

Ek wonder wie presies was verantwoordelik vir die “swak bewoorde” kommunikasie?

Swak bewoord of nie, dit was die onverdraaide waarheid, en Dischem sal maar moet maai wat hy saai… Ek hoop genoeg só dat die gevolge luid en duidelik weerklank sal vind!

Eendrag maak mag!

Boksombende ·

Is daar ooit ‘n “regte gees” vir rassistiese beleide?

PieterJ ·

Dischem, ontmoet asb vir Spur.
Spur, ontmoet jou nuwe maatjie.

SjN ·

Dischem, read my lips, gaan weg, gaan ver weg………………….cheers, sal my nie weer sien.

Nico ·

Die ideologie van “rassisme” is bedink as ‘n teenvoeter vir nasionalisme en rasse trots. Nasionalisme enrasse trots is die groot teenvoeters en teenstanders van die Kommunisme en hulle liberalistiese meelopers. Die ideologie van “rassisme” rus op haat vir Wit manskap, soos die Kommunis dit verklaar het. Dit verklaar waarom daar klaarblyklik net Blanke “rassiste”kan wees, maar ook nie Swart “rassiste” nie.

Surfer ·

Hulle gaan miljoene ondersteuners verloor, dis reg. 90% customers is “ons”. 99% onvriendelike werkers is nie “ons” nie. Liegbekke, boikot hulle, maak hulle bankrot!!. Net jammer dat party francise eienaars van ons eie mense is, maar hul kan weer hul privaat apteke oopmaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.