Dís hoeveel petrol duurder word

(Grafika: pixabay)

Die styging in die prys van petrol, tesame met ʼn styging in rentekoerse en ʼn tariefverhoging vir krag wat binnekort in werking tree, sal beteken baie Suid-Afrikaners gaan hul rieme al hoe dunner moet sny.

Die styging in die petrolprys beloop 28c/liter, terwyl die prys van diesel wissel tussen ʼn effense styging vir diesel met ʼn hoër swaelinhoud en ʼn daling in die prys van diesel met ʼn laer swaelinhoud.

Die hernieude styging kom nadat die prys van brandstof in Januarie met meer as R2 per liter gedaal het.

Die departement van minerale hulpbronne en energie sê die gemiddelde internasionale produkprys van petrol, diesel en paraffien is hoër vir die betrokke tydperk, terwyl die rand in dié tyd effens teen die Amerikaanse dollar verstewig het. Dit het gelei tot ʼn kleiner bydrae tot die basiese brandstofprys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Groen Ghoen ·

Liewe aarde. Sonder om die tydwaarde van geld en inflasie in die prentjie te bring, was brandstofpryse in Januarie 2010 (Petrol minder as R8,00/l en diesel minder as R7,00/l). Hoe lekker sou ons darem nie nou gery het nie.

Sarel ·

Die belofte van Goedkoper Brandstof is net so leeg sois Eskom se & Beurtkrag

Ian ·

Gas en parrafien is die probleem. Dit bly gaan net met rande op gas raak nooit goedkoper nie. Dit ruk nou handuit. Al die brandstowwe om kos mee te maak is hemels duur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.