Dis wanneer gr. 1’s en gr. 2’s mag terugkeer skool toe

Twee leerders demonstreer sosiale afstand by Laerskool Tygerpoort (Foto: Verskaf)

Gr. 1- en gr. 2-leerders kan op 6 Julie terugkeer skool toe.  Dit volgens gewysigde regulasies wat op 1 Junie in die Staatskoerant gepubliseer is.  Die aanvanklike regulasies het nie melding gemaak van wanneer dié leerders mag terugkeer skool toe nie, maar het wel die datums vir ander grade uiteengesit.

Skole sou aanvanklik op 1 Junie vir gr. 7- en gr. 12-leerders heropen, maar die onderwysdepartement het dié datum op die laaste nippertjie ʼn week later geskuif.  Die gewysigde regulasies dui egter steeds aan dat dié leerders op 1 Junie mag terugkeer skool toe.  Daarom, sê regskenners, staan dit skole vry om wel te heropen indien hulle aan al die nodige gesondheid- en veiligheidsmaatreëls voldoen.

Die jongste weergawe van die regulasies bepaal ook dat ander grade vroeër mag begin skoolgaan by ʼn bepaalde skool, mits die skool aan al die gesondheid- en veiligheidsmaatreëls voldoen, soos uiteengesit in die regulasies.  Só ʼn skool moet ʼn aansoekvorm aan die hoof van die betrokke provinsiale onderwysdepartement stuur, wat die besluit moet goedkeur.

Van die Gautengse skole het Maandag reeds begin om onderwysers op te lei. (Foto: Verskaf)

Die regulasies bepaal verder dat nasorgsentrums verbonde aan skole ook kan oopmaak, mits hulle aan bogenoemde maatreëls voldoen.

Solidariteit en die Skoleondersteuningsentrum (SOS) het dié wysigings verwelkom.

“Skole wat gereed is om oop te maak – kan nou oopmaak. Ongelukkig skep minister Angie Motshekga onsekerheid deur laaste minuut media uitsprake wat strydig is met amptelike direktiewe,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê.

Leerders moet in ʼn gesonde omgewing kan leer, en onderwysers in ʼn gesonde omgewing werk.  Skole wat al die nodige maatreëls ingestel het, moet juis aangemoedig word om oop te maak.”

Hy sê dit kom voor dat die onsekerheid oor skole neerkom op ʼn politieke toutrekkery tussen vakbonde en organisasies betrokke by die gesprekke met die minister.  “Uiteindelik ly ons kinders daaronder.  Hulle het ʼn grondwetlike reg om by die skool te wees,” het Hermann bygevoeg.

“Indien daar verdere pogings is om die onmiddellike hervatting van onderrig by skole wat kan oopmaak te stuit, sal ʼn hofaansoek geloods word om te verseker dat leerders se reg tot onderrig beskerm word,” sê Melanie Buys, hoof van ontwikkeling by die SOS.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Willem ·

Baie bly dus kan hulle niks aan die Wes Kaap doen nie. (Mrk)

Adele ·

Ja, soveel politiek in ñ enkele situasie het ek lanklaas gesien. Die Wes-Kaap weet wat hulle doen.

Adele ·

Uiteindelik! Gee mens tyd om te beplan. Kom ons hoop die Departement eerbiedig dit.

koos10 ·

(Soos verduidelik deur die Dept. van Basiese Onderwys – TONG IN DIE KIES )

Kom ek probeer die hele gemors duidelik maak:

Skole is toe maar maak oop sodra hulle nie meer toe is nie, terwyl hulle nie oop maak terwyl hulle nog toe is nie, maar hulle maak oop so gou as hulle nie meer toe is nie, behalwe in die tye wat hulle toe is. Dan mag hulle oopmaak behalwe as hulle toe is. Tans is hulle oop en toe en mag oop maak, tensy hulle nog toe is.

Ek hoop dit help?

Vrystaat2109 ·

Gee asb vir ons die getal kinders/jongmense wat infekteer is,bv ouderdom 0-9 en 10 -20

Tong in die kies ·

Die hele afsondering is belaglik. As almal die nodige maskemrs en sanitasie gebruik en afstand hou kan ek nie sien hoekom die daaglike aktiwiteite en werke , skole en ander instansies ens oopmaak en aangaan nie.
Hulle benader nou die hele ding soos in die begin van Hiv toe almal nog ingingelig was.
Die sogenaamde virus versprei mos net deur droplits of steek daar meer agter die hele besigheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.