Diversiteitsopleiding in skole ‘ideologiese indoktrinasie’

(Argieffoto/Unsplash)

AfriForum Jeug is van voorneme om die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) se voorgenome “diversiteitsopleiding” in skole teen te staan.

Dié teenstand is nie bloot weens die feit dat personeel en tyd in die roosters ontbreek nie, maar ook dat hierdie “opleiding” niks anders as ideologiese indoktrinasie van kinders is nie, sê René van der Vyver, woordvoerder vir AfriForum Jeug.

Die MRK beweer dat hierdie “opleiding” nodig is om rassisme te beveg. “Tog het dieselfde MRK vroeër in ’n uitspraak bevind dat dit nie haatspraak is as Julius Malema geweld teen minderhede romantiseer nie, aangesien hy swart is en swart mense (in die MRK se ontleding) nie aan dieselfde standaarde as wit mense gemeet kan word nie.

“Wanneer dit by rassisme kom, is die Menseregtekommissie deel van die probleem, nie die oplossing nie. Ons kan nie toelaat dat kinders met hierdie soort ideologiese aktivisme geïndoktrineer word nie.”

Fatima Chohan, adjunkvoorsitter van die MRK, het vroeër by ’n mediakonferensie gesê “’n mens moet onthou diskriminerende beleid is honderde jare toegepas tot op die punt dat dit kultureel vasgegiet is”. Volgens Van der Vyver is dit maar een van die tekens wat vir AfriForum Jeug aandui dat daar ’n spesifieke ideologiese ondertoon by hierdie skoolvak sal bestaan.

“Chohan se opmerking wys dat hierdie skoolvak gebou sal word op dubbele standaarde, soos dat rassisme ‘kultureel vasgegiet’ is. Die vooruitsig dat die skoolvak waardering sal ontwikkel vir ander se kulture en tradisies klink rooskleurig, maar ongelukkig het ons oor die afgelope drie dekades geleer dat die regering net een sogenaamde ‘ANC-kultuur’ waardeer.” Volgens die jeugorganisasie is skole en ideologiese opleiding nie ’n plek waar die staat moet inmeng nie.

Suid-Afrikaanse leerders sal nie diversiteitsopleiding nodig hê as die staat ’n kultuur skep waarin daar erkenning en respek vir mekaar se verskillende gemeenskappe is nie, het Alana Bailey, hoof van kultuursake by AfriForum, bygevoeg.

“Om daarin te slaag moet die staat toelaat dat leerders onder meer toegang tot moedertaalonderrig mag hê en moet dit nie ’n reg wees waarvoor mense heeltyd moet veg, soos wat die Afrikaanse gemeenskap al vir jare ondervind nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Jr ·

Man dis simpel, gee al ons kinders onder leiding van ouers saam met hulle om net daai kommunis klas te boycott. Sit op die rugby veld vir daai periode. KLAAR OOR EN UIT. Soladariteit bou vir ons nog skole. Gemeenskappe het in elke dorp kerke gebou met koeksisters en jaffels. KOM ONS DOEN DIT WEER. Die MRK is net nog ‘n kommunistiese organisasie met mense wat nie ordentlike werk kan kry nie. Gaum hoe minder oor daai te sê hoe beter.

Republikein in die Wes Kaap ·

Met tegnologie is selfs skoolgeboue onnodig.

KatjieDeKat ·

Hierdie beleid van diversiteitsopleiding sal net ingestel word om doodseker te maak dat swartmense altyd vir witmense sal kwalik neem oor die VERLEDE. Dat daar altyd die ewige ou Apartheid verskoning sal wees vir enige sukkel of swaarkry in hulle lewens. Want liewe ouers, ons kan tog nie dat die kinders die eksotiese konsep van n HEDE en TOEKOMS met wedersydse respek en vriendskap aanleer nie! Ons kan tog nie dat die kinders leer om aan te beweeg en persoonlike aanspreeklikheid te aanvaar vir hulle eie HEDE en TOEKOMS nie! Ons kan tog nie dat die kinders dalk, net Dalk, begin insien dat die Regering van die HEDE en afgelope 30 jaar, hulle skaamteloos faal nie! You have to ask yourself, why would a government be so insistent on keeping the majority of its citizens feeling like perpetual victims , ad infinitum? Why would a government always be pointing a finger into the distant PAST, instead of focusing on the truths and realities of the PRESENT??

Andrew ·

Yip. Dit is presies wat dit is. Maar is daar nie reeds n groot wit haat in SA nie. Iemand volg nou weer die amerikaner se CRT nonsense na en niks goed sal vat dit kom nie. Om in n land waar daar emotionele mense is wat swaarkry gaan jy moeilikheid optel. Dit is nie amerika of europa nie

Andre ·

Leer maar net jou kinders om trots te wees op hul ras, en nie heeldag te askuus en jammer nie.

LANA is ELANè ·

Dankie, maar nee dankie. Die oomblik wat menseregte ingestel was, is wet en orde van die tafel gevee.
Dit is nou jou mensereg om in ñ ander mens se huis te stap, beslag op dit waarvoor hy gewerk het te neem, en dan mag daai persoon niks doen om dit te voorkom nie want dit is agv ñ sg stelsel in die verlede, wat maak dat jy nou geregtig is op allehande gunste en gawes vanaf die werksplek tot in ñ ander persoon se huis of sy lewe en enige van sy of haar eiendom. Klug-vak, en as ek nog kinders op skool gehad het sou ek alle weerstand daarteen benut het om.dit te verhoed!

Henri ·

Menseregte gaan nog die einde van die mensdom wees. Leer eers menslike verantwoordelikhede voor daar op regte gekonsentreer word.

Jr ·

Fatima Chohan ex deputy minister of home affairs, worst performing dept in the govt. Was a failure and now works??? for MRK because she can’t hold or perform a decent honest job and nobody else wants her

PieterJ ·

Dis OK, propageer soos julle wil, ek vertel my kinders die waarheid tuis.

Jywilwat ·

Die tyd kan nie vinnig genoeg kom om hierdie belaglike regering uit te stem en ontslae te raak van al hierdie belaglike idees nie. Nuwe reëls in skole, pleknaam veranderings, ens. ens.

Staal ·

Die MRK het lankal sy geloofwaardigheid verloor met sy hand-om-die-blaas verhouding met die ANC

wildtuin ·

Die verset wel in my op.! Die MRK is n spul tweegesigte. As n wit ou iets gedoen het sak hulle teen n spoed soos aasvoels op iemand toe, maar waar n wit ou iets oorkom of waar dit swart op swart is, skeel dit hulle min. Ek het hulle nog nie hoor aangaan oor al die taverne skieterye nie.

christo ·

Ideologiese indoktrinasie. Die ANC is so in die knyp as gevolg van hulle binnegevegte, dat hulle enigiets sal doen om aan hulle mag te klou. Wat is volgende? ‘n Een party staat?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.